Vier sterf op Piet Retief-pad

(Argieffoto: @WCHEMS/Twitter)

Vier persone is Saterdag in ʼn motorongeluk dood op die R543-pad naby Piet Retief in Mpumalanga, tussen Mkhondo en Mahamba.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê ʼn ligte afleweringsvoertuig het omstreeks 18:00 omgeslaan. “Die slagoffers was almal passasiers. Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Agt persone, insluitend die bestuurder, het ernstige beserings opgedoen en twee persone het geringe beserings opgedoen. “Diegene wat beserings opgedoen het, is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.”

Die ondersoek duur voort na die oorsaak van die ongeluk, maar volgens die voorlopige ondersoek het die bestuurder beheer verloor oor die voertuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.