Vier tieners in hof oor ‘aaklige’ ontgroeningsdade

'n Skermskoot van die video wat by die Hoër Landbouskool in Jan Kempdorp in die Noord-Kaap gemaak is. Die slagoffer lê met sy maag op 'n bed terwyl ander skoolseuns toekyk.

‘n Skermskoot van die video wat by die Hoër Landbouskool in Jan Kempdorp in die Noord-Kaap gemaak is. Die slagoffer lê met sy maag op ‘n bed terwyl ander skoolseuns toekyk.

WAARSKUWING: Die inligting wat in hierdie berig vervat is, is grafies van aard en nie geskik vir kinders of sensitiewe lesers nie.

Vier leerlinge van die Hoër Landbouskool Noord-Kaap verskyn Vrydag in die Jan Kempdorp-landdroshof nadat hulle glo ʼn medeleerling by die skool se koshuis aangerand en seksueel mishandel het.

Maj. Dimakatso Mooi, provinsiale polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê die seuns, tussen 14 en 19 jaar oud, staan tereg op aanklagte van verkragting en algemene aanranding weens ʼn vermeende ontgroeningsdaad wat Sondagaand om 21:30 by die skool se koshuis plaasgevind het.

Die slagoffer se ouers, wat anoniem wil bly om hul seun te beskerm, het aan die Diamond Fields Advertiser gesê die aanhitser in die saak het die aand al die graad 8’s buite die koshuis bymekaar geroep en aan hulle gesê hul gaan nie ontgroen word nie.

Die ouers beweer hul seun is uitgesonder en dat hy aangesê is om opstote te doen. Terwyl hy besig was is hy glo met ʼn pyp geslaan. Die seun het glo daarna na sy koshuiskamer gegaan.

“My seun was alleen in sy kamer toe die aanhitser en ander leerlinge met drie gordels die kamer binnegekom het,” het die ma aan die koerant gesê. “Hulle het my seun kaal uitgetrek en hom op sy bed laat lê. Hulle het sy hande en voete met die gordels vasgemaak en skeerroom en seep oor sy lyf gesmeer.”

Sy beweer daar is ʼn tandeborsel in haar seun se rektum opgedruk en dat hy vermoedelik ook met ʼn besemstok gesodomiseer is.

Die koerant is in besit van ʼn video van die voorval wat deur een van die omstanders gemaak is.

Die provinsie se departement van onderwys het die daad as ʼn “rassistiese voorval” bestempel. “Dit is met spyt en teleurstelling dat die departement verneem van die aaklige, onmenslike voorval by die skool,” het Sydney Stander, woordvoerder van departement, by navraag aan Maroela Media gesê. “Die groep het ʼn medeleerlinge aan onmenslike behandeling onderwerp. Hy is kaal uitgetrek, daar is ʼn wit middel op sy lyf gesmeer en die seuns het stokke in sy rektum opgedruk terwyl die omstanders gejuig en ʼn grap daarvan gemaak het.”

Volgens Stander ondersoek die departement die voorval en die departement ’n afvaardiging gestuur om die slagoffer, sy gesin, onderwysers en ander leerlinge by te staan. “Ons sal seker maak die skuldiges sal boet vir die beweerde dade. Dit is duidelik die verdagtes is anders grootgemaak en sukkel om met mense wat anders as hulle is, saam te leef,” het hy gesê.

Stander het gesê Griezelda Cjiekella-Lecholo, Noord-Kaapse LUR vir onderwys, was sprakeloos toe sy van die voorval verneem en het die slagoffer en sy gesin om verskoning gevra.

Die skool kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Die DA gaan intussen vandag ʼn betoging buite die hof hou tydens die vier seuns se hofverskyning. “Daar is geen plek vir rassisme, kriminaliteit of mishandeling in ons skole nie,” het Phumzile van Damme, die DA se nasionale woordvoerder, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Malat ·

Dit is ‘n afgryslike daad. Mens kan net siek voel hieroor. Dit sal jammer wees as die ander leerlinge wat toeskouers was (en van hulle is swart), nie ook aangekla gaan word nie. Boelies moet uit skole geskors word. Ek wonder net wat gaan by sulke kinders se ouerhuise aan, dat hulle nie geleer word om respek vir ander mense te hê nie? Ons land gaan ten gronde, ons volk gaan ten gronde en dis so jammer.

