Vier vas ná moord op boer (85)

(Argieffoto: SAPD)

Vier verdagtes sou na verwagting vandag in die landdroshof in New Hanover in KwaZulu-Natal verskyn nadat hulle oor die naweek in hegtenis geneem is in verband met die onlangse moord op ’n bejaarde boer van die Cramond-distrik.

Bill Theron (85) is op 12 Desember omstreeks 16:20 op sy plaas by Otto’s Bluff aangeval. Theron het gedurende die aanval ’n oop wond aan sy kop opgedoen en is later op die toneel dood verklaar.

Die verdagtes het ná die aanval op die vlug geslaan en was byna ’n week lank soek. Niks is gedurende die aanval uit die plaashuis gesteel nie.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes, almal tussen 32 en 38 jaar oud, is Vrydag in die omgewing van Cramond in hegtenis geneem op aanklag van moord.

’n Mes is gedurende die inhegtenisneming in die verdagtes se besit gevind. Dié wapen is vermoedelik gedurende die aanval op Theron gebruik.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiehoof, het die inhegtenisnemings verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.