Vier vas ná goudklont-onderhandeling by Carnival-sentrum

Die goudklonte waarop daar beslag gelê is. Foto: Verskaf.

Vier mans is vandeesweek by die Carnival-winkelsentrum in Brakpan vasgetrek tydens ’n ruiltransaksie met goudklonte.

Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), het gesê die EMPD se eenheid vir gemeenskapskakeling, die Ekurhuleni-Oos-polisiëringsgebied se eenheid vir misdaadvoorkoming en die Gautengse eenheid vir misdaadintelligensie het ʼn leidraad ontvang van ʼn transaksie wat in die parkeerterrein van die Carnival-winkelsentrum sou plaasvind.

Dié transaksie sou glo goudklonte insluit.

“Aangesien die wetstoepassers ’n beskrywing gehad het van die mense en voertuie vermoedelik betrokke by die voorval, kon die beamptes daarin slaag om vier verdagtes vas te trek en beslag te lê op goudklonte met ’n geraamde waarde van R300 000,” het Kgasago gesê.

Volgens Kgasago het die beamptes gesien hoe twee mans iets in ’n sak vir twee ander mans, glo die kopers, gewys het.

Die beamptes het hulle genader en die goudklonte in hul besit gevind.

Volgens Kgasago is daar ook onverwerkte goudgrond in een van die vermeende verkopers se kattebak aangetref.

Die twee verdagtes in wie se besit die goudklonte gevind is, ʼn burger van Uganda (47) en een van Zimbabwe (39), asook die twee plaaslike mans, onderskeidelik 34 en 45 jaar oud, is na die Brakpan-polisiestasie geneem op ’n aanklag van die onwettige besit van ’n waardevolle metaal.

Hulle sal binnekort in die Brakpan-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

John ·

Sal die buitelandse toeriste in SA wat nie misdadige neigings het nie, asseblief opstaan.
Toe nou moenie skaam wees nie….

Carina Thiart ·

Sal my nie verbaas as die 2 van SA om die bos gelei is met kamtige goudklonte nie..Suid Afrikaners word elke dag in Zambie daarmee geflous…hulle verkoop dit in klein korrels …maar dit is nie goud nie,

Netso ·

John! Hulle gaan sit weer op ñ stadium! Die buiteland het hulle eie probleme! Vir hulle is dit die probleem van die oomblik! Gaan jy die opsitkêrs brand tot jy klaar gekuier het voor jy by die volgende plaas kom! Buiteland is nie SA se “lifesavers” nie!

Dafer ·

Pla my al baie jare hierdie ding. Hoekom is die besit van onverwerkde goud en diamante onwettig? Die polisie is NIE deel van die sekuriteit van die mense wat goud en diamante produseer NIE! Hulle het baie ander regte misdade om aan te werk!

Vra ek ook. ·

Vandat goud nie meer as maatstaf vir ‘n land se rykdom gebruik word nie, het dit eintlik slegs waarde vir die industrie. Diamante daarenteen het slegs ‘n effek op De Beers se inkomste. Niks wat die Polisie nodig het om tussenbeide te tree nie. Mis ek iets?

Destarte ·

Dafer, ek sou reken dit is net sodat die gekonfiskeerde items later ongemerk uit die polisikantoor kan verdwyn vir sy maatjies gegee…as ek goud of diamante op my grond (wat ek gekoop het en betaal) kry, is dit myne.

Boerin ·

Hulle stel hul lewens in gevaar om die goud uit te haal. Hulle moor niemand uit nie, hulle werk hard daarvoor. Ek weet dit is n misdaad, maar die belastingbetaler betaal om Oppenheimer se goed te beskerm. Wend die geld aan om plaasmoorde te keer

Sarie ·

Die winkelsentrum se naam is mall@carnival nie Carnival sentrum nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.