Vier tronk toe oor hond se wrede dood

'n Skermskoot van die selfoonvideo wat aan die NDBV gestuur is.

‘n Skermskoot van die selfoonvideo wat aan die NDBV gestuur is.

Vier mans is Maandag tot tronkstraf gevonnis nadat hulle aan dieremishandeling skuldig bevind is.

Khutso Kopanye, Reginald Khoza, Neo Dichabe en Reabetswe Sikhala is tot tussen tien en 16 maande tronkstraf opgelê. Hul vonnisse is met die helfte opgeskort.

Die vier is in Februarie van dieremishandeling aangekla nadat ʼn selfoonvideo aan die lig gekom het van twee honde wat baklei. Een van die honde was vasgeketting met sy bek toegeplak met kleefband.

Nadia Hansa, woordvoerder vir die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV), het gesê die voorval het in Desember 2013 plaasgevind. In die video kan gesien word hoe ʼn uitgeteerde, bebloede hond herhaaldelik deur ʼn ander hond aangeval word.

Volgens Hansa moes hulle uit die beeldmateriaal probeer vasstel waar die voorval plaasgevind het. Dit het toe geblyk dit was by ʼn huis in Atteridgeville, wes van Pretoria.

Die vier beskuldiges het die hond aan ʼn ketting vasgebind, haar mond styf toegeplek met kleefband en haar as lokaas gebruik om ander honde vir hondegevegte op te lei. Toe die hond so erg beseer is dat sy nie verder gebruik kon word vir die “opleiding” nie, het hulle ʼn ander hond haar laat doodbyt.

Volgens Hansa is die ander agt honde wat by die huis gevind is, verwyder en is in die sorg van die NBDV.

Wendy Willson, ʼn inspekteur by die NDBV, het gesê die hond is vir soveel as ses gevegte gebruik in ʼn tydperk van drie dae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

apie ·

Skokkend! Diere het ook regte. Hierdie kaders moes tussen 10 en 16 jaar tronkstraf gekry het

Jeanette Marx ·

Ek stem saam dat hulle meer jare moes kry maar ja soos dit gaan weet nie een van ons of hulle werklik in trunk sal deurbring nie. Vandag se hulle so maar more is hulle uit want als wat verkeerd is is erg in die oe van gereg.

Pieter Streicher ·

Dit is skokkend dat die strafe so lig is. Die 4 moes vir lewenslank tronk toe gaan. As hulle uit kom gaan hulle dit net weer doen. Dit is absolutely barbaric

diere liefhebber ·

Wens die oortreeders se straf was langer tronk straf !!!!! Daardie arme hulpelose hond kon haarself nie eers verdedig nie. Ek het nie tyd vir mense wat diere so behandel nie. ?

celeste ·

sit daai mens in kettings en plak hulle monde toe en gooi hulle vir die leeus. dis vieslik!!!!!!!

Wat-ek-lees ·

Té ligte vonnisse waarvan die helfte nog opgeskort ook is.
Maak ‘n voorbeeld van hulle deur . . . (gesensor).

KarooKlong ·

Ek het besluit om doodstil te bly, net om vervolging te vermy

Sunell Smith ·

Jammer dat mense wat kinders en diere mishandel altyd ligte straf kry hulle moet dood straf kry en vir die publiek gegee word om die straf uit te deel.

Laurika ·

Ek voel dat as jy ‘n onskuldige dier kan seermaak, jy in staat tot moord op ‘n mens is. Siek ek sê jou, siek. Wens ek kon myself beter uitdruk, maar dan word my kommentaar verwyder vir seker en stap ek dieselfde pad as Penny Sparrow.

ANRE ·

AG NEE. Ek is skoon naar nadat ek die berig gelees het. En dis iemand se kinders of bure – mense wat daagliks in ons samelewing beweeg wat tot sulke goed in staat is! Dis absoluut skokkend.

Ben ·

Ek bly liewers stil, maar julle kan raai wat ek regtig wil sê!

Irene ·

Hoe wreed kan hulle nie wees nie miskien kan tronk lekker vir hulle wees

Theresa ·

Ek vermoed ook dat die tronklewe ‘n fees gaan wees vir hierdie skuim van die aarde. Die getjank moes tog altyd gehoor kon word? waarom het die bure net stil gebly?? Daar is soveel woorde om hierdie tipe te beskryf. Gee ‘n lys wat ons mag gebruik, sodat ons weet hoe ons deesdae beperk word om ons gevoelens te weergee.

Anne ·

jo-jo Dit is afgryslik wat hulle met die arme hond doen. I hope they get their match in jail.

johan ·

ek beweeg baie rond en het al jong mense Sondag aande gesien met die veg honde die hele Elandspoort en Danville omgewing ,miskien moet die SPCA ook daar rond beweeg, almal wat dit doen en kyk moet vir my pard in die tronk doodgaan so lank moet hulle sit

humor ·

Knapie jy het nie n goeie beeld van mense wat honde oplei nie. Jy kan hulle nie gelyk stel met hierdie siellose wreedaards nie. Mense wat honde oplei is diereliefhebbers en het die vermoe om diere beter te verstaan.

