Vier van SA vas oor internasionale kinderporno-ring

Argieffoto

Argieffoto

Spesialisspeurders van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het Woensdag vier mense in hegtenis geneem in verband met die besit en verspreiding van kinderpornografie.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê drie van die verdagtes is in Hercules, Pretoria, in hegtenis geneem terwyl die ander verdagte in Kaapstad vasgetrek is. Volgens Naidoo is die Kaapse verdagte, ʼn 47-jarige makelaar, tans in aanhouding by die Vishoek-polisiestasie. Hy sal na verwagting Donderdag in die Simonstad-landdroshof verskyn.

Die verdagtes van Pretoria, twee mans en ʼn vrou tussen 41 en 56 jaar, het Woensdag al in die Pretoriase landdroshof verskyn. Die saak is tot Vrydag uitgestel wanneer hulle na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Volgens Naidoo is die verdagte se vermeende betrokkenheid by kinderpornografie deur die owerheid in Antwerpen, België, onder die Suid-Afrikaanse polisie se aandag gebring. Dit het gevolg nadat die Belgiese owerheid een van hul burgers in hegtenis geneem het vir die vervaardiging en besit van kinderpornografie. Die verdagte het glo 219 kontakte in sy gebruikerrekeninge gehad.

Die verdagte is reeds in Oktober 2014 in hegtenis geneem en die ondersoek deur die Belgiese owerheid het hulle in die rigting van Suid-Afrika gestuur. Die polisie het tydens die inhegtenisnemings in Pretoria en Kaapstad op ses selfone, vier rekenaars, ʼn skootrekenaar en drie geheuestokkies beslag gelê.

Naidoo het gesê hulle verwag om nog mense in die nabye toekoms in hegtenis te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Karla ·

Verwyder die sleg gemors vir altyd uit die samelewing weg van onskuldige kindertjies…

Katriena ·

Straf hulle swaar. Regters moet wakker skrik. Hou op om die gemors met sulke ligte strawwe te làat wegkom. Lewenslank behoort die straf te weea

Christie Joubert ·

Mense wat diere en kinders mishandel en misbruik, het nie net n skroef los nie.. Die hele bleddie toolbox is missing!!!! Sluit toe en gee dieselfde straf as die sonde wat hulle gedoen het. Heeldag, elke dag!

Theresa ·

Gee hulle groot asseblief vir my………………………………….!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.