Vier mense is in ’n plaasaanval in Balfour, Mpumalanga vermoor.
Brigadier Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat vier mense, twee vroue en twee mans, dood is. Volgens hom is die oorledenes almal volwassenes. Op sosiale media word daar egter beweer dit is ‘n egpaar en hul twee kinders wat vermoor is.
Volgens Hlathi is ʼn 9 mm-pistool en ʼn voertuig gesteel na die moorde. Die polisie is tans op die toneel.
Meer inligting volg.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
104 Kommentare
Waar’s die internationale media , hoekom word die plaas moorde nie ook elke slag hoof nuus nie?Hierdie slagting is so verkeerd en word duidelik geignoreer .
Ja nee niks op die nuus….. ons word net vermoor en niks is op die nuus….
Genade. Dis nou al amper daagliks wat hierdie aanvalle plaasvind! Dis ‘n slagting.
Ek hoop werklik nie dis nog Witmense wat vermoor is nie, want dan kan ons begin aanvaar dat daar reeds met die uitwissing vd blanke begin is……ek wil liewer nie nou verder kommentaar hieroor lewer nie.
As die getalle deur die aantal dae gedeel word is dit dalk meer as 1 p.d. As ek my opinie lug oor ons nuuskanale se inhoud kan ek dalk in die tronk beland.