Vier swaar gestraf vir ontvoering, gru-moord op mans

hof-hamer

Argieffoto.

Die rondgaande hof in Middelburg het Dinsdag swaar strawwe opgelê vir die vier mans wat in 2014 twee mans ontvoer, beroof en toe vermoor het.

Thabang Elvis Nthako (36), Samson Bhuti Makuwa (25), George Maswanganyi (27) en Bheki David Mokoena (33) het Phillip Daniel Monkwe en David Vusi Majola eers van hul voertuie en ander besittings beroof en hulle toe vermoor deur hulle in ʼn ou mynskag af te gooi.

Nthako en Makuwa is elk tien jaar tronkstraf opgelê vir ontvoering, 24 jaar vir roof met verswarende omstandighede en ʼn lewenslange vonnis vir moord. Dié drie vonnisse is gelyklopend.

Maswanganyi is vyf jaar tronkstraf opgelê vir ontvoering, 12 jaar vir roof met verswarende omstandighede en ook ʼn lewenslange vonnis vir die moord op die mans. Sy vonnisse is ook gelyklopend.

Mokoena is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir ontvoering en 12 jaar vir ontvoering. Hy is onskuldig bevind aan die moord van die mans.

Lt.genl. Mondli Zuma, die provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, het die vonnisse verwelkom. Hy het gesê dié vonnisse sal ander misdadigers afskrik en twee keer laat dink voordat hulle soortgelyke gru-dade pleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wouter ·

Wat is die doel van afsonderlike stawe as dit gelyk lopend uitgevoer word?

Se ek ook ·

Regtig ek voel ook so Wouter, gelyklopend, jy mors tyd en asem as jy dan elke ding afsonderlik skuldig bevind en straf. Die maklikste sou wees om te doen wat hul gedoen het, gooi hul in ou mynskag, problem solved.

Ounooi ·

Ek stem saam. Dit help net mooi niks. Die families sit sonder hul eggenote, vaders, seuns en broodwinners. Wat bring dit vir daardie families? Hulle het n baie langer straf om uit te dien. Hulle geliefdes is nie meer met hulle nie.

tamboti ·

Geen doel, net ‘n klug.
Jammer dit sal niemand afskrik nie, as hulle lewenslank elke dag ‘n pak slae kry sal dit miskien ‘n afskrikmiddel wees.

Anoniem ·

Daai juffrou wat die skooldogter so met die rottang oor die rug gelooi het, kan elke dag die straf uitdeel, Sy het ‘n natuurlike aanleg vir die werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.