Sollie ·

Malat – ek stem SO saam met jou. Wat ‘n afgryslike skande dat sg “mesne” hulself so te buite gegaan het. Waar was onderwysers en ander toesighouers -s ekerlik moe sdie met geraas gepaard gegaan het? Hoekom het niemand iets gehoor en opgetree nie? Onbeskaafd is nie die woord nie. Ek kon nog NOOIT verstaan waarom iemand ontgroen moet word nie – dit maak niemand meer positief of lojaal of watookal nie, dis net ‘n gemorsaksie deur boelies. Ek onthou spesifiek van jongmense wat al dood is agv van ontgroening – studente op universiteit. Dis ‘n tydmors en walglike onding!Ek hoop die ouers neem regsaksie teen die spul. SIES man!

Frieda Minnie ·

Ek is al baie kere deur mense afgejak en wil my verkeerd bewys omdat ek so absoluut teen enige vorm van ontgroening is… Hoekom is dit ‘n praktyk!.. Dit takel mense af, nie enige persoon kan dit verwerk om so afgekraak te word nie… praat nie eers van liggaamlike en sielkundige letsels wat dit nalaat nie.. ‘n Koshuis in
Ermelo wou my in Graad 11 ontgroen omdat ek toe nuut daar ingekom het. Ek het total geweier en is toe eenkant gestoot omdat ek nie deelneem aan die afkrakende gemors wat seniors uitdink nie (Ek was ook toe al ‘n senior) maar moes saam met die std sessies ontgroen word… Ontgroening moet as ‘n misdaad gekenmerk word en klaar… jy is daar om te studeer nie om deur ander boelies afgetakel te word nie… Ek maak nie jou skoene skoon nie, ek sal nie jou tas dra nie, en jy sal my niks laat doen wat my afkraak nie….. dit moet die leuse wees…

Alet ·

Frieda, ek stem heelhartig met jou saam. Ontgroening is ‘n onding en moet heeltemal verbied en uitgeroei word. En ek kan ook maar gekruisig word vir my siening! Selfs in die sestigerjare, toe ontgroening ook maar nie “mak” was nie, het ek al gesien wat dit aan kinders doen. Ek word wit-warm-woedend kwaad as ek van enige ontgroening lees of hoor, of dit nou op skoolvlak of Universiteitsvlak is, dit bly vir my ‘n onding! Daar is baie beter maniere om nuwelinge te verwelkom. Wat hier met daardie seun gebeur het, is absoluut walglik en verfoeilik, om dit ligtelik te stel. As ek daardie belhamels se ma was, sou hul dit beslis vir die res van hul lewens onthou het…. En ras het niks met my siening te doen nie – ek sien elke dag hoe kinders verneder word deur boelies, en daar is beslis ‘n groot opvoedingstaak wat gedoen moet word… ongeag…

Riaan ·

Voel net almal wat toe gekyk het is ook skuldig en sal nie se rassisties nie eerder net Kind word gesodimiseer by koshuis deur wit en swart. Altyd ras in bring vir sensasie.

Fanie ·

Ek lees ook vanoggend op Netwerk24 hierdie berig van die dopery by die landbouskool in Jan Kempdorp waartydens vier wit seuns ‘n swart seun wit geverf het en dies meer. Nou skree dit ten hemele. Ook sê die berig die swart seun is gemartel.

En dan, “volgens die wit seuns was dit tydens doop.” So asof die verslaggewer insinueer dat dit dalk nie tydens doop kon gewees het nie. Ook as dit nou net wit kinders was wat betrokke was, was dit dan nou minder verkeerd ???

Ons koerant verslaggewers het siek in die kop geword en blaas hulle die sensasie en raskaart op tot groter as lewensgroot. Maar natúúrlik is dit verkeerd. Plaas dat die regering alle, maar álle doop in die héle land met wortel en tak uitroei, óók die inisiasie proses by die swart mense.

Maak dit dan ‘n kriminele oortreding as dit moet, maar roei dit tog nou vir eens en vir altyd uit dat dit kan stop, want sodra dit wit op swart is, is dit eens so erg en skree die koerante vir weke en skryf al wat rubriekskrywer is ‘n helse vingerwysing en morele preek uit.

Ek self was dertig jaar gelede ook aan vergrype tydens doop op universiteit blootgestel. Toe was dit algemeen bekend watter praktyke plaasvind, maar het niemand dit gestop nie. Nou na 1994 is dit uit die bose want nou is dit rassisme sodra ‘n swart of ‘n anderskleurige persoon betrek word.

So stop dit !!!! Stop dit NOU!

Kosie ·

Sies!! Van jongs af al seksueel verstreur. Wonder waar en wie is die voorbeeld? Kry hulle ook voor stok.

christell nel ·

Aan my maak dit GEEN verskil watter kleur wie is nie. Dit bly ‘n walglike daad, en die kinders wat hieraan skuldig is, en hulle ouers behoort hulle te skaam. Miskien kort hier ook ‘n Jerigo !! Soos ek altyd se. klas en opvoeding kan nie gekoop word nie. Jy het dit of jy het dit glad nie!

