Vier sterf tydens ‘kapingspoging’

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Vier vermeende kapers, onder meer ʼn polisiekonstabel verbonde aan die Nigel-polisiestasie aan die Oos-Rand, is Woensdagoggend dood nadat hulle glo probeer het om ʼn motor tussen Tafelkop en Motetema in Limpopo te kaap.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het in die vroeë oggendure by die Tafelkopberg gebeur. Volgens die polisie se voorlopige ondersoek het die insittendes in ʼn Volkswagen minibus probeer om ʼn VW Polo te kaap.

“In die proses het die bestuurder beheer oor die minibus verloor en die voertuig het omgeslaan. Vier mans is dood en twee vroue is ernstig beseer,” het Mojapelo gesê. “Die bestuurder van die minibus, wat ook die eienaar van die voertuig is, is ʼn polisiekonstabel verbonde aan die Nigel-polisiestasie.”

Volgens Mojapelo was die VW Polo nie in die ongeluk betrokke nie en die bestuurder het direk van die toneel na die Motetema-polisiestasie gery om ʼn saak van poging tot kaping aanhangig te maak.

Die polisie ondersoek ook sake van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lance ·

Ja nee kyk weer polisie betrokke saam met die diewe …..WEER !

Kobus 4e ·

Is die Suid Afrikaanse publiek almal moordenaars of pedofiele? Hoekom dan altyd AL die polisiemanne ook onder dieselfde kam skeer as die kriminele polisiemanne? Gaan jy by n plek aanhou werk waar almal jou as een van die slegtes idetifiseer, al is jy die beste daar? Julle jaag die goeie polisiemann ook uit die polisie deur alewig die “polisie” as krimineel te beskuldig. As hulle dan almal kriminele is, is die hele Suid Afrika n versameling van moordenaars, pedofiele, dwelmsmokkelaars ens, en ek bedoel ALMAL, nie een uitsondering. En Neeee ek is nie ‘n polisieman nie.

Kobus ·

En daar is my positiewetyd vir die polisie weer minder….by n vorige berig oor vrystaatse boere en polisie wat saamwerk….soveel moed gekry….ai tog

J ·

Live by the sword. . Die by the sword. Wat n mooi storie dat die onskuldiges veilig is

Lola ·

As ek die Polo bestuurder was het ek met ‘n lag net weggery. Nou gaan hy betrokke raak by net nog ‘n surkes.

Snuffels ·

Hoera!

Ons is die enigste land ter wereld waar die Polisie TYDENS die misdaad al op die toneel is…..!

Snuffels ·

Hoera!
Ons is die enigste land ter wereld waar die Polisie TYDENS die misdaad al op die toneel is…..!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.