Vier vas ná ‘rasaanval’ by KFC

‘n Skermskoot uit die video.

Vier mans is in hegtenis geneem in verband met ʼn beweerde rassistiese aanval by die deurrybaan van ʼn kitskosrestaurant in Montana, Pretoria.

Beeldmateriaal wat met ʼn selfoon van die voorval geneem is, is wyd op sosiale media versprei. Die beeldmateriaal toon hoe ʼn groep van ses mans na bewering vir Jacob Sono en sy vrou aanval nadat die egpaar die mans gevra het om vorentoe te beweeg in die deurrybaan by die KFC-restaurant. In die video kan gehoor word hoe ʼn vrou herhaaldelik skree terwyl kru taal deur die mans gebruik word.

Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig vier van die ses mans is in hegtenis geneem op aanklagte van aanranding en die rig van ʼn vuurwapen. Intussen het Fikile Mbalula, minister van polisie, op Twitter gesê die mans word verbind met ʼn aantal aanrandings in die gebied. “Hulle rand swart mense in die gebied aan. Ons het hulle in hegtenis geneem,” het hy getwiet.

Die DA het die SAPD geloof vir hul vinnige optrede om die vier mans in hegtenis te neem. “Die DA veroordeel ten sterkste die gewelddadige rasse-aanval deur vier wit mans op ʼn swart egpaar by die [restaurant],” het Adriana Randall, DA-MPL, gesê.

“In ʼn demokratiese en grondwetlike bestel is daar geen ruimte vir rassisme nie en geen mens moet in vrees lewe vir mishandeling weens die kleur van sy of haar vel nie,” het sy gesê. “Die DA sal die vordering van die saak monitor. Die gereg moet nou sy gang gaan sodat geregtigheid vir die Sono-gesin kan geskied.”

Intussen het die Ahmed Kathrada-stigting sy skok uitgespreek oor die video. “Die rasse-dinamika in die voorval is ooglopend. Dit is uiters kommerwekkend dat mense geen lesse geleer het uit die Spur-voorval nie,” het Neeshan Balton, direkteur van die stigting, gesê.

“Daar kan geen regverdiging vir hierdie walglike rassisme en aggressie wees nie. Wat verder kommerwekkend is, is dat hierdie groep geen probleem daarmee gehad het om ʼn vrou aan te rand nie – iets wat aanduidend is van die patriargale waardes wat steeds in ons samelewing verskans is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

152 Kommentare

Rina ·

Sal net graag wil weet net soos in die spur insident wat het aanleiding gegee tot die stap. Is hulle dalk getart of gedreig deur die ander partye of wat het gebeur. Sal graag wil weet

Wonder ook ·

Ek wonder ook Rina. En waar is die video MM? Dalk moet ‘n mens maar jou eie kamera gereed hou vir die wit en onwit, ag ek bedoel vir die wis en onwis . . .

Mariné Lourens ·

Dagsê Wonder ook

Dankie vir jou kommentaar. Maroela Media het besluit om nie die video te publiseer nie weens die kru taalgebruik daarin.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Lisa ·

Nie die volle waarheid is vertel nie da is nog videos…. Hul mut almal kry. Hul is nie so onskuldig ni

Liezel L ·

Moet ‘n vrou iets doen om so aangerand te word? My man het my aangerand. Maar wat het ek gedoen om dit te verdien? Elke man wat ‘n vrou aanrand is die slagoffer. Die vrou het iets gedoen om dit te verdien. Sy het hom uitgelok. Jou kommentaar walg my

Wonder ook ·

Daar is ‘n video op Youtube waar die vloekwoorde gesensor is. Nie net die wit mans gebruik krutaal nie maar die swart ‘dametjie’ laat waai ook met die f••-woord vir ‘n vale. Kort-kort vra sy uitdagend: “Are you going to hit me?”
Wie ookal skuldig is moet mens ook nie uittartend wees en tender vir moeilikheid veral afkomstig van ‘n ‘dame’.
Krutaal Maroela het dus van beide kante gekom en nie van een kant soos die berig beweer.