M Stock ·

Ek glo nie klas maak saak wanneer daar gru dade gepleeg word nie. Baie gruweldade word deur die sogenaamde beter klas gepleeg. So klim maar van jou beter klas stoeltjie af want jy is in geen opsig beter as die laer klas nie. Vat jou geld en besitting weg en wat bly oor???

Melt Olckers ·

As dit ‘n rassisme voorval is, moet alle aanvalle deur swartes op witmense gesien word as ‘n rassisme voorval.

Lee ·

Dis vieslik!!! Watse opvoeding het die barbare gehad wat dit aan ‘n kind doen? Ek voel jammer vir hom. Maak nie saak wie of wat of watse ras jy is nie, sulke barbare moet sommer uit die samelweing gemaak word. Hulle dink natuurlik hulle is baie cool maar hulle is lafaards. Probeer dit met ‘n ander leerling van hulle ouderdom en sien wat gebeur. Post hulle gesigte op social media sodat dit verspry kan word. Sterkte aan die seun en sy ouers. Jammer dat daar sulke barbare onder ons is!!!

Willem ·

Dit is altyd iemand anders se skuld, Die Joernaaliste blaas die storie op en sit die skuld op rassisme. Die mense hier op die komments blameer weer ontgroening. Is die skuld nie maar net by die mense wat die gedoen het nie?

Hoekom altyd so negatief? Moenie alles net will weg vat nie, wys of stel goeie haalbare riglyne hoe hulle ontgroening kan doen anders gaan hulle dit skelm doen en goed soos die aanvang.

Asjas ·

Willem jy is reg. Ek en baie ander mense is ontgroen. Dit was lekker, dit het gees gebou. My kinders is ook op skool ontgroen, vanmiddag weer daaroor gesels. Behalwe dat dit vir hulle lekker was, onthou hulle die een kind wie se Ma gekla het omdat haar kind verskree word. Die kind is geignoreer vir die res van die ontgroenning en was nooit daarna deel van die groep nie.
Wat hier gebeur het is siek, daai kinders se opvoeding skort en hulle is reeks kriminele wat sopas hul eerste oortreding begaan het.
Hierdie is nie ‘n rasse ding nie, dis ‘n siek seksuele spelletjie agv sieklike boodskappe waarmee ons daagliks gebombardeer word.
Hierdie seuns is die pad kwyt …

Nico ·

Asjas, jy is reg, ek sou dit ook so wou sien en dat ons nie soos die ANC wil doen almal om hulle wil reguleer nie. Hulle wil oral almal en als beheer.

Ek glo ook verseker dat geen kind of skolier/student wil van die pret en geesvang uitgesluit wees nie. Ek praat nie van die kinders in die berig hier bo nie, dit was siek verby, maar sien vandag se kinders nie ras nie, hulle wil deel wees van die skool of van die groep en mag mens dit nie van hulle ontneem nie.

Dan is dit so dat baie grootmense, politici en koerant verslaggewers sien net rassisme as iets met ‘n swart persoon gebeur en daar was wit mense in die geselskap.

Wat is die ander alternatief om van die spinnerakke en wol in hul koppe ontslae te raak?

Moet daar weer aparte skole vir die onderskeie rasse daargestel word ?

Ek self is al gatvol/keelvol want elke keer as ‘n mens die koerant oopmaak dan skree ‘n rasding in jou gesig!

Kobus ·

Asjas, jou antwoord aan Willem verwys, ek sou dit ook so wou sien en dat ons nie soos die ANC wil doen almal om hulle wil reguleer nie. Hulle wil oral almal en als beheer.

Ek glo ook verseker dat geen kind of skolier/student wil van die pret en geesvang uitgesluit wees nie. Ek praat nie van die kinders in die berig hier bo nie, dit was siek verby, maar sien vandag se kinders nie ras nie, hulle wil deel wees van die skool of van die groep en mag mens dit nie van hulle ontneem nie.

Dan is dit so dat baie grootmense, politici en koerant-verslaggewers sien net rassisme as iets met ‘n swart persoon gebeur en daar was wit mense in die geselskap.

Wat is die ander alternatief om van die spinnerakke en wol in hul koppe ontslae te raak?

Moet daar weer aparte skole vir die onderskeie rasse daargestel word ?

Ek self is al keelvol want elke keer as ‘n mens die koerant oopmaak dan skree ‘n rasding in jou gesig!

Elize ·

Dit is walglik die wat dit gedoen het, moet so swaar gestraf word, en suffer vir die res van hul lewens, want hulle is more se verkragters en moordenaars, indien hul gaan los kom met hierdie skandelike optrede.

