Vier vas na polisie stropery fnuik

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Vier verdagtes is Sondag op ʼn plaas in die Severn-omgewing in die John Taolo Gaetsewe-distrik (JTG-groepering) in die Noord-Kaap vasgetrek terwyl hulle wild probeer stroop het. Drie van die verdagtes is glo onwettige immigrante in die land.

Kol. Mashay Gamieldien, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn lid van Kuruman se veediefstaleenheid het die Tswalu-teenstropingseenheid se hulp ingeroep om onbekende voetspore wat op ʼn plaas in die omgewing gevind is, op te volg.

Gamieldien sê die eienaar van die plaas het bevestig dat daar glo vantevore voorvalle van stropery op die plaas was.

Die Tswalu-teenstropingseenheid asook die polisie van Severn en Van Zylsrus het op die oproep gereageer om die stropers vas te trek. Die Tswalu-teenstropingseenheid het hul lug- en grondeenheid gestuur om te help.

Lede van die teenstropingseenheid het vanuit die helikopter vier verdagtes in die veld opgemerk. Die eenheid het hul lede op die grond daarvan in kennis gestel. Volgens Gamieldien is dit nie seker wat presies die verdagtes wou stroop nie.

Gamieldien sê ʼn skietery het tussen die lede in die helikopter en die verdagtes uitgebreek. Een verdagte is in die proses doodgeskiet. Twee van die verdagtes is beseer.

Die verdagtes is daarna al drie vasgetrek en in hegtenis geneem. Die polisie het op verskeie vuurwapens en ammunisie beslag gelê.

Die twee beseerde verdagtes is na ʼn hospitaal in Kuruman vervoer vir verdere mediese behandeling. Hulle sal tot en met hul hofverskyning onder polisiebewaking bly.

Die polisie ondersoek ʼn saak van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, betreding, die oortreding van die Wet op Rampbestuur asook die oortreding van die Immigrasiewet.

Genl.maj. Johan Bean, die JTG-groepbevelvoerder, het die lede van die Tswalu-teenstropingseenheid, Kuruman se veediefstaleenheid asook die polisie van Severn en Van Zylsrus geloof vir hul goeie werk om die verdagtes so vinnig vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Genis

Mooi gedaan…

KAIROS

As die grense beter beheer was, sou die ook minder gebeur het

Jurg

Welgedaan dit wil gedoen word. Lang tronk toe met die skelms

Daleen

Opskrif moet lees “Vier vas na Kuruaman se veediefstaleenheid en Tswalu teenstropingseenheid stropery fnuik”.

Jurg

Wel gedaan dit is hoe dit gedoen moet word. Lang tronk straf moet gegee word en voorbeeld gestel word met hulle straf. Kriminele moet verwyder word.