Ronell ·

Ek dink Fikile Mbalula “jump alweer th gun” deur te verklaar die mans word vir verskeie voorvalle gesoek. Indien dit die geval was, waarom was dit nog nie in die plaaslike koerant aangeraak nie.

DOM MENSE.... ·

….leer ook nie!
Dit was mos nie nodig nie!
Kry skaam

MissDemeanor ·

Ek ook. En ek skaam my vir party memse se kommemtaar ook

Skybird ·

Uiters teleerstellend, weet ons blankes dan nie ons mag nie ander rasse slegse of aanrand nie, hul kroonwild in die samelewing, en hul word wittes genoem in die berig, ander rasse se kleur word nie genoem, bewys van diskrimminasie, wittes word baie uitgelok en dan is daar altyd ń sel kamera gereed om opname te maak

Realis ·

Ek stem saam. Wie se selfoon is gebruik vir die opnames, volgens die video wat so uit fokus gaan lyk dit of dit deur die swart paartjie gemaak is. Het hulle die wittes geprovokeer en gerieflikheids halwe die kamera aangehad. Die voorval is nie voed te praat nie, maar ‘n wors het twee punte. Die minister spoel sy bêk alweer vroegtydig uit, net soos in die verlede.

Ronell ·

Eienaardig, sou die voorval wit op wit, swart op swart of swart op wit wees, dan was dit bloot aanranding. Maar nou is dit wit op swart en onmiddelik word rassisme van die hoogste geboue afgeskree. Pateties. Alle aanvalle in die dorp of op plase waar die verdagtes swart en die slagoffers wit is, word nooit na verwys as rassisme nie, om die waarheid te sê dit word nooit eers openbaar gemaak nie.

Pik ·

En wat se die DA oor al die ander wit aanvalle niks niks niks waar was julle met die hele spur storie waar was julle met die plaas moorde waar was julle toe witmense se plekke afgebrand was ek praat nie die daad goed nie maar dink julle DA leiers moet al twee oe oopmaak

Gatvol ·

Alweer n hekse jag na ons mense………
Sal graag die waarheid wil hoor …..

Anne ·

Daar is soos gewoonlik in sekere gevalle net een kant van ‘n storie

Anoniem ·

Hierdie keer stem ek nie saam nie. Hierdie mans se taal en gedrag is onverskoonbaar. Hulle laat ons almal onder dieselfde kam skeer en dit is geensins regverdig nie. Hulle moet maar pakslae kry!

gawie ·

My mense tree nie so op nie. Ek distansieer my van sulke boewe.

Cherokee ·

Die Maroeliaanse Eenheid maak dit duidelik dat dit wit teen swart was. Dat wit hierdie keer blyk die verkeerde ding gedoen het en sodoende die verkeerde spit afgebyt het. Indien hulle die swartes sonder om uitgelok te wees, aangeval het gun ek hulle om te suffer dit wat hulself geskep het. Ek ken egter die Maroeliaanse-vrese vir enigiets wat hulle hul lisensie kan kos en ek gun hulle dit met ‘n (uitdagende) glimlag want hulle net ook ‘n ander kant om skoon te hou.

Indien die wittes wel skoor gesoek het sonder rede het ek geen simpatie met hulle. Daar mag egter wel dinge gebeur het wat hulle rede gegee het vir ‘n fight.

gawie ·

Lyk vir my asof dit die wittes is wat vir ‘n fight gesoek het. As ek en my vrou alleen in’n kar is, sal ek beslis nie ‘n fight probeer soek met vier ouens in ‘n ander kar nie. Dink ‘n bietjie logies man.