Eish! ·

Ek hoop die skuldiges en almal wat stilgebly/toegekyk het word geskors! Geen wit en swart storie. Eerder ‘n grys storie. Die kinders moet uit die samelewing verwyder word, want as dit die begin is, waar is die einde!

sara ·

Dit wys net wat in hulle koppe aangaan. Wat is hulle huisomstandighede dat hulle enigsins so iets besluit het om te doen. Dit is total onaanvaarbaar.Maak nie saak wie dit is nie.

Ina ·

Ek stem dat dit nie saak maak oor kleur nie – My seun is universiteit toe die begin van die jaar en as hy deur hierdie sogenaamde ontgroening moes gegaan het Sou ek dit nie oorleef het nie – Die kinders wat hierdie soort “praktyk” toe pas kom heel waarskynlik uit huise waar hulle self afgebreek word en dit is die tragiese van alles…..

Mara ·

Rassisme se gat…… dit is sadisme !!!!!! almal is skuldig wat in daardie vertrek was behalwe die seun wat so ongenadelik behandel is – as kinders van daardie ouderdom sulke dinge aan n ander kind kan doen wil ek nie eers dink waartoe hulle instaat sal wees as n onskuldige dier in hulle pad kom nie – moenie altyd na die ouers wys nie – onthou wat baie van ons ouers altyd vir ons gese het ‘ ” jy is goed groot gemaak, maar jy het groot sleg geword”.

Annelize ·

Dit maak nie saak watter kleur die slagoffer of die ander siek goed is nie. Dis onmenslik en as hul op skool sulke goed kan doen, wat gaan hulle eendag aan vroue en kinders doen as hulle groot is. Hulle hoort nie in die samelewing nie

Hartseer Leser ·

Dit is so hartseer om te sien waarin ons samelewing verander het. Geen wedersydse respek of waardes meer. Maak ‘n koerant oop en al wat mens lees is moord/doodslag/negatiewe politiek/verkragting/en natuurlik rassistiese aanvalle. Ek weet dit is my keuse om koerant te lees en ingelig te bly, maar ai wat het geword van ons Suid Afrikaners se lekker humor, en mooi harte en omgee vir mekaar. Hierdie kinders moet beslis goed gestraf word, ongeag watter ras/geslag betrokke was, dit is totaal onaanvaarbaar dat so iets moes gebeur… Totaal barbaars, siek en ongevoelig. Ek is seker dit sou nie hulle ouers se se goedkeuring weggedra het nie. Ek voel uit my hart jammer vir die slagoffer en sy familie wat hom nou moet ondersteun, maar voel ook hartseer vir die families van die kinders wat skuldig was. Ek wens ek kan verstaan watter “joy” dit aan die seuns kon gee om iemand so te verneder en af te breek.

3nie ·

skors hulle uit die skool uit en moet hul nie weer toelaat nie. hul kan tuisonderrig kry. en sit ‘n kriminele rekord agter hul naam “for life”! hoekom het die ander toeskouers (of hul nou daar was onder dwang of vrywillig) nie dit gaan aanmeld nie? dit is siek en sad! ek kry die slagoffer jammer, want hy moet met die letsels saamleef “for life”. die boodskap moet net duidelik wees dat hierdie wit kinders die minderheid is en nie almal onder dieselfde kam geskeer word nie.

Hendri ·

Ontgroening is tog om die nuwes deel te maak van n span. Dit is beslis nie daar om iemand te “rape” met n stok. Dit is krimeneel

V ·

So gemaak so gelaat staan.Die kinders se ouers doen dit seker by hul huise ook.Respeklose barbaar!

SNEL ·

Dis vreeslik wat hier gebeur het, my hart gaan uit na die ouers en hierdie arme seun. Ek hoop regtig almal in daai vertrek wat deel was van alles en die wat net gestaan en toegekyk het, word almal ernstig opgeskroef. So iets moet nooit weer gebeur nie. Almal in daai vertrek is skuldig omdat niemand dit gekeer het nie. Rassisme se gat, alle rasse was daar betrokke. Sterkte aan die seun en sy ouers.

Ai tog!! ·

Baie van die ontgoenings praktyke word in skole toegepas. Dit word net nie publiek gemaak nie. Hier in PMB is n bekende skool wat al jare lank sulke praktyke praktiseer en dit het een kind geneem om op te staan en standpunt in te neem (moet se dat alles omtrent ontgroening die jaar verander is en die onderwysers was baie meer betrokke). Dis hartseer dat iets wat veronderstel is om pret te wees in so iets walgliks moet ontaard, die hartseer is dat die onderwysers baie keer bewus is en dit nog toelaat.

