Vier sterf toe taxi in groep inploeg

Die toneel by die Isipingo Reunion-treinstasie. Foto: Rescue Care

Die toneel by die Isipingo Reunion-treinstasie. Foto: Rescue Care

Vier mense, waaronder drie kinders, is Woensdagoggend in Durban dood toe ʼn minibustaxi in hulle ingeploeg het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-paramedici, het gesê die voorval het omstreeks 06:00 by die Isipingo Reunion-treinstasie in Prince Mcwayizeniweg in die suide van die stad plaasgevind.

“ʼn Minibustaxi se bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en deur ʼn muur op ʼn sypaadjie gebars en in ʼn groep mense wat langs die pad gestaan het ingeploeg. Dit het ook ʼn ander voertuig getref,” het Jamieson gesê.

Verskeie nooddienste is na die toneel ontbied en Jamieson het dit as ʼn ‘bloedbad’ beskryf. “Vier mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opdaag. Drie van die oorledenes is kinders en twee van dié kinders het skoolklere aangehad. Paramedici kon niks vir hulle doen nie en hulle is op die toneel dood verklaar.”

Altesaam sewe mense, waaronder voetgangers en insittendes van die taxi, het ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar die Durbanse Ongeluksvoorkomingseenheid is op die toneel om ondersoek in te stel,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

broos ·

wat anderste as spoed en verontagsaming van padreels kan die oorsaak wees? elke tweede ongeluk berig is ‘n taxi betrokke

MOEG VIR TAXIS ·

MOEG VIR TAXIS WAT NET DOEN EN RY SOOS HULLE WIL,BUS LANE ROOI ROBOTS,
SYPAAIKIES,WANEER DOEN DIE METRO POLIESIE IETS OM DIT TE STOP.NOG HONDERDE MENSE SE LEWENS KOS,DAN SAL DAAR EERS IETS GEBEER

Vra maar net ·

Word die Taxi bestuurders ook soos busbestuurder gereel getoes vir ‘n opebare voervoer?

Kellies ·

Interessant dat die Taxi’s In “Ploeg”. In die ou dae het ons met trekkers geploeg maar alles verander seker maar soos ons aangaan?

Realis ·

Elke taxi bestuurder in hierdie land is ‘n potensiele moordenaar. Ek wens die regering wil taxi ongelukke (en plaasmoorde) prominent in die land se statistieke rapporteer. Dit sal nie ‘n mooi prentjie skilder nie. Dit sal egter nooit gebeur nie as gevolg van hulle angazi mentaliteit

Han ·

Taxibestuurders ry soos “hooligans”, maak net soos hulle wil, want padreëls geld nie vir húlle nie. ‘n Mens weet nie wat jy volgende van hulle kan verwag nie. Ek het al talle noue ontkomings beleef van ‘n taxi wat skielik van baan verander sonder enige aanduiding en reg voor my inry. Waarom word hierdie mense nie strenger vasgevat nie? Ek dink almal ken die antwoord!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.