Vier sterf toe bus en bakkie op N4 bots

Die ongelukstoneel. (Foto: Verskaf)

Die polisie in Mpumalanga ondersoek vier aanklagte van strafbare manslag nadat nóg vier mense Sondag in ʼn motorongeluk gesterf het.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê ʼn bakkie en ʼn bus het omstreeks 12:00 op die N4 tussen Malelane en Hectorspruit gebots.

Vier insittendes van die bakkie het in die botsing omgekom.

Volgens Mmusi het paramedici drie mans en ʼn vrou op die toneel dood verklaar. Vier insittendes van die bus het geringe beserings opgedoen en is op die toneel behandel.

Die bus was na bewering met oor die 70 passasiers onderweg na KwaZulu-Natal ten tyde van die botsing. Die bakkie was op pad Gauteng toe.

Gabisile Shabalala, LUR van gemeenskapsveiligheid, het haar skok oor die voorval uitgespreek en haar meegevoel met die oorledenes se naasbestaandes betuig.

“Ons moet dringend die slagting op ons paaie beëindig en ons kan  dit slegs doen as ons die padreëls respekteer,” het die LUR gesê.

Die botsing is een van verskeie motorongelukke die naweek op Suid-Afrikaanse paaie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Piet ·

bestuurders van vandag se samelewing het nie respek vir niemand nie. almal is skuldig aan spoed, selfoon gebruik drink, eet ens. Niemand kan skuld wys nie want almal het hulle voete en sal dit nie raak sien nie. sosiale media is n groot risiko op die pad want mense is te ongeduldig om te wag om op hulle foone te gesels. jy sien nie n motorfiets ryer op sy foon nie?. buste en taxi’s en karre is almal roekeloos.

madels ·

Ek en my man het n ruk terug Hoedspruit toe gery, ek kon nie GLO hoeveel voertuie het ander voertuie verbygesteek waar daar n soliede streep, draaie ens was nie. Een bestuurder moes noodgedwonge van die pad af ry om n kop an kop botsing te vermy. Dit lyk my die bestuurders in Mpumalanga het besluit hulle is nou almal Kamakazi bestuurders.

Hilda ·

Dan het jy beslis agtergekom hoe die paai afdeling verf hemohey Madels. Erateepe wat aanhou op plekke waar jy tot in die middel van volgende week kan sien. Veral op die N4 en die Schoemanskloof waar die …. Spoedgrens net 100 kph is.

Charl ·

Omdat meeste van hulle hulle lisensies koop, het geen benul van bestuur nie, kan glad nie afstande skat nie en ja het geen respek of gevoel teenoor ander nie, 90% van die ongelukke word veroorsaak deur hulle

Santie ·

Los die mense wat rook uit. Die regering moet hom toespits op spoed en dronkbestuur. Kyk net hoeveel mens het hulle lewe verloor die naweek aan ongeluke miskien weens spoed, dronk bestuur, oorlaaide busse en taxi onpadvaardige voertuie.of dalk n oordeelsfout. Maar hoeveel mense het hulle lewe verloor weens ROOK die naweek. Heel moontlik niemand nie. Ek se maar net.

Cherokee ·

Santie, los die twak! Dit is makliker as wat jy sou besef!~ Lossit!

CHAPPIES ·

Nee,wat…niks met busse,taxi’s,spoed, vragmotors,volgafstand of selfone te doene nie…
Dis SELFSUGTIGE,ongeduldige en onbeskofte MOTORISTE wat geen respek vir n medemens,se lewe,op die paaie het en nié die padreëls ken of gehoorsaam nie!!!!

Bernard Hellberg ·

Gelukkig sal die nuwe, verbeterde eNatis-stelsel ons voortaan beskerm!

Ziegfried ·

eNatis gaan net soos e-tol wees, my eiertjie. Utterly useless.

marous ·

E Natis staan nie op die pad en sluit gewetenlose potensiele moordenaars toe nie . Daar sal geen efek wees nie .

Pensioenaris ·

Ons was vanoggend ook op daardie pad. Die padreëls is skrikwekkend geignoreer om nie van kansvatters te praat nie. Verkeersmense en ook polisie was nie daar nie en die hele pad tot in Pretoria kan ek op een hand tel hoeveel daar was.

Vya ·

Het jy mooi gekyk? Elke keer as ek daar ry is die kakies elke 20km uitgekamp. Daar waar hulle nie is nie, is die een oog spioene om hulle werk te doen.

