Vier vas ná omroeper, akteur se skietdood

Mandla Hlatshwayo. Foto: Facebook.

Vier mense is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn gewilde radio-omroeper en akteur.

Mandla Hlatshwayo, omroeper by Jozi FM en voormalige akteur in die sepie Generations, is Sondagaand in Soweto doodgeskiet.

Hlatshwayo en ʼn vriend het glo op Moedersdag vroue probeer beskerm tydens ʼn gewapende rooftog by ʼn kuierplek in Pimville.

Vier gewapende mans het die kuierplek binnegestorm, vroue van hul selfone probeer beroof en op die kuiergaste losgebrand. Hlatshwayo en sy vriend, Oupa Duma, het glo tussenbeide getree en is albei doodgeskiet.

Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het Dinsdag bevestig die polisie het ʼn deurbraak gemak en vier verdagtes is in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Hy het gesê die polisie het tydens die verdagtes se inhegtenisneming beslag gelê op ʼn vuurwapen en Mandrax. Die verdagtes moet binne 48 uur in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Annie ·

Sjoe hulle is vinnig aangekeer – maar nog niks en niemand is gekry vir die lughawe skietery nie. Wonder of hulle ook nou gaan huise en geboue brand en die hele Soweto omver gooi.

Cherokee ·

Van die buurlande afkomstig? Met ons stewige hoë grensdrade en heinings? En streng doanes? Soos SA se grenslyne bewaak word, maak jy verseker ‘n grap.

cor ·

Wow wys jou net as dit n bekende persoon is ekstra moeite en ure se werk. As dit egter ‘n huis roof , plaas aanval of hi jack is dan geld die beleid van wag en sien want daar is nie nou ‘n voertuig en personeel beskikbaar nie.

Johannes ·

Dit is baie goed dat hulle so vinnig vasgetrek is, nou moet al die bewyse versamel word ens en dan die hofsaak. Maar wat van al die mense wat nie so welbekend of ryk is nie,hoekom word hulle moordenaars nooit gevang nie. Een moord is een moord te veel maak nie saak of jy ryk of arm is nie almal is geregtig op geregtigheid, of jy in n sinkhuisie in n minderbevoorregte plek bly en of jy in n ryksmans huis bly in n rykmansbuurt. Elke saak voel ek moet dieselfde aandag geniet om die verdagtes voor stok te bring en hulle voor die hof te bring sodat reg en geregtigheid kan geskied.

Agie ·

Van watter land af is hierdie moordenaars afkomstig? Óns het die reg om dit te weet. Hoekom sit julle nie in elke berig wie die kriminele dade toegepas het nie? Dit is van kardinale en landsbelang dat ons, die landsburgers hiérdie informasie het.

DG ·

Bring terug die doodstraf asb ! Net nog iemand wat vermoor is, en net nog 4 misdadigers wat geen vrees of ontsag vir wet en orde het nie. Hoekom nie, want misdadigers het meer regte as slagoffers, dis so eenvoudig soos dit. En die waarde van ‘n mense se lewe word al hoe goedkoper – dit was aanvanklik ‘n lewe vir ‘n lewe, nou is dit al ‘n selfoon vir ‘n lewe. Ek wonder of ons Suid-Afrikaners ooit gaan wakker skrik rondom die kwessie hoe om moordenaars te hanteer ????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.