Vier werknemers van die Passasierspooragentskap (Prasa) is Maandag in die vroeë oggendure in ’n motorongeluk op die N1-snelweg naby Ventersburg in die Vrystaat oorlede.
Nog vier werknemers is gedurende die voorval beseer en word tans in die hospitaal behandel.
Sonja Carstens, woordvoerder van die United National Transport Union (Untu), sê die agt werknemers, almal lede van Untu, het Vrydag per trein vanaf Johannesburg na Port Elizabeth gereis.
Die trein waarmee hulle Maandag na Johannesburg moes terugkeer, is egter gekanselleer waarna hulle die pad met ’n Prasa-kombi aangedurf het.
Steve Harris, algemene sekretaris van Untu, sê ’n band van die kombi het omstreeks 04:00 vermoedelik gebars waarna die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het.
Die oorledenes het vir die hooflyn-passasiersdiens MLPS, wat die Shosholoza Meyl bedryf, gewerk.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
En daar veroorsaak die onbevoegdheid van die lyn waarin hulle werk – spoorvervoer (PRASA) – 4 van sy eie mense se dood. As die trein nie gekanselleer was nie het hulle heel waarskynlik vandag nog gelewe.
Presies. Reels en regulasies, reg en verkeerd hang nie af van wie die persoon is nie… Dit moet geld vir almal, ongeag wie of wat jy dink jy is! Maak mens naar