Larissa ·

Ek persoonlik dink dit is onaanvaarbaar. Daardie daad moet ook aan hulle gedoen word… mense is vinnig om hulle vinger te wys en swart mense se dade onder die kollig te gooi, maar wit mense is self skuldig… Hulle soek moeilikheid… Oog vir ‘n oog. Ek het nie simpatie nie. Daardie leerder sal dit vir die res van sy lewe onthou, maar darem weet ek God slaap nie en eendag sal hulle daarvoor betaal. Hulle moet in die aande gaan slaap en persoonlik dink ek dit is ‘n vrek swak skool wat nie hulle leerders intoom kan hou nie.

Elfie ·

Die heel ergste van hierdie walglikheid is dat die kind(slagoffer) NOOIT werklik oor dit sal kom nie . NOOIT!! Ontgroenieng was eintlik nog net altyd ‘n geboelie. Dit moet STOP en kinders wat nuut begin by ‘n skool/graad 8’s moet te alle tye weet dan, dit MAG nie gebeur, nie eers as dit kammig “pret” is want daar is altyd belhamels wat barbaars optree en dat dit hul REG is om onmiddellik die spul te verkla. Daar moet G E E N ontgroening wees nie, nooit nie, nêrens en klaar. Lyfstraf is verbode in skole HOE is dit dat hierdie barbaarsheid toegelaat word?

chris ·

Walglik, straf hulle ooreenkomstig die daad.
Dit is egter vir my jammer dat sommiges so tekere gaan oor ontgroening.Dit is nie die ontgroening nie maar die persone hier betrokke. Anders kan alle wapens maar verbied word want dit sal mos nou die wapen wees wat dood en nie die persoon daaragter nie.Dieselfde dan vir ‘n persoon wat ‘n bier drink en sy vrou slaan ,verbied alle bier,bier slaan vrouens.

Ag nee man mense dink.

Asjas ·

Ontgroenning kan pret en voordelig wees as dit deur die regte persoon gedoen word. Dit moet net die leiers in ‘n skool wees, nie alle seniors nie.
Sommige skole gaan selfs so ver om hul leiers wat ontgroenning gaan doen so bietjie in te lig oor wat bou gees en wat is maar net boelie. Dit moet ook onder toesig gebeur. Dit is ‘n tradissie wat met die jare deur sadiste uitgebuit is agv ‘n tekort aan disipliene.

chris ·

Walglik, straf hulle ooreenkomstig die daad.
Dit is egter vir my jammer dat sommiges so tekere gaan oor ontgroening.Dit is nie die ontgroening nie maar die persone hier betrokke. Anders kan alle wapens maar verbied word want dit sal mos nou die wapen wees wat dood en nie die persoon daaragter nie.Dieselfde dan vir ‘n persoon wat ‘n bier drink en sy vrou slaan ,verbied alle bier,bier slaan vrouens.

Ag nee man mense dink.

Asjas ·

Afgesien van die walglike gebeure, is daar waaragtig nog kinders wat dink jy kan iets op selfoon laat opneem en dit gaan nie uitkom nie? Of het hulle gedink hulle is gode en almal is so bang vir hulle dat almal net gaan stil bly?
DIT gaan my verstand te bowe …

Ryno ·

…….maar as wit mense vermoor word, sal die woord SWART , nie gebruik word………..of as daar verkeag word, geen woord van SWART MANS, ………..wie is nou rassisties???? Moet ons witmense altyd die kortste ent trek? Ek vra maar net?

Martyn du Plessis ·

@Ryno, enige iemand wat hierdie daad meriete probeer gee, se kinders word seker ook so opgevoed,soos die skuldiges aan hierdie daad. Vieslik, dit is sulke tye dat ek my as Boere Afrikaner vir my eie mense skaam. Niemand keur plaasmoorde goed nie, maar elke saak op sy eie meriete asseblief.

Vic ·

Ryno, die kind wat seksueel aangerand word trek aan die kortste end hier – nie jy of enigiemand anders nie. As sommige die rassisme kaart wil speel, wat sal gebeur, is dit hulle probleem. Maar die fokus hier is op n kind vir wie die lewe nooit weer dieselfde sal wees nie.

Lan van der Westhuizen ·

Dis baie jammer dat skoolkinders so jonk al weet van sulke goed en regtig kans sien om so iets aan ander te doen. Maak nie saak hoe oud die kinders is nie, daar behoort altyd onderwysers teenwoordig te wees. Straf in ons land is in elk geval te lig, jeugdiges/tronke. Bring die rottang en die doodstraf net terug, dan sal daar minder barbare in die samelewing wees. Baie sterkte aan die slagoffer en sy ouers, daar lê langpad van herstel voor.