MissDemeanor ·

Cherokee. Doe tyd wat ek in Pretoria gebly het as student het ek besef daar is nogals baie wit rasiste wat daar ro dloop. Veral op kampus. Ek self het nognooit onder rasitiese aanmerkings deurgeloop van swart mense se kant af nie. Nognooit nie. Maar ek hoor gereeld hoe my vriende grappies vertel met die “k” woord in. En ek sien soms dat wit mense neerhalend is teenoor swartmens (selfs my eie familied doen dit). So ek dink hier is baie mense by Maroela wat kla oor omgekeerde rasisme, maar as hul by die huis is dan gooi hul die “k” en “m” woord . As hier rassespanningbin SA is dan moet ons nie altyd maak of ons slagoffrs is noe. Som le die fout by ons. Ons moet mekaar met meer respek hanteer en dan eers sal dit beter gaan. As iemand ons wel konfronteer moet ons rustig bly en probeer vrede maak inplaasvan baklei.

Cherokee ·

Geagte Missis, daar is hoegenaamd geen kans dat jy rassisme in Suid Afrika kan bespreek met die witmens as sondebok nie. Jy blyk een van dies te wees wat uitgesoekte berigte lees net soos die Watsons destyds rugby gespeel het en op die Springboktrui wou kots. Opsigtelik weet jy nie regtig wat gaan aan in die land nie want as jy sòu weet sou jy nie die blanke uitsonder as die skuldige nie. Stem DA in vrede en moet nie die forums waag nie.

Kos ·

Wie het gesê hierdie is rasgedrewe? Die mense se ras het niks daarmee tedoene nie.

Cherokee ·

So jy glo alles wat jy in die koerante lees. Word wakker!

zoom zoom ·

As die voorval omgefraai eas het dit nie eens die nuus gehaal het nie. Maar nou spring die DA en die min vam polisie almal op hulle perde. Regtig siek.

Martie ·

Ek veroordeel rassisme ten sterkste maar dan moet dit van alle kante nie toegelaat word nie wat van een van Zuma se seun wat net op vingers getik word so ook n klomp ander voorvalle waar swartmense net kan se en doen wat hulle wil of het ons nou omgekeerde rassisme in Suid-Afrika.Ek praat dit in geen omstandighede goed wat die ouens gedoen het nie maar ek wil dit onder almal se aandag bring,enige persoon wat rassisties optree moet vervolg word maak nie saak wie of wat jy is nie.

manuela ·

ek stem met jou saam. Sulke gedrag is onaanvaarbaar, maak nie saak wat die ras van die persone is nie. Daar is te veel aggressie en te min verdraagsaamheid in ons samelewing en as dit wit op swart is, word dit in die media opgeblaas en uitgebasuin. Ons witmense moet liewer probeer om die voorbeeld te stel en nie te daal tot die vlak va barbaarse optredes nie.

Andre vorster ·

Vreeslik skokkend veral die feit dat jy niks materieels op video kan sien nie. Adriaana n vraag aan jou net waarom sal jy se dit was n rasistiese voorval en nie net boelies wat moeiliheid met enige persoon sou maak wat gedurf het om hulle aan te jaag. Duidelik maak jy ook net oningeligte kommente. Het jy dalk iets te se oor die SWART VROU wat die kleuter in winterweer met tuinslang afgesuit he by kleuterskool. Die rasse dinamika was ooglopend-wat n sinnelose stelling, wat sou jy dit genoem het as almal van een ras was of as die aanvallerd swart was-o ja dan sou dit nie die nuus gehaal het nie. Let wel ongeskikte mense, swak gedrag, boelie optrede, aggressie teenoor n ander ras maak jou nie n rassis nie- jy mag oor die raslyn kwaad word sonder dat dit rassisme is, word wakker! En vir ou Mbalula- geen kommentaar, nog steeds net soveel tonnel-visie en onbekwaam soos toe jy in sport was-groot mond maar voeg geen waarde

Geraldine ·

Daai kind se ma is ñ huisvrou, en sy stuur haar kinders skool toe in die skool vakansie?????? As jy as ñ ouer weet jou kind se maag is nie lekker nie dan hou jy hom by die huis, ek sê nie die Dame wat die kind gespuit het is reg nie maar dit kon vermy geword het.