Ig ·

Ek gaan more begin rook. Mense moor en skei ook nie a.g.v. rook nie, maar drank en al daai ander lelike goed, ja

Gawie ·

Ek het vandag weer met die N1 van Musina na Pretoria verskeie kere gesien hoe mense eenvoudig ander karre in die noodbaan aan die linkerkant verbysteek, nogal op hoë spoed ook! Een van die insidente het voor ons oë tot ‘n ongeluk gelei net voor Kranskop. Ander voertuie steek op sperstrepe verby teen hoë spoed terwyl verkeer stilstaan, net om voor te probeer indruk. Een van die insidente het ook tot ‘n ongeluk gelei. Dan word daar sommer lekker op die pad en langs die pad alkohol gedrink op ‘n Sondag asof daar niks mee verkeerd is nie. Die LUR moet verstaan hy en sy troepe het geen beheer oor padgebruikers nie, die manne maak net wat hulle wil en daar word nie teen hulle opgetree nie.

jennefer ·

Waarheid, en lyk my hier in Limpopo is die wangedrag die ergste. Ek staan verstom as die mense petrol ingooi en met oop bottels bier op hul skote sit. Hier lê honderde drankbottels op die padskouer, suip en gooi dan die bottels en blikke uit.

Gemaskerde Sopbeen ·

LUR Shabalala, voor mense die padreëls kan “respekteer” moet hulle dit eers KEN!!!

Albert ·

Die wat dink dat die punte stelsel gaan hulle hok slaan moet vergeet van dit want die meeste taxi,s se eienaars sit in die parlement en die polisie en verkeers mense. Al wat die punte gaan tref is n eerlike bestuurder wat n oordeelsfout gaan maak die res gaan net meer omkoop geld betaal. Spoed is nie altyd die vinnige ryer wat ongelukke veroorsaak nie maar wel die wat 60 tot 80 in n 120 sone ry

chrisjan ·

Albert die man wat stadiger as die MAKSIMUM – let wel – toegelate spoed op ‘n spesifieke pad ry is NIE die skuldige indien daar ‘n ongeluk sou plaasvind deurdat ‘n ongeduldige motoris ‘n kans gevat het om hom verby te steek waar hy nie moet of mag nie.Die wet is baie spesifiek – slegs die maksimum spoed word aangedui deur spoed borde.NERENS is daar ‘n wet wat se jy MOET teen daai spoed ry nie.Jy kan ry so stadig as jy wil.Dis NET die MAKSIMUM spoed vir daai pad wat aangedui word.As iemand nie die maksimum spoed wil ry nie is dit sy volste reg om so stadig te ry as hy wil want hy is binne die wet.mense is geneig om te dink as ‘n spoed bord se 100 km/h MOET almal 100km/h ry.Twak!Mense wil vinnig die skuld op ander pak vir HUL foute.

Hannah ·

Albert ek stem 100% met jou saam. Chrisjan, jy is deel van die probleem. Die maximum spoed word juis bepaal om verkeersvloei te verseke.

chrisjan ·

Hanna dis waar jy ‘n groot fout maak. ‘n Maksimum spoed perk word neergele juis vir veiligheids redes.Hoekom is daar dan 60,80 ,100 en 120km/h spoedperke op paaie?Hulle kon mos almal 120 gemaak het en klaar.verkeersvloei het niks met die saak te make nie.Doen gerus navraag by enige verkeers owerheid.Dit gaan oor VEILIGHEID.

Nettie ·

@Albert, ek stem saam met jou oor daai slakkepas-bestuurders wat hier teen 60 km/uur in die regterkantste baan op die snelweg sit en aankruie. WANT: SO ‘N PERSOON MAAK DAT ANDER MENSE ONGEDULDIG RAAK, synde hulle eintlik êrens HET om heen te gaan (en nie HEELDAG op die pad wil sit en aankruie NIE) en dan word daar gevaarlike kanse geneem. SO: AS JY TEEN 60 KM/UUR WIL SIT EN KARRING WAAR DIE MINIMUM SPOED 120KM/UUR IS, GAAN DOEN DIT DAN IN DIE LINKERKANTSE BAAN!!! Jy is net so ‘n groot risiko soos daai ou wat 160km/uur voortsnel.

Koos de Meyer. ·

Hierdie sogenaamde punte stelsel gaan net meer bedrog en korrupsie meebring..Die probleem lê by die bestuurders. Lisensies word gekoop en gepaard daarmee is daar kansvatters. Hierdie mense het geen respek vir die wet nie.

