Vier persone is dood en twee ander beseer toe hul motor Sondagoggend op die R501 naby Oos-Driefontein in Carletonville in Gauteng omgeslaan het.
“Paramedici het omstreeks 07:00 by die toneel opgedaag,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê. “Al ses persone het in dieselfde motor gereis. Twee persone wat noodlottige beserings opgedoen het, is in die wrak aangetref. Nog twee persone wat ook op die toneel dood verklaar is, het ʼn paar meter van die voertuig af gelê. Hulle is vermoedelik uit die motor geslinger toe dit gerol het.”
Nog twee persone het matige beserings opgedoen. “Hulle is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.”
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
In die bulitin is daar nuus oor my gewese-tuisdorp en my nuwe tuisdorp. Albei berigte is negatiewe nuus. Ek wag lankal op enige kommentare maar niks. Loop mooi en loop versigtig asseblief.
Ek wens hulle wil ‘n dashcam verpligtend maak sodat die oorsaak van ongelukke bepaal kan word.