Vier vas ná moord op bekende boekwinkeleienaar

Johann Ramage. Foto: Facebook

Vier verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Johann Ramage (77), geliefde eienaar van ʼn boekwinkel in Kestell in die Vrystaat.

Ao. Loraine Earle, woordvoerder van die polisie, het gesê twee verdagtes is Donderdagaand in Kestell in hegtenis geneem en die ander twee in Harrismith. “Lede van Kestell se speurdiens en Phuthaditjhaba se misdaadintelligensie het om die beurt gewerk en ook op van die gesteelde goedere beslag gelê.”

Volgens Earle is twee van die verdagtes minderjarig. “Hulle is onderskeidelik 15 en 16 jaar oud terwyl die ander twee verdagtes 20 en 46 jaar oud is. Hulle is almal van die Tlholong-township buite Kestell. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.”

Ramage, eienaar van die Retief-boekwinkel, se liggaam is Saterdagoggend met verskeie steekwonde en ʼn wond aan sy kop op die vloer van sy huis gevind. Gemeenskapslede het onraad gemerk toe hy nie Saterdag op sy pos was om die koerant te verkoop nie. “Hulle het na hom begin soek en gesien ʼn venster by sy huis is oopgedwing. Hy is dood gevind.”

Ramage het alleen gewoon. Sy roudiens vind Vrydag plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anelle Pretorius ·

Ek was nou by sy roudiens, en is sowaar verheug mense is in hegtenis geneem. Nou hou ons duimvas dat die skuldiges nie oor ‘n week of wat weer op straat loop nie. Oom Johann was ‘n weerlose ou man wat niemand skade aan gedoen het nie.

Andre ·

Minderjariges gaan nie tronk toe nie. Hulle doen die inklim by klein vensters, hoë vensters of klein spasies en sluit dan oop vir die ander.

Lizelda ·

Onderskeidelik 15 en 16? Ek kan nie indink dat SA KAN verbeter nie, nie nou nie, nooit nie. Dis waar wat n sekere eerste wereld land van ons gese het: Hulle stel nie in ons belang nie, ons vernietig ons self. Ek voel baie jammer vd oom wat sy lewe so moes verloor deur bogsnuiters. Sterkte aan sy familie wat nou die stukkies vd lewe moet optel en aangaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.