Vier vas ná LUR se lyfwag gekaap is

Argieffoto

Die polisie in Gauteng het vier verdagtes in hegtenis geneem wat verbind word met die voorval waartydens die lyfwag van ʼn Gautengse LUR Saterdag in Johannesburg gekaap is.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes is Maandagoggend vroeg in Eldoradopark in hegtenis geneem. Die vier mans was glo in besit van die gekaapte Mercedes Benz ML 500, ʼn vuurwapen wat glo dié van die lyfwag is en ʼn tweede onwettige vuurwapen.

“Die verdagtes sal aangekla word van kaping, ontvoering en die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie. Hulle sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn,” sê hy.

Maroela Media het vroeër berig Faith Mazibuko, LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning, se lyfwag, glo ʼn polisiesersant, is in die Johannesburgse sakesentrum gekaap terwyl hy in die ampsmotor op haar gewag het.

Daar word beweer drie gewapende mans het die lyfwag oorval, vuurwapens op hom gerig en die motor se sleutels geëis. Die kapers het daarna met die lyfwag weggery en hom in Bosmont in die weste van Johannesburg afgelaai. Die wag het nie enige beserings opgedoen nie.

Die voorval kom net twee weke nadat Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, in Midrand gekaap is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

snoefie ·

goed so. hoe hoër die kriminele mik, sea te gouer sal misdadigers soos misdadigers behandel word.

Daan ·

SJOE!! Maar dit was vinnig … So hulle weet hoe en kan misdadigers opgespoor en gevang kry, hulle, die polisie gee hul self weg met die tiepe van werk, want dit laat my die gevoel kry dat hulle doelbewus sekere misdade ignoreer, soos bv. vermoedelik plaas aanvalle en moorde, of kan vermoedelik wees meestal die misdade gepleeg teen wit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.