Vier sterf toe trok omslaan

Foto: Twitter via @LimaCharlie1

Vier mense is dood en nog twee ernstig beseer toe ʼn vragmotor Sondagaand op die Du Toitskloofpas naby Worcester in die Wes-Kaap omgeslaan het.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het aan Maroela Media bevestig die ongeluk het kort ná 21:00 voor die ou Du Toitskloof-tonnel gebeur. Volgens Africa is vier mense op die toneel dood verklaar, terwyl die twee beseerdes in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal geneem is.

Die pad is ure lank vir verkeer gesluit terwyl die toneel opgeruim is en motoriste moes van alternatiewe roetes gebruik gemaak.

Die pad is intussen weer heropen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Zoro ·

Dis nou hoogtyd dat daar ontslae geraak word van die “Mugabe” verkeershoofde wat geen ‘vision and mission’ het om die verkeers probleme aan te pak nie. Die ouens klink soos platte spelers wat vas hak en meer mense sterf jaarliks. Swaak beplanning is geen beplanning nie . Die verkeer is soos seisoenale werks met vaste salaris. Daar word teveel op padblokkades gefokus waar 95 % van die personeel gebruik word om kartjies uit te ryk – waarna die pad oop en blood lê, en dis daarna wat pad gebruikers roekeloos en nalatig bestuur na hier die padblokkades, en dis waar die lewens verlies van daan kom. Maak vuur met nuwe ‘hout ‘ ou ‘hout’ het geen kole maar net as. Dit kan wagtig nie so aan gaan nie. Die ouens kry egter goeie salarisse sonder om te ‘perform’

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.