Vier mense is Saterdagaand in ʼn ongeluk in Delportshoop in die Noord-Kaap dood nadat hulle van ʼn troue af gekom het.
“Die voertuig het die pad verlaat en gerol,” het ao Mick Mocwane, woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, Sondag gesê. “Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag en dronkbestuur. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”
Altesaam 15 mense het glo in die dubbelkajuitbakkie gery toe hulle van ʼn troue af op pad was huis toe. Sommige van die passasiers het agterop die bakkie gesit.
“Vier mense, insluitend ʼn eenjarige kind, is op slag dood,” het Mocwane gesê. Die bestuurder en 10 ander passasiers is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling. -SAPA
Ja, weer lekker oorlaai.