Vier Transnet-hoës geskors

Argieffoto

Transnet het Vrydagmiddag aangekondig het hy vier lede van sy uitvoerende komitee met onmiddellike effek geskors.

“Transnet is ʼn sakebedryf in oorgang,” sê die maatskappy in ʼn verklaring. “Die hoofdoel is om vertroue te herstel en ons mandaat uit te voer. Ons moet daarom herbesin om ons korporatiewe bestuur te verbeter en leierskap daar te stel wat gelei word deur beginsels van integriteit en verantwoordbaarheid.”

Luidens die verklaring behels hierdie oorgang ook “om moeilike besluite te neem om die vertroue in Transnet te herstel”. Dit is daarom dat die vier uitvoerende komiteelede geskors is.

Nonkululeko Sishi (hoof van menslike hulpbronne), Mlamuli Buthelezi (hoofbedryfsbeampte), Ravi Nair (hoof van vragvervoer), en Shulami Qalinge (hoof van Transnet se nasionale haweowerheid) is almal geskors.

Volgens Transnet kan die vier se voortgesette teenwoordigheid in die werkplek moontlik inmeng met ondersoeke na beweerde wangedrag. “Gegewe die poste wat hulle beklee is dit amper onmoontlik om die bewerings te ondersoek terwyl hulle by die werk is. Dit is in belang van Transnet dat hulle geskors word met volle betaling en volle voordele.”

Die maatskappy sê hy het al sy werknemers aangemoedig om saam te werk om Transnet weer ʼn suksesvolle instansie te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Reg-Stelende Aksie op sy Beste! Skors, Mors, wat ‘n Gemors!

Peter Holmes ·

So hulle gaan nou 5 jaar by die huis le en niks doen. Met volle betaling en voordele !!!!Dan loop die saak net dood.

Schalk ·

Wanneer gaan SA wakker word.Noem dit .regstellend miskien moet die aanstellers van sulke …. n slag in die hof staan.Nie die perspne wzt aangestel is nie maar die wat hul aangestel het.Maak die lys van aanstellers bekend dis die wortel van alle kwaad en hulle wat reels neerle vir aanstellings.Solank jy mense op kldur en nie bevoegdheid aanstel sal korrupsie voort duur.Die rdgering het in 25 jaar nog nie geleer nie en die kiesers korps ook nie.Stel slag chinese aan hulle is ook voorheen benadeeldes .wat van japanners of zimbabwers of ugandeze terwyl ons hele nasie gebuk gaan onder kleur aanstellings..Stel aan solank hul onbevoeg en n geskiedenis het….Dit se politieke mense is die oplossing.Glo hulle hul weet beter.Enige een wzt n politikus glo is onnosel.NBoom word aan sy vrugte geken.Ek sien geen departement wat goeie vrugte dra nie.Tot die weermag is n fiasko.

Schalk ·

Geskors hulle moes nie aangestel gewees het nie.Die aanstellers is leke en onbevoeg onthef hulle want aanstellers kos ons.Niks met kleur te doen.Totale onbevoegdheid.

Cor ·

Om dit Weer n suksesvolle instansie te maak, waar het ons daai woorde al gehoor, SAL, Eskom,m en vele ander en daar het niks van gekom nie. Hoekom sal dit nou anders wees. Nuwe bestuur , nuwe raad, nuwe hoofde en geen een van die vorige kaders word vervolg nie. Dit is nou weer tyd vir nuwe kaders om hulle wag beurt opteneem

Andre* ·

Nie meer .. lank nie meer die instansie vir wie ek 20 jaar gelede voor gewerk het nie. Te veel dinge het intussen gebeur. Ek sal die verwikkelinge nou beslis dophou.

André ·

Vra ek ook. Ek nou na 38 jaar by hulle bedank, het alle vertroue in hulle verloor. Wou so graag my volle tydperk by hulle werk, maar het nie meer langer kans gesien nie. Geen bevordering, erkenning, voordele word net weggeneem ens.

John ·

Dit is belang van Transnet dat hulle al hul voordele en goue handdrukkies behou. Geen vervolgings nie… want hier is nog van hulle soort en netnou praat hulle uit. Maar die ou afgetrede werkers kan maar krepeer… Al waarvoor die spoorweè daar is, is om ons grondstowwe na die uitvoerhawens te neem… en natuurlik om koperkabels aan te lè vir die uitlanders om dit te kom afhaal… en per pad na hul tuislande te karwei…

Wielspore ·

Beslis ‘n stap in die regte rigting, ons spoor netwerk sisteem moet weer aan die gang kom sodat swaar voertuie op die paaie verminder. Spoorvervoer van steenkool behoort verpligtend te wees.
Die sukses van die skorsing gaan oor die tydperk wat die ondersoek afgehandel word en implimentering daarvan.

HPV ·

Die afgelope jare is by verskeie instansies letterlik honderde mense met volle betaling en voordele vir maande selfs jare geskors. Is soveel as een van hulle strafregtelik aangekla en vervolg? Nie waarvan ek bewus is nie. Hierdie is niks anders as ‘n wettige manier van plunder nie.

Arie ·

Ek wil ook geskors word, lekker verlof terwyl jy betaal word

Boerboel ·

Die land is reeds op sy kniee, Bossa, Transnet, SAL, Korupsie, misdaad en Guptas. Geen Belegersvertroue, Eskom, Dit lyk nie goed nie, ANC het alles afbreek vir gierigheid, Wat gaan hulle oor he om verder aftebreek. Wat bly vir ons oor?

koos ·

Dit ly my nou is die nuwe trent met ons regering. Skors die hoës, dank die klein vissies af, en vertel dan vir die parlement daar is op getree. Laat die stof gaan lê en plaas die hoës uit na ander poste.

jan ·

Geskors,geskors met vol pay, ba man hulle moet weggejae word,

Wilma ·

Weer suksesvol. Nee wat droom maar lekker voort. Sukses vi hulle is vir ewig verlore . Hoekom erken hul dit nie maar ni

ne ·

Hulle het klaar die sakke vol gestop. Nou skrik die anc wakker. Kry mense wat kan en wil werk, nie volgens kleur nie.

Cherokee ·

Ek lees heel dikwels van werknemers wat met volle betaling en voordele geskors is, maar nooit indien ooit van opvolg daarvan. Ek onthou van ‘n dronk landdros wat met volle voordele en volle salaris geskors is omdat hy besope in ‘n witman se huis vas gery het, en hy het dronk van voordele met pensioen gegaan terwyl hy steeds geskors was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.