Skroef ·

Die puntestelsel is net daar om (wit) mense te benadeel en van hulle rybewyse te verbreed! Glo my die meerderheidsgroep sal bitter selde deur eNatis geraak word

Kolskoot ·

Dis nou n nuwe een ROOK !!!
niemand wat hier kommenaar lewer was op die ongeluks toneel nie en is ok nie n kenner om ongeluks tonele te ontleet nie so Santie om sommer so uit die vuis uit te praat is onvanpas ongelukke het baie oorsake om 4 mense voor in n bakkie te sit perk die bestuurder se beweegruimte padgedrag en die nodige bestuurs ondervinding en ervaring ROOK drank spoed speel maar almal n rol n kombenasie as jy gesuip op die pad gaan is jy n potensiele moordenaar want dit beinvloed al jou sintuie

Robert Naude ·

Kolskoot,
Ek dink hulle rook al dagga, gaan verseker ń invloed hê……

Nettie ·

@Kolskoot, ek kan jou waarborg dat ten minste 2 van daai 4 bakkie-passasiers NIE voor in die kajuit was nie, maar agterop die bakkie. Want: ‘n sekere deel van ons gemeenskap(pe) het nog NIE GELEER dat ‘n bakkie nie ‘n têksie of bus is nie; hulle klim in troppe agterop enige bakkie wat kom of gaan en as daar dan ‘n ongeluk is, raai wie kom die slegste daarvan af?

Magda ·

Begin BO – julle kan nie verwag die publiek moet reels gehoorsaam as die mense wat die reels neerle – dit nie nakom nie – SO BEGIN BO -Begin om korrupte amptenare te verwyder, kla Party Leiers aan vir korrupsie / haatspraak. Dit si julle skuld met dit wat nou in SA gebeur. JULLE IS TE BLAME!!!!!

Interresant ·

Dis nogal snaaks dat julle nie verslag lewer oor die ongeluk wat gister op die N12 in Mpumalanga 2 mense se lewens geeis het, en amper my ouers en kind s’n nie… en dit as gevolg van ‘n veldbrand wat buite beheer geraak het

Nettie ·

Genade, @Interessant, Maroela Media kan sowaar nie ook ieder en elke liewe ongeluk waarin daar iemand oorlede is, berig lewer nie. Die forum moet darem ander nuus OOK dek – as hulle oor elke fatale ongeluk in die land moet berig, sal ons oor niks anders as net padsterftes lees nie. Daar is darem iets soos goed wat van “nasionale belang” is.

Boervrou ·

Van my familie bly in Hectorspruit…daai paaie is altyd nag tussen Nelspruit en die grens.Ek ry eerder 20 keer ons pad van die plaas af dorp toe,as om die pad tussen Nelspruit en Komatipoort te ry.

Marita Van Zyl Burger ·

Vier volwassenes in ‘n enkel-kajuit bakkie?
Die ernstige ongelukke op ons paaie is werklik skokkend en te veel mense sterf tragies.

lon ·

ons bly op Hectorspruit, julle sal nie glo hoeveel noodlottige ongelukke al hier by ons was nie.

ONS DOEN ‘N BEROEP OP NKOMAZI EN DIE REGERING OM ‘N ROBOT HIER BY HECTORSPRUIT SE INGANG OP TE SIT, STOP STRAAT BETEKEN NIKS ONS VERSOEK DRINGENDE AANDAG OP DIE REGERING OM VIR HECTORSPRUIT ‘N ROBOT TE KOM OPSIT. DIE MENSE RY ASOF DIT KAYALAMI IS.

Buks ·

Ek stem saam met chrisjan. Ons werk in Centurion, maar bly in Pretoria en ry die N1 huis toe relatief laat omdat ons baie lang ure werk.
Daar was een Vrydagaand 4 ongelukke – 2km uitmekaar, en jy kon duidelik sien wat die oorsaak was. Voertuie wat onpadvaardig is, oorlaaide bakkies, voertuie sonder agterligte wat teen slakkepas op die hoofweg gery het in die snelbane. Daar is 4 beskikbare bane, maar sal aspris teen 80km (of minder) aankruie.

Dit is skrikwekkend hoeveel mense ry SONDER om hul ligte enigsins aan te skakel! Jy sien hulle nie aankom totdat hulle by jou verby is nie. Seker maar die “jy moet petrol spaar en jou ligte afskakel” speech ter harte geneem…

wonder maar net ·

4 Insittendes in ‘n enkel kajuit bakkie? Die bestuurder kon dalk nog uitswaai maar met ander se bene tussen die ratte en voete by die brieke … onmoontlik!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.