Vier sterf toe bakkie en trok bots

Die vragmotor wat in die ongeluk betrokke was. Foto: ER24

Die vragmotor wat in die ongeluk betrokke was. Foto: ER24

Vier mans is dood en vier beseer toe ʼn bakkie en ʼn swaarvoertuig Dinsdagaand laat naby Bothaville in die Vrystaat gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het op die R30 plaasgevind.

“Die wrakke van die bakkie en vragmotor het in die veld langs die pad tot stilstand gekom. Die vier mans se liggame is etlike meter ver van die bakkie se wrak aangetref. Hulle is uit die voertuig geslinger terwyl dit gerol het,” het Meiring gesê.

Die ander vier het beserings opgedoen wat strek van ernstig tot matig. Een persoon wat in ’n kritieke toestand is, was onder die bakkie se wrak vasgepen en moes deur die brandweer losgesny word.

Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na die Bothaville-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Martie ·

Word dit nie tyd dat die Minister van vervoer spesifikasies instel dat alle groot trokke langs die kante met gevaarstrepe en groter agter en flikker ligte moet he nie.Ook dat hulle net tot n sekere tyd in die aand op die pad mag wees nie.Die trokke se flikker en agter liggies is so klein en partykeer sien jy dit nie eers tot jy amper op die trok is nie hulle vervoer kole wat stof het en oor die ligte val.Op n gewone klein sleepwaentjie moet sulke strepe wees laat my nogal wonder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.