Vier vas ná moord op tienerseun  

Argieffoto: SAPD/Facebook

Vier jong verdagtes is in hegtenis geneem vir die moord op ʼn 17-jarige seun wie se liggaam Sondag in die vroeë oggendure op ʼn strand in Port Elizabeth aangetref is.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is teen 04:45 in kennis gestel van ʼn liggaam wat op die Hobie-strand in Summerstrand lê. By polisiebeamptes se aankoms op die toneel het hulle die liggaam van die tienerseun aangetref met ʼn steekwond in sy bors. Die oorledene is later as Curtly Alexander geïdentifiseer.

ʼn Moordondersoek is begin en teen 13:45 is drie tieners van Arcadia in Bethelsdorp in hegtenis geneem. Die vierde verdagte, ook van Arcadia, se ma het hom na die polisiestasie gebring.

Volgens Naidu is die vier verdagtes almal tussen 16 en 18 jaar oud. “Die verdagtes word tans onderskeidelik by Nerina Huis en by die Humewood-polisiestasie aangehou. Die twee 16-jarige verdagtes sal Maandag in die hof verskyn, terwyl die ander twee Dinsdag op ʼn aanklag van moord sal verskyn,” het Naidu gesê.

Sy het gesê nog inhegtenisnemings word binnekort verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Heather Harvey ·

I really wish your articles could be in English as well. I am an English speaking South African and can understand probably 95% of your articles but the “new” words like hijacking, traumatized etc are words that we did not learn when I was at school(don’t think we learnt them in English either!) in the Transvaal many years ago. Your news articles are up to date and informative..keep up the good work. with thanks

LB S ·

Hierdie is een van die min trotse AFRIKAANSE publikasies. Probeer maar News24

Lollie ·

Hoop hulle word baie swaar gestraf want as jy op so jong ouderdom al kan moor of medepligtig wees aan moord dan weet ek nie watse toekoms is daar vir jou in die samelewing nie!

So wrintie waar ·

Vat 5 vir die ma wat haar kind polisie stasie toe gevat het. Die jonges van vandag het mos nie dissipline nie en ouers mag dit mos nie toepas nie. Hoop dit dien as voorbeeld vir baie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.