Vier sterf toe hulle polisie probeer ontduik

Foto: ANA

Foto: ANA

Vier vermeende inbrekers het Vrydagaand in ʼn gru-ongeluk gesterf toe hulle probeer het om vir die polisie weg te jaag.

Maroela Media het vroeër berig drie mense is dood toe hulle motor teen ʼn boom gebots het in Tongaat in KwaZulu-Natal. Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het Saterdag bewerings bevestig dat die vier probeer het om van die polisie te vlug.

“Die verdagtes het glo by ʼn huis in Arbeeweg ingebreek en met huishoudelike items in ʼn Toyota Verso sonder nommerplate gevlug. Die polisie het die voertuig met vier insittendes gesien en vir die bestuurder aangedui om af te trek,” het Naicker gesê.

“Die verdagtes het weggejaag en ʼn polisievoertuig het hulle agternagesit. Die bestuurder [van die Toyota Verso] het op die Watson-hoofweg beheer oor die voertuig verloor en die motor het omgeslaan.” Drie verdagtes is op die toneel dood en die bestuurder is met ernstige beserings na die hospitaal gehaas. Hy is ook later in die hospitaal dood.

“’n Saak van huisbraak en diefstal wat by die Tongaat-polisiestasie geopen is, is weer gesluit aangesien al die verdagtes dood is,” het Naicker gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Chivago ·

Ja, sal maar nie sê hoe ek hieroor voel nie want dan sal my kommentaar tog net verwyder word. Sal maar volstaan met “live by the sword, die by the sword”

humor ·

Geen hartseer. Ons kan goed sonder hul klaarkom. Groot wins vir die belastingbetaler.

V ·

Goedso!!Wens hierdie karma wil so vinnig werk met plaasmoordenaars,moordenaars,verkragters,rooftogte en molesteerders.Hoe vinniger hoe beter,jul skuim van die aarde!

Winston ·

Goeie nuus dankie. Jammer van die Toyota wat tot niet is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.