Asjas ·

Met selfone wat alles deesdae opneem, het hulle regtig gedink hulle gaan wegkom daarmee?

Estelle Labuschagne ·

As std 6 dogtertjie was ek ook ontgroen. Gelukkig was dit in daardie jare nog onskuldige pret. Jy moes die boom vry, ‘n grassie of ‘n blom smeek om te groei, jy moes ‘n papier bord om jou nek hang met jou nuwe bynaam….. ‘n suiker dummy suig tussen klasse en pouses. Vir jou Meneer of juffrou toebroodjies saambring skool toe…. ag eintlik was dit altyd meer lag as ernstig. En moenie van die sotte kamp praat waar jy ‘n hele twee nagte en ‘n hele Saterdag moes vrot eier en ander speletjies moes speel nie… en as jy die moegste is en bietjie gaan kop neerle sommer op die rugby veld, word jy met waatlemoen gesmeer dat jy jou hare 6 keer moet was om die pitte uit te kry…. Ja die dae… dis ontgroening…..
Nie dit wat hier vertel word nie, dis barbaars. Ek dink in elk geval mense hardloop te vinnig na “dis ‘n rasistiese voorval” Het iemand al daaraan gedink om te kyk of die kinders regtig rasiste is en of dit nie toevallig oor die grens gaan nie? Al wat ek kan se dis jong kinders wat hulle lewens op die randjie van mens wees weg gegooi het, en ek dink nie hulle sal so maklik daarmee weg kom nie. In ‘n oogwink is hulle en hulle ouers se drome aan skerwe. Sterkte vir almal.

Eish! ·

‘n Mens moet dankie se vir die feit dat iemand dit wel afgeneem het. So is die hele siek daad op die lappe gebring!

Ryno ·

Dis toevallig dat ons name dieselfde is maar ek is aan Ryno hierbo se kant. Daar gaan nie n week verby sonder n plaasmoord nie. Die nuus noem dit en dit word onder die mat ingevee. Die mense word op hul eie eiendom aangeval waar jy veilig behoort te voel, jy hoor woorde soos byl en vermink en dit hoi al vir n paar jaar aan. Hier word een seun blykbaar hardhandig hanteer, en n onsedelike daad verrig. Hy lewe! Geen bloed het geloop, hy is nie vermink nie, volgende week gaan hy weer aan met sy lewe soos voorheen. Steeds onnodig, maar my aanval is op die mense wat so heftig hier en elders uitvaar. Gaan maak julle stemme dik daar waar ons boere, JOU NASIE, in plasse bloed dood le, of is die dood en verminking vir julle n laer vlak van menseskending as n aanranding? En die mense wat vra hoe lyk dit by daardie kinders se huise, shocker!!, as alle ouers maar net weet wat hul kinders aanvang, dis net die wat uitgevang word wat as onopgevoed gebrandmerk word. Daar is kinders uit gegoede huise wat onhebbelike dinge aanvang, hulle is nog net nie gevang nie en nou word hulle op n troontjie gesit hoer as hierdie wat nou gevang is. Kinders is kinders, almal doen een of ander tyd iets boos waaroor hy spyt is maar almal word groot, moenie daardie ouers se opvoeding blameer nie.

Asjas ·

Ryno jy is heeltemal reg maar is dit nie juis ons menslikheid wat ons onderskei het nie. Het ons gedaal na hulle vlak? Ons volk is op die verkeerde pad. Is dit al te laat vir ons jeug??

Vic ·

Jammer, nee, almal doen nie bose dade nie, Ryno. Kriminele, en diegene met kriminele neigings, doen bose dade. Omtrent 1% van die mensdom. Soms word swakkelinge daarby betrek wat nie kan nee se nie, want hulle wil deel van die groep wees. Hierdie is nie ” onhebbelik” of “hardhandig” nie, dis krimineel. Die kanse is baie groot dat daar nie ordentlike ouerleiding is nie. Of dat diegene wat dit aan ander doen, self aan omstandighede blootgestel is waar hulke eie mense regte geskaad is. Hierdie kind sal nooit weer met sy lewe “aangaan soos voorheen” nie. Hy het alle vertroue in sy medemens verloor.
Wat het hierdie voorval met plaasmoorde te doen? En ek stem saam dat ons n groot lawaai moet maak oor plaasmoorde. Baie groter as wat ons nou doen maar moet nie blind wees en net op een deel van die samelewing fokus nie. Die siekte van geweld pleeg loop deur alle rasse en klasse. Wittes is nie onskuldig nie. As ons empatie en medelye van andere verwag, moet ons self medelye en empatie toon.

