Vier vas ná Noordwes-plaasaanval

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn boer en sy vrou Dinsdagoggend op ʼn plaas tussen Koster en Derby in Noordwes oorval, aangerand en vasgebind is.

Die teenmisdaadgroep SA Community Crime Watch (SACCW) in Rustenburg het op Facebook die inhegtenisneming bevestig en gesê van die goedere wat tydens die plaasaanval gesteel is, is in die verdagtes se besit gevind.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die verdagtes is nog nie amptelik aangekla nie en daarom kan sy tans geen kommentaar lewer nie. Sy het gesê die polisie sal later vandag meer inligting bekendmaak.

Maroela Media het vroeër berig ʼn boer is gister omstreeks 07:15 buite sy huis oorval toe hy op pad was om na sy beeste om te sien. Die verdagtes, wat almal balaklawas gedra het, het hom teruggesleep na sy huis toe. Hulle het hom en sy vrou met toue vasgebind voordat hulle drie vuurwapens, drie selfone en ʼn onbevestigde bedrag kontant geroof en op die vlug geslaan het.

Die polisie wou nie die slagoffers se name bekendmaak nie, maar het gesê hulle is tussen 65 jaar en 70 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chris Ws ·

Oom Hannes Harmse en sy vrou was die mense.Alle dank en eer aan ons Almagtige Vader vir sy beskerming oor hulle.Baie dankbaar dat al 4 gevang is.Te danke aan ‘n baie hulpvaardige helikopter eienaar/vlienier wat dadelik opgestyg en kom help het.Dankie!Ook aan al die boere in hul omgewing wat dadelik kom help het met die soektog.Dankie aan almal.Met sulke goeie optrede gaan die terroriste in ons gebied mak gemaak word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.