Cherokee ·

Andre vorster, jy val ‘, ‘Adriaana’ aan deur te vra waarom sy sê dit was ‘n ‘rasistiese (sic) voorval’ terwyl jy nie eens die titel van die berig gelees het nie.

Marius ·

Ek stem saam met André. Dit lyk eerder na ‘n klom bullebak ouens wat enigiemand sou uitsorteer. Daar was geen rassistiese woorde gesê nie. Ongeag of hulle nou net uit bullebak gedrag en of hulle nou uit rassisme so opgetree het, hulle gedrag is om die minste te sê pateties. Hulle verteenwoordig saam met mense van ander velkleure wat so optree alles wat verkeerd is met ons samelewing. Nie my mense nie!

Colette ·

Blykbaar het hulle net gevra dat die mense hulle kar vorentoe skuif. Dit was 6 wit ouens wat so saam in ‘n kar was. Seker dronk studente..

Leahim ·

Alle studente is nie altyd dronk en ry in een kar nie dalk was dit 6 DA ondersteuners

Net maar ek ·

Leahim stem saam met jou hoekom altyd dit op dronk studente plaas. AAAI die mense wat oordeel en hulle weet nie eers wat die hele storie is nie. Dit kon DA of ANC gewees het.

Cherokee ·

Leahim, as daar ‘n ‘like’ knoppie was het jy gescore!

gawie ·

Leahim – Kan nie DA ondersteuners wees nie want DA ondersteuners repekteer mense van ander rasse. Heel waarskynlik verregses wat dink Apartheid was lekker en goed en dat hulle beter is as hul swartbroers. Verregse Terreblanche tipes. Die SA weergawe van die Amerikaanse Rednecks.

Hes ·

Die manne moet kry wat hulle verdien, hulle het geweet wat die gevolge van hul afskuwelike dade gaan wees. Ek skaam my vir hul optrede om nie eens te praat van die kru taal wat gebruik is nie. Sekerlik kan hulle nie met dieselfde mond en vuil gedagtes ‘n gebed doen nie, hoop daar sal iemand wees wat vir hul sal bid.

Michael ·

Hoop Maroela media neem kennis die minister het gesê SWART MENSE was aangerand so dit is nie n sonde of teen die wet om na swart mense as swart te verwys nie

scientia munit ·

Enige mense, wittes ingesluit, van hulle aan straatboewery skuldig maak moet die gevolge dra. Punt.

Leahim ·

Ek het Adriana Randall nog nooit n woord hoor rep oor die boere wat elke dag op hulle plase vermoor verkrag of vermink word nie, nie dat ek hierdie voorval goedkeur nie dit is verkeerd en die gereg moet sy gang gaan maar haar party stuur elke dag vir my n bedel sms vir n geldelike bydra maar my volk word uitgemoor en hulle sê nie n woord.

Abel vd Merwe ·

Ek stem saam LEAHIM. So ‘n voorval moet aangespreek word en hoort nie in die samelawing nie….MAAR….wat van ander insidente, soos jy dit noem, wat maar net verby gaan. Orals moet ons op die uit kyk wees vir ‘n moontlike bedreiging. Kyk hoe lyk woonbuurte van hoë heinings en alarms. Gaan dit nóg erger raak ?

