Vier sterf toe voertuig op N1 rol

Foto: ER24

Vier mense is dood en 11 ander beseer toe ʼn taxi Vrydagoggend op die N1 naby Grasmere, suid van Johannesburg, gerol het.

Een van die oorledenes is ʼn 13-jarige seun.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici en ander dienste is net na 06:00 na die ongelukstoneel ontbied. “By hul aankoms het hulle die wrak van die taxi in die middel van die pad aangetref. Talle passasiers is uit die voertuig geslinger toe dit verskeie kere gerol het,” sê Meiring.

Paramedici het dadelik die slagoffers ondersoek en drie vroue en die tienerseun dood verklaar.

Elf ander mense is op die toneel behandel vir beserings wat van gering tot ernstig gewissel het. Paramedici moes spook om sommige van die ernstig beseerde passasiers te stabiliseer voordat al die beseerdes na verskillende hospitale gehaas is.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Se maar net ·

Dis omdat hul al ewig jaag na niks en hul passasiers en ander padverbruikers se lewens in gevaar stel. Ek voel bitter jammer vir die 4 oorledenis. My hart gaan uit na hul families en geliefdes.

Sons ·

Sê maar net, ek stem 100% saam met jou. Van die taxi bestuurders gee gladnie om oor lewens in n taxi nie. Ek ry vanoggend oppad werk toe op die snelweg. Taxi voor my en n voortuig voor hom met NOG 3 SWAAR VOERTUIE plus n paneelwa. Wat doen die taxi drywer toe? Hy vat al 3 swaar voertuie plus die paneelwa verby in die aankomende verkeer waar daar n voertuig vanvoor af kom. Na my mening is die taxidrywers met 1 rede op die pad, gee nie n flenter om oor onskuldige lewens nie, met net 1 doel voor oë en dis om genoeg geld te maak vir die dag om vir hul gesinne te sorg. Hoe hartseer is dit? Ek wonder hoeveel van die taxidrywers besit n bestuurslisensie??

Heidi ·

Nog ‘n onskuldige kind dood omdat taxis net altyd wil jaag!

Natasha ·

Dis vreeslik hartseer, weereens 4 onskuldige mense en ‘n kind wat die grootste prys betaal vir die taxi drywers se weiering om enige wette na te kom – metro is net so skuldig – wat my verstand tebowe gaan is hoe die drywer elke keer skotvry en lewendig uit die ongelukke stap, plaas hulle sterf!!!!!

Stormrider ·

Ai Natasha
Plaas ‘n wag voor die mond en die twee duime.
Mens voel magteloos van frustrasie maar ons kan nie die dood oor ander mense uitspreek nie. Besin tog eers….

alida ·

Natasha ek stem saam met jou. Die verkeerde mense sterf altyd.

Gallie ·

Ek stem saam Natasha. Ek voel baie jammer vir almal wat van hierdie doodskiste op wiele gebruik moet maak om oor die weg te kom. Toe n swart kind dood is na hy na bewering deur twee wit mans in Coligny van ‘n bakkie afgegooi is, was die wereld aan die brand en almal wat kon het blou moord geskree. Nou is n taxi drywer ( ek se nie bestuurder nie want hulle dryf ) betrokke en die stilte vanaf ANC geledere is oorverdowend. Hoeveel moet nog sterf voor die regering iets doen aan onpadwaardige voertuie op ons paaie en ” mense ” met gekoopte bestuurders lisensies. Jammer oor ide lewensverlies.

Spikkels ·

Sy kan maar.. ons reg om kommentaar te lewer, as ons nie mekaar se menings kan respekteer nie, moet dit dan nie lees nie

Piet Pompies ·

Die Taxi wat op die foto voorkom is ‘n 1986 model, dit is tans 2019. So die voertuig is 33 jaar oud en word gebruik vir pubieke vervoer.
Daar hoef nie verder te gesoek word na die oorsaak van die ongeluk.
Sterkte aan die familie van die oorledenes.

Rinkhals ·

Tragies. Maar ongelukkig sal niks verder gebeur nie. More sal daar op ‘n ander plek in die land dieselfde of erger ongeluk waarin daar ook ‘n taxi betrokke sal wees plaasvind. Die redes ken almal. Selfs die minister van vervoer.

pieter ·

Hul ry soos hul wil stop wa hul wil maak u draaie soos hul wil ry oor robotte stoptekens soos hul en so kan jy aangaan , hoeveel lewens verlies gaan da nog wees ,

ne ·

Stem saam Pieter. Maar as jy ‘n taxi bestuur is jy baas van die plaas. Almal moet padgee. Jy moet maar vir almal dink op die paaie om jou eie lewe te beskerm.

Hennie ·

Het n visegrip vir n stuurwiel gehad toe haak die petrol pedaal vas moes dit toe gebruik om die pedaal los te kry dit is toe die gevolg nou is daar lewens verlies . Wanneer gaan hulle leer om soos beskaafde padverbruikers te bestuur skokkend.

Mariana ·

Taxi’s jaag soos besetenes, hulle verontagsaam alle padreëls, padtekens en ook waarskuwingstekens. Hulle wil net jaag om af te laai en weer op te laai. Hulle het net geen respek vir ander padgebruikers nie. Ongelukkig is dit dan ook sy passasiers wat die spit afbyt en geen haan kraai daarna, more ry hy maar weer soos ‘n padvark.

rONEL ·

Is die metropolisie, die polisie, die staat, die mense in die taxis te bang om iets aan hierdie roekelose bestuurders te doen? Taxi bestuurders vermoor daagliks honderde mense op die land se paaie. Maar wat gee hulle om, stel net Padongelukfondseise in. Taxibestuurder inkluis, gedrink of nie???????? I rest my case!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.