Vier vas ná hoëspoedjaagtog deur JHB

rowersVier vermeende rowers verskyn Donderdag in die Alexandra-landdroshof nadat hulle, ná ʼn wilde hoëspoedjaagtog deur Johannesburg se noordelike voorstede, in hegtenis geneem is.

Drie van die vier verdagtes is reeds op borgtog vrygelaat. Hulle is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met aanklagte van gewapende roof, huisbraak, kaping en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, het gesê die polisie probeer bepaal of die verdagtes aan ʼn reeks misdade in die gebied verbind kan word. Die misdade volg dieselfde patroon waar inwoners van winkelsentrums na hul huise agtervolg word, en dan deur gewapende, gemaskerde rowers van hul kontant en juwele beroof word.

“Die Sandton-polisie het ʼn verdagte swart Peugeot in die gebied gesien en wou die voertuig van die pad aftrek en deursoek,” het Dlamini gesê. “Die voertuig het weggejaag en die polisie het hulle agternagesit.”

Die polisie het die voertuig van die Rivonia-afrit op die N1-snelweg tot by die Greenstone-winkelsentrum in Greenstone Hill agtervolg. Die verdagtes is uiteindelik hier aangekeer. “Die polisie het beslag gelê op vier ongelisensieerde vuurwapens en vier ski-maskers.”

Dlamini het gesê die polisie gaan die verdagtes se borgtogaansoek teenstaan, aangesien hulle al voorheen in hegtenis geneem is en moontlik aan ander sake verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dave ·

Die eerste paragraaf sê dat 3 van die 4 reeds uit is op borg.
Die berig sluit af deur te sê dat die polisie hul borgaansoek gaan teenstaan.
Intussen wonder ek waarom ‘n magistraat hulle op borg laat gaan na wat hier vertel word.

renier ·

Dit wys net vir n mens dat als wat jy dun vandag gaan oor geld ek meen kom aan hule dun al daai gud en betaal seke ni eers R2000 byl ni en kom los net so lat hule dit weer kan dun want daai R2000 maak hule om di volgende hoek ons land soek net geld

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.