Vier stropers in KZN vasgetrek

boeie 4Altesaam 36 vermeende renosterstropers is sedert die begin van die jaar in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem, en die polisie het beslag gelê op 23 vuurwapens.

Kol. Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê in die jongste geval is vier vermeende stropers in ʼn wildreservaat in die noorde van die provinsie vasgetrek.

“Die Valke, veediefstaleenheid, spesiale taakspan, die Nayathi teenstroop-eenheid en die polisie se lugeenheid het op inligting reageer dat die verdagtes in die gebied is,” het Naicker gesê.

Die rolspelers het twee verdagte voertuie in die wildreservaat opgemerk. Daar word vermoed dat die verdagtes die reservaat se heining geknip het om toegang te verkry. “Die polisie het op die voertuie toegeslaan en beslag gelê op drie byle, asook ʼn jaggeweer met ʼn knaldemper.”

Die vier verdagtes is in hegtenis geneem op aanklagte van renosterstropery en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Die mans, tussen 18 en 40 jaar oud, moet binnekort in die Hluhluwe-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.