Vier vas ná hulle op plaas toeslaan

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Die polisie in Delmas in Mpumalanga het vier verdagtes in hegtenis geneem in verband met ʼn voorval waartydens plaasbewoners die afgelope naweek met ʼn wapen aangehou en beroof is.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep van vyf verdagtes het glo Sondag (26 November) omstreeks 20:00 op die plaas toegeslaan.

Die verdagtes het ses plaasbewoners met ʼn wapen aangehou en hulle beroof van selfone, kontant en kruideniersware.

“Die polisie het onmiddellik ʼn saak van huisroof geopen waarna hulle ʼn soektog na die verdagtes van stapel gestuur het. Vier van hulle is Woensdag in hegtenis geneem met sommige van die gesteelde goedere steeds in hul besit,” het Bhembe gesê.

Die vier verdagtes is tussen die ouderdom van 27 en 39. Hulle sal Woensdag in die landdroshof in Delmas verskyn.

Bhembe het gesê die polisie is steeds onverpoosd op soek na die vyfde verdagte, en sal alles moontlik doen om die skuldiges aan die pen te laat ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Oud boervrou ·

Mooi SAPD. Vang die ander een ook. Amper was hierdie weer ‘n plaasmoord?

Leahim ·

Hoekom is dit huisroof en nie gewapende roof nie is dit om die misdaadstatistieke te manipuleer of die ou storie van onbevoegdheid?

Willie ·

Mooi SAPD. Vind asb uit, wie stook hulle op… wat is die modus operandi …

Johnnie ·

Waarom kan die SAPD nie altyd so vinnig optree nie, waarom altyd n gesloer met ondersoeke.

Marietjie ·

Want Johnny, dit is plaasbewoners wat deur geloop het, nie die plaasboer nie. As dit die boer was sou geen haan weer hieroor gekraai het nie.

Alida ·

Veer in die hoed vir die SAPD. Vind uit wie sit daaragter asb.

Leahim ·

Dit is verstommend die publiek is so gewoond aan die swak diens van die polisie waneer hulle hulle werk doen soos dit elke dag gedoen moet word hulle geprys asof hulle iets verskriklik goed gedoen het ..
Ok net in SA???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.