Cathy ·

Ek keur geen aanrandings goed nie. Maar wasrom word daar net n video geneem van die aanrandings? Dit sê vir my dat daar n uitlokking was en dat hulle verwag het daar gaan aanranding wees en daarom was die foon gereed om te begin verfilm. Wat fie mans gedoen het was verkeerd maar niemand wys wat die aggressie vooraf geloop het nie. Net soos in die spur geval. Hulle doel is om die blankes in n swak lig te stel. So 2 masnde of so gelede was 2 wit meisies by n KFC asngera.d deur swart mans. Waarom was daardie mans nie ook gearresteer nie? Hulle het wit meisies aangerand en daar was niks verkeerd nie? Hierdie swartes word deur die DA en ANC gekry om blankes uit te lok tot hulle nie meer kan stilbly nie, sodat hulle die witmense uit die pad kan kry. Kyk in die doodskis saak hoe lieg die sogenaamde “slagoffer” teen sy eie verklarings en die enigste wat dit sien is die prokureur. Hulle is besig om van ons volk ontslae te probeer raak. Daar is meer aan hierdie saak as wat die media of politici wil erken

gerrie ·

Dis omdat jy nie lees nie. Google haar naam en “farm murders”.

MissDemeanor ·

Wat het doe boere wat vermoor word te doen met die KFC geval? Dink jy daardie memse was betrokke by plaasmoorde? Ons lewer kommentaar oor plaasmoorde by berigte oor plaasmoorde. Die is n berig oor 6 wit ouens wat hulseak gedra het. Hoekom wil jy die 2 swart slagoffers nou by plaasmoorde betrek as hul nie plaasmoordenaars is nie?

Michael ·

My party die VF + sal seker nooit n verkiesing wen nie maar die DA ook nie sonder hulle hulp nie en ek beskou enige persoon wat nog DA stem na Adriana Randall se openlike kantkiesing sonder werklike feite tot haar beskikking as n verraaier

Pork Chop ·

En wat van ons boere? Waars hulle as dit gebeur met hulle baie praat? Maar hulle se nie wat word op die plaas aanvalle met die vrouens gedoen nie. Word wakker DA.

Boerseun ·

Waar is die DA met hulle vinnige en verdoemende verklarings wanneer daar gewelddadige rasaanvalle deur swartes op wittes plaasvind?

$ ·

Nee hulle moedig swart-op-wit aanvalle aan soos deur Maimane se klippe-twiet waarvan daar nooit weer iets gehoor is nie.

Nico ·

Dink net as die saps so vinnig teen die boere moordenaars en teen zuma se seun vir rassisme opgetree het soos hoe veilig sal die land wees die minister moet sy oe oopmaak en ophou om sy eie beeld te poets

Ai ·

Nico, plaas moorde is n ander saak. Ek vermoed dit word met die regering se goedkeuring gedoen en daarom word niks omtrent dit gedoen nie.

Die Chinese soek grond.
Die regering soek geld.
Die Boere het grond.

China is besig om verskriklik baie grond op te koop in Afrika want hulle land krimp- daars n woestyn in die China wat al groter word en en hulle populasie ook.

Ek sal nie verbaas wees as China sy ook op Suid Afrika het nie.

Ai ·

Dis wat gebeur as jy laat jou emosies jou beheer. Kon nou maar net die kar vorentoe geskuif het en askies gese het.

Anti spur ·

Dit is die probleem altyd askies vra dat jy lewe maar ek was nie daar so ek kan nie se wat gebeur het nie ons het net die polisie,media en Randall van die DA se weergawe en almal weet die onregverdige houding wat hulle het

Ai ·

As mens verkeerd is vra mens verskoning. Weet nie hoe jy groot gemaak is nie maar eks met maniere groot gemaak. As jy n ry voertuie ophou omdat jy om een of ander rede nie vorentoe skuif nie tot op die punt waar jy n ongerief veroorsaak vir ander, dan se mens askies. Bygese, mense is ook deesdae te ongeduldig.

My kommentaar oor emosies in toom hou geld vir alle partye betrokke.