Leonie ·

Ja dit is erg verkeerd wat hulle gedoen het maar! Wat as ons witmense so gemartel word op hul plase? Ek haat die woord rassisme!!!!!!

anoniem ·

Ek wil nie lelik wees of iets nie maar daar was geen spraake van rasisme in die heele storie nie. Ok nou gaan julle seker vra hoe weet ek,,,ek was daar in daai kamer ,,,,okay nou word daar gese eks ook skuldag meer nee was n onskuldage toeskouer wat soos die meeste ander in daai kamer wakkergemaak is en voor gese is om te kom kyk wat gebeerm. Ons het nie geweet wat besig is om te gebeer nie. En hoekom ek se dit was nie n daad van rasisme nie is omdat ek self daar skoolgaan en self as “wit seun” die ontgroenning en alles deurgegaan het,,,ek se nie dis reg nie en dit het heel verkeert uitgedraai (nie die aanhitser se skuld nie die ou het dit self gedoen sonder om voorgese te word) .maar ja daar word seker nou gese ja maar hoekom het jy niks gese oor wat gebeer het nie,,,,maklik ek en niemand anders was beruit om te “split” en dan aangerant te word daaroor nie. Maar op die ouend maak alles waardeer ons is sterker en ons kan vat watookal die lewe na ons kant toe gooi en die wat dit nie kan vat nie word uitgewerk,,,is soos in die natuur net die sterkste oorleef en soo en soo sorg dit dat daar nie n klomp swakelinge in die skool is nie. Dis soos n fanmielie in daai skool as jy alles kon fat is jy daal van die gesin en as jy in die moeilikyd is sal almal jou help. (Ek se nie is rewg wat gebeer het nie )

Vic ·

Ja, Seun. Lyk my julle leer baie dinge in daai skool maar ongelukkig nie om te spel nie. Ja, jy is skuldig. Want jy kyk en doen niks. Daar is nie iets soos n ” onskuldige toeskouer” nie. Want jou begeerte om deel van die groep te wees is groter as jou begrip vir wat reg en wat verkeerd is. En jy kies om te kyk. Want wat daar gebeur het is krimineel.
Jy praat van “swak”? Regtig? Daardie seun is swak? Hoe kan een jong kind hom teen n horde verdedig? Wat moes hy doen? Of dink jy hy sal “swak” wees as hy nie kan ” vat wat na sy kant toe gegooi” is nie? So hoekom probeer jy nie om verkrag te word en sien of jy daarvan hou nie? Volgens jou is mens “swak” as mens nie van verkragting hou nie? En die “gesin” aanvaar net diegene wat dit kan ” vat”?

Daar is groot fout by hierdie skool – het niks met ras te doen nie, maar met medelye, en empatie vir ander – lyk my n groep met psigopatiese neigings regeer die leerlinge. Die “swakkes”, Seun, is diegene wat nie opstaan om n medemens te help wat deur n groep barbare verkrag word nie. Die “swakkes” is diegene wat fisiese aanranding moet gebruik om beheer uit te oefen, want hulle is te dom om leiers te wees op ander maniere. Wat n skande.

Nico ·

Ek hoop hierdie daad en die reaksie daarop, ook die realiteit rondom plaasmoorde en alle kriminele dade skud die koerant-verslaggewers en die land tot in sy skoene.

Laat hulle weer dink waarmee hulle mee besig is.

E Naude ·

Kyk weer mooi na die foto hierbo. As dit rassisme is, wat maak die staande swart seun wat duidelik een van die boelies is,daar? Huh?

Nico ·

Vic,
Ek sien op Netwerk24 Adriaan Basson en Beeld se verslaggewers praat van ‘n massiewe Jan-Kempdorp scoop. Genade! Hulle noem dit ‘n scoop! Volgens my is dit ‘n massiewe tragedie.

Lees ‘n mens die kind hier bo se skrywe, is dit duidelik waarom dit gaan, maar dat baie van hulle in die verlede reeds deur sodanige doop is. Ook kom dit al jare met die kinders saam.

Ek sien ook jy vat die kind oor sy spelling aan. Ek dink daar steek baie, baie meer daaragter as net die spelling. Ons wat hier kommentaar lewer sien dalk nie die dieper prentjie nie.

Hierdie is nie ‘n uitsonderlike geval nie, dit kan ek julle verseker, die kinders het dit gedoen ook omdat dit aan hulle, of aan van hulle in die verlede gedoen was. Dit kom uit die geskiedenis uit.

Ook wil ek my verstout om te sê dat dit verseker nie die enigste skool is waar sulke ontgroeningspraktyke plaasvind nie.

