Vier sterf toe motor teen boom bots

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Vier mense is dood en twee beseer ná ʼn gru-ongeluk Sondag in die vroeë oggendure op Lynnwoodweg in Pretoria.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 04:30 gebeur toe ʼn motor van die pad af gery en teen ʼn boom gebots het. “Met paramedici se aankoms op die toneel was wrakstukke oor ʼn groot gebied rondom die motor versprei,” het Botha gesê.

“Ses mans wat in die voertuig was, is gevind waar hulle ʼn ent weg van die wrak af gelê het. Vier van die mans is op slag dood, terwyl een ernstig beseer is. Een van die mans het wonderbaarlik net ligte beserings opgedoen.”

Volgens Botha is die kritiek beseerde man op die toneel gestabiliseer voordat hy en die ander beseerde na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Hasie ·

Maar hoekom ry hulle in boom vas? Was die motor dalk te swaar gelaai met 6 mense in? Jy bestuur ook meer versigtig met so baie mense in ‘n sedan motor. Ek verstaan die omstandighede, maar nogtans.

Cherokee ·

Jy ‘verstaan die omstandighede’ Hasie, Wat weet jy daarvan? Vertel meer.

Ansie ·

Hasie ongelukkig leef ons in baie moeilikke tye en nie almal het vervoer nie. Ons ken nie die omstandighede nie. En soos dit klink het hulle van die werk afgekom. (Wat ook nie feite is nie). Maar hulle het dalk ‘n saamry ooreenkoms ons sal nie weet voor feite op die tafel gele is nie. Al wat ons kan doen is om die familie en vriende in ons Gebede te hou en te hoop dit gebeur nie met iemand na aan ons nie

Ansie ·

Die kinders was kelners en was opad huis toe van ‘n laat nag skof

Marietjie ·

Ai is so hartseer… sterkte aan die families en vriende. As ek nou reg verstaan het hul almal by Weiveld in Pretoria gewerk as kelners…. wat n nagmerie vir daai jong mense se ouers bid vir jul ….

sê ner ·

Asb mense. Hou net op jaag. Hier is n bewys dat spoed dodelik is!

VRA MY EK WEET ·

Stop dir..teen 60km/h sou die motor net ‘n gat in die radiator en ‘n slegte duik…Om so aan flarde geskeur te word sou ek skat meer na 100-120 km/h…..indien nie vinniger

Rupert Ashford ·

@ VRA MY EK WEET: ‘n Soliede voorwerp soos ‘n boom wat nie weergee nie beduiwel nogal die frommelsones en so-aan van ‘n motor erg so hulle kon dalk stadiger gery het as wat jy skat. Maar spoed help nie in so ‘n ongeluk nie. Ongelukke gebeur so maklik…

VRA MY EK WEET ·

@ Rupert Ashford : So jy sê as hulle 60km/h gery het sou die boom die frommelsones so omvêr gewerp het dat die motor aan flarde was. Ek moet sê dit is iets om deur te gee aan die ingenieurs wat die motor frommelsones ontwerp..hulle moet bome in gedagte hou. Watter voorwerpe waarteen ‘n motor bots is die frommelsones ontwerp voor….matrasse?

VRA MY EK WEET ·

Maar dit maak nie nou meer saak…daar is ouers,vriende, boeties en sussies met hartseer en trane. Jong mense wat se lewens kort geknip is. Jong mense wat maar net gaan werk het.

humor ·

Die petrolpedaal het seker maar vasgehaak. Die wrakstukke het oor n groot gebied versprei gele.

Sam ·

Ons bevestig met baie hartseer dat ses van die Weiveld kroeg/kelner personeel, vanoggend na diens, op Graham weg (verlenging van Lynnwoodweg) in n motor ongeluk was. Vier van die insittendes is oorlede en die ander twee in stabiele toestand in die hospitaal. Die oorsaak van die ongeluk kan nie bevestig word nie. Meer inligting sal bekend gemaak word na die ondersoek af gehandel is. Dit word egter vermoed dat die agter band gebars het, en die voertuig buite beheer geraak het. Ons innige simpatie en gebede is by die families.

* So se Wieveld se faceblook blad

Sterkte aan al die familie&vriende

Tina Buys ·

Almal van ons kuier laat by eetplekke en dink nie aan die personeel wat agterna vervoer moet vind om veilig tuis te kom nie.

Donovan ·

Daar is redes hoekom spoed zones gestel is, lees dit op… Tina jy slaan die spyker op die kop, die personeel sukkel om daardie tyd van die nag vervoer te kry… Baie mkpye reel vir taxi wat in n rigting ry maar die wat in n ander rigting bly moet maar self oor die weg kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.