Vier mans, ʼn motoris en drie veiligheidswagte is Woensdagoggend beseer tydens ʼn mislukte transitorooftog op die N4-snelweg naby Brits in Noordwes.
Kol. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 04:30 plaasgevind.
“ʼn Onbekende getal verdagtes het vanuit ʼn voertuig op twee voertuie van Fidelity Security losgebrand en hulle tot stilstand gedwing,” het Mokgwabone gesê. “Die wagte het vermoedelik teruggeskiet, maar drie van hulle is in die proses gewond. ʼn Motoris wat verby die toneel gery het, is in die kruisvuur gewond.”
Die verdagtes het glo een van die voertuie aan die brand gesteek. Hulle het egter met leë hande van die toneel gevlug.
Paramedici van Netcare 911 en die Hartbeespoort-noodreddingseenheid het die beseerdes op die toneel behandel en gestabiliseer. Een van die mans is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem vir verdere behandeling. Die ander is met ambulanse na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.
Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en poging tot roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Jong buitelanders se werk het toegang na sa
Transito roof was stil vir n rukkie, nou steek dit weer kop uit, hulle sal moet vinnig werk om die sindikaat plat te trek… anders gaan onskuldige mense sterf…
Ekhet gewonder of dit nie dalk sou help as hierdie ouens wat soveel geld namens banke en ander instansies vervoer, glad nie op hul voertuuie aandui wat hulle doen nie. Met ander woorde daar moenie enigiets staan watg aandui wat in die voertuig vervoer word nie, die voertuie moet heeltemal doodgewoon wees en ongemerk wees, sonder enige advertensies op. Dan sal die rowers nie so máklik weet waar hulle die geld in die hande kan kry nie.
Dit kan werk dat hul ongemerkte voertuie gebruik. Maar moet nie uit die oog verloor dat daar baie mense in die firma werk nie. My broer het roete verander en is nogsteeds in n rooftog oorlede.
Wie het geweet dat hulle daardie tyd van die oggend geld vervoer ?
Waarom nie meer van helikopters gebruik maak ?
Maar in ieder geval, dankie Zuma vir ‘n onregeerbare land soos jul dit wil hê.
Daar is n verkiesing aan die kom en party mense het geld nodig daarvoor.Dit was dieselfde tendens met die vorige verkiesing