Maggie van Zyl ·

Humor…. verkeerde naam. Kan jy nie tussen die lyne lees nie…? “Knapie” is sarkasties…, dit is net ‘n grappie wat hy maak.

marlene ·

Dis verskriklik….mens doen dit dit nie aan diere nie..diere het ook regte…hoop hulle vrot in die tronk..en kry wat hulle verdien.

Asjas ·

Hierdie mense se name en gesigte sowel as hul dorpe moet bekend gemaak word sodat mense soos ons wat hierdie gedrag afkeur nie vir hulle werk gee of ooit enige goedheid teenoor hulle toon nie!! Deel van hulle straf moet ook wees dat hulle nooit weer enige dier van watter aard, nie eers ‘n goud vissie mag aanhou nie en as hulle doen moet hulle sumier tronk toe gaan vir langer!!!

Anne-Marie ·

Ons moet weer wette ingestel kry soos jy moet gestraf word soos jy gemoor het. Dit wat jy aan ander gedoen het moet aan jou gedoen word !!!!

I'm ·

Ek dink dis pateties hkm maak hulle nie hulle self vas en gebruik hul self as lokaas. Sies man skaam julle ……

Lee ·

Die arme hond. Net jammer die straf is nie groot genoeg nie maar darem beter as niks. Ek haat mense wat met hondegevegte te doen het hulle is laer as skuim!!!! Party mense moet gladnie diere hê nie en daar moet strenger wette in SA wees as om net ‘n dier te kry. Rus in Vrede arme hondjie en ek hoop hulle bars in die tronk…….

Louise ·

Skokkend. Straf is hopeloos te lig. Hoop hulle kry baie swaar in die trok.

tambotie ·

Ek dink die magistraat/landdros behoort ook gestraf te word vir die effense vonnisse! Boetes behoort gehef te word wat die volle koste van die DBV vir al hul uitgawes vir die saak dek X 4, en natuurlik behoort elke oortreder die volle prys te betaal = gepaste straf. Die helfte van die boete geld moet dan as skade vergoeding aan DBV betaal word, en die staat die ander.
Hulle het moes geld gemaak met die honde gevegte en natuurlik ook die “bait” honde by ander mense gesteel.

M ·

Ek is seker daar is n baie spesiale plek in die hel vir mense wat diere mishandel….. Dis moeilik om NIE sulke mense te haat nie

R ·

Die straf vir diere mishandeling is te lig. Mense kom weg met moord want diere kan nie vir hulle self opstaan nie. Hierdie mense moes vasgemaak geword het hulle monde moes ook vas geplak geword het en deur die wild tuin getrek word waar wilde diere aan hulle hap.

Eliza-beth ·

Kon nie eintlik berig regtig lees want ek word SO kwaad en hartseer en naar. HOE noem jy jouself ‘n mens om so iets te doen EN dan af te neem en rond te stuur. Hoe walglik is sommige “mense”

Inge ·

MF! Gooi hulle lewend in ‘n kis en begrawe dit, met ‘n pypie wat afly vir suurstof. Na 4/6 dae, gooi ‘n klomp “fire ants” in die pyp af :-)

Mel ·

MENS – Jy het geen idee waarvan jy praat nie. Dis nie ‘n geval van dier wat op dieselfde vlak as mens beskou word nie…eerder die mens sal nooit op dieselfde vlak as ‘n weeelose dier beskou kan word nie. Diere maak mense nie aan kettings vas en laat hulle doodgebyt word nie. Diere vermoor en rand mekaar nie aan soos mense nie. Die mens is beslis ‘n teleurstelling as “kroon” van God se skepping.

monz ·

Ek stem saam Mel, die “mens” karakter het nie n idee waarvan hulle praat nie. Is seker ook die tiepe wat die grusame dade aan n dier sal doen, aangesien “n dier nie regte het nie”. Ek glo elke lewende ding het regte, hoekom nie?! Hoekom moet die mens altyd so bleddy “entitled” voel, as dit juis ons is wat alles opneuk wat God gemaak het.

Verstom... ·

Ek staan elke dag meer en meer verstom… Hoe sielsiek en wreedaardig!!!

hartseer ·

My hart is so seer oor die storie. Jy kry rerig siek mense in die wereld. Shame die arme hond moes gely het. Dis so nie reg nie.

lizaan ·

Sies!!!! Nee man wat gaan aan hoop liewe Jesus straf hulle my hart is nou sommer bitter seer :'(

Herlien ·

Ons regsisteem vaal die arme diere. Diere moet met meer respek en liefde hanteer word. Eendag sal die wrede mense verseker moet rekenskap eis van hul rentmeesterskap maar, ek wens net sulke mense kon terwyl hulle lewe erger gestraf word vir hul verskriklike dade.

Rooikop ·

MOORDENAARS!!!!

Dalk moet dieselfde met hulle gedoen word….plak hulle monde toe en bind hulle vas terwyl ‘n paar hulle aanrand…..dan kyk ons hoe hulle na ‘n paar “gevegte – opleiding” lyk….

dis ‘n skande sies man!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.