Vier vas ná gewapende roof, moord by diamantmyn

Riaan (Lappies) Labuschagne Foto: Facebook

Riaan (Lappies) Labuschagne Foto: Facebook

Vier verdagtes is Vrydagoggend in hegtenis geneem in verband met die gewapende roof en moord op Riaan (Lappies) Labuschagne.

“Die Valke in die Noord-Kaap in samewerking met die Kimberley-reaksie-eenheid het om 00:20 drie verdagtes in Windsorton in hegtenis geneem,” het lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, in ʼn verklaring gesê. “Een verdagte is in Christiana aangekeer.”

Die verdagtes, tussen 24 en 43 jaar oud, sal Maandag in die landdroshof in Barkly-Wes verskyn op aanklag van moord en gewapende roof.

Labuschagne (29), ʼn assistent-mynbestuurder by DMS, ʼn diamantsorteerfasiliteit naby Holpan-myn, is op 27 Februarie dood aangetref. Hy is twee keer geskiet.

Drie mans het glo by die perseel ingebreek om ru-diamante te steel wat gewoonlik in ʼn kluis op die perseel aangehou word. Die fasiliteit sorteer ru-diamante van verskeie myne in die omgewing.

Geen diamante is glo as gesteel aangemeld nie.

Labuschagne laat sy vrou, Jolanda, en hul 14 maande oue seun, Jaden, agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Schalk ·

Ek probeer nou al hoe lank kommentaar lewer sonder sukses. hoe sal ek ooit weet dat julle ernstig is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.