Ek dink eerder al daardie kinders moet hulp kry, nie net die ontvanger nie, almal het letsels uit die verlede. Ek glo in ons land sit daar ook grootmense met letsels uit die verlede as gevolg van sodanige praktyke, maar moes hulle dit self verwerk.

Ek wonder of die joernaliste, rubriekskrywers en soortgelyke kommentators dit sal raak sien.

Vic ·

Nico, dit is duidelik van die kind se skrywe dat dit n jarelange ding is. En dat hulle vertel word net die “swakkelinge” kan dit nie vat nie. En dat daar druk op hulle geplaas word om stil te bly. En ek is seker dit vind by verskeie ander skole ook plaas. Maar of die skuldiges hulp nodig het of nie, hulle moet gestraf word. Want wat gedoen is oorskrei alle reels van n ordelike samelewing en menslikheid. As hulle nie gestraf word nie, kan enigeen wat n kriminele daad pleeg wegkom deur een of ander snikstorie uit sy kinderdae as rede vir sy wandaad aan te voer.
My opmerking oor die swak spelling is n toevalligheid, en het in werklikheid niks te doen met die saak nie.

piet ·

Dit was nou so onnodig,,sien hulle praat op tv van verkragting.dink nie hulle ken die definisie van verkragting nie,,,,,kan hulle nie skeerroom n ander kleur as wit maak nie,,,,want lyk my dit is as rasisties afgem aak omdat hy nou wit gesmeer is daarmee

Swanna ·

Dit is ironies wanneer wittes betrokke is word dit as rassisties beskou en ten hemele geskreeu.
Soos E Nuade verwys, kyk na die foto want dit is een van die bewysstukke wat in gedien is. Sy eie broer staan lewens groot amper in sy Adam gewaad en toekyk en nogals voor in die ry. Ek praat nie die daad goed nie, maar sè dat almal wat in daardie kamer was moet gestraf word. Of jy nou wit of swart is en jy was daar is jy deel van die storie. Die seun wat gebieg het en jammer van die spelling, dit vat baie om dit te doen, en as ek reg gelees het het die “seun” het hy hom self seksueel gesodomiseer. Is hierdie saak eers by die Skoolhoof aangemeld of direk met sy ouers en dan het dit ook in ‘n wit skool plaas gevind want die skool bestaan nog van die APARTHEIDS dae af en die onderwysers is wit en meeste van die seuns in die skool is seker ook wit. Dit is tyd dat die verslaggewers ophou om rassisme altyd in die prentjie te gooi om sensasie om te blaas om so hulle storie op die voorblad te kry want wanneer ‘n plaas moord plaasvind word daar nie genoem dat die persone swart is wat die wittes aan val of vermoor word nie. Nee dit word verbloem. Nee wat skeer almal oor dieselfde kaam. Maar daar is mos twee stelle reëls in ons land waarmee getutig word.

Nico ·

Lees my skrywe net voor joune, Ek glo dit kom uit die geskiedenis. Hierdie is nie net sommer iets wat nou gebeur het nie. Dit is nie so simplisties nie.

En nee, die koerante besef nou dit is nie rasisme nie. Buiten Zuma en Ray McCauley.

Pierre Celliers ·

Hierdie is walglik en ‘n bloemin’ skande !!
stuur die gemors tronk toe!!

Andries Erwee ·

Daar is goeie argumente uit te maak waarom die voorval rassisties was of dalk nie was nie. Waarom dit ontgroening was of dalk nie was nie. let bv oppdat ‘n 14 jarige seun aangkla is, saam met ouer kinders. Watter naam ons dit gee is nie belangrik nie. Rassisme en ontgroening (soos hier toegepas) en karaktermoord is alles presies dieselfde. Rondom daardie bed was waarskynlik outjies wat gevoel het die “bastertjie” moet op sy plek gesit word(rassisme), ander het dalk gevoel vir ‘n nuwe ou is hy te verwaand (ontgroening. Almal ontken sy reg om te wees, soos wat God hom geskape het. Almal misbruik sy swakhede en probeer hul eie gebreke agter sy gebreke wegsteek. Wat die ewe verwerplike plaasmoorde met die saak te doen het, verstaan ek glad nie. Dankie jongman wat kommentaar gelewer het en ons ingelig het oor wat jy beleef. Al spel jy hoe en al is jy hoe verkeerd, dit is die regte begin om iewers met iemand te begin gesels. Jou denke is egter baie besoedel (verkeerd). Geen regdenkende mens sal saam met jou kan stem nie. Mooiloop ou groote.

Marietjie van Staden ·

Raad teen bloedklonte tydens vlugte – neem so twee dae voor die tyd en so twee dae na die tyd ‘n Asperien of Disprin. Dit help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.