Kietie-Kat ·

Die DA is net bek by wanneer dit by n sekere rasgroep kom. Hulle is doodstil indien daar n boer en sy vrou op wreedaardige wyse vermoor en verkrag word.Waar is die DA met hul president se seun se rassistiese aanval op Hanekom.Nee hulle suig aan die agterste speen wanneer dit n anderskleurige is wat die aanvalle maak. Die DA is netso deel van die helse gemors in hierdie land want hulle is net n klomp draadsitters. Indiien Afriforom tot die politiek toettree dal daar eers weer regverdigheid geskied vir die WITVOLK VAN SUID-AFRIKA!!!!!!

gerrie ·

Hierdie aanvalle teen die DA deur die verregses is lagwekkend. Die DA is die eerste party wat ‘n optog gereel het na ‘n hof na ‘n plaasmoord EN dit uitgevoer het. Hierdie Randall vrou van die DA word veroordeel omdat sy hierdie wit buffels aan die kaak stel maar wat weet julle van haar? Google haar naam en “farm murders” en julle sal sien dat sy al skriftelike verklarings uitgereik het namens die DA waarin plaasaanvalle verdoem word. Julle is oningelig, LEES (nie net Maroela se koerantjie nie).

Sê maar net ·

Ag ou Gerrie kalmeer en stem maar weer volgende verkiesing vd DA. Ons sal sien wat dit jou in die sak bring. Moet net nie by die ‘verregses’ gaan hulp soek eendag as jou huis brand agv onluste, (soos die liberale vrou in coligny s’n),eendag nie. Mense soos jy wat eerder ander se voordeel bo jou eie volk s’n soek. Ek skaam my v jou gekruipery. Diy het niks hiwr te make gehad met oorl Eugene Terreblanche of apartheid nie. Is jy nie miskien ANC nie want jy sing dieselfde deuntjie?
Die mans was dalk ongeskiks en aanranders, maar hoekom dit wit teenoor swart is moet jy apartheis en oorl Eugene inbring en boere as verregs uitkryt as hul die ses verdedig of durf vra asof die swartes dalk nie onskuldig is nie

maria ·

Ai ai ek skaam my dood. Waarom kan die mense mekaar nie net uitlos nie

Koos ·

Ons bring Eugene in wat een van die grootste tweegesigte op twee bene was. Wou sy eie volkstaat hê maar kon nie klaarkom sonder die swartvolkie wat hom op die ou einde doodgemaak het nie. Praat van beginselloos. Het ‘n klomp gehad wat vir hom gewerk het. Meeste regse kennisse wat ek het sit met horde swartes wat vir hulle werk op die plaas want hulle kan nie sonder hulle nie. Ek dink hulle kruip meer gat vir goedkoop arbeid as die DA .

gerrie ·

Koos – terwyl ek jou kommentaar lees onthou ek die foto van oorlye Terreblanche op sy bed met sy broek om sy enkels. Ai, dit was erg.

Drikus ·

Ja DA, moenie dink julle wem stemme deur stoom op die kwessie aan te blaas nie. Watter behae skep julle daarin om telkens wit op swart rassisme uit te soek en uit te sonder? Julle beïndruk my nie meer nie.

Cherokee ·

Natuurlik wen hulle stemme – swart stemme. Die DA is immers ‘n swart party en het my nog nooit beïndruk nie. Daar was tye toe kommentators in hierdie forums gespog het met hul DA-lidmaatskap maar hulle is nou tjoepstil.

dom ·

Ek sal se die meisie wat in kaapstad verbaal verneder is oor haar vel kleur deur n drom , jy weet wat, in die KFC deur ry , moet nou na vore kom met die vid. Dit is tyd dat ons wittes nou begin terug fight !

Anti spur ·

Die media dra ook skuld aan die rasse ding wanneer n swart persoon deur n wit persoon aangeval word is dit n rasvoorval as boere deur swart mans aangeval word is dit verdagtes…..skaam julle maroela media

gatiep ·

Anti Spur jy is reg ek merk ook op hoe rassisties MM is.Lyk of hulle iets teen julle whities het?

Cherokee ·

En ek stem ook met jou saam Anti Spur. Jy is heeltemal reg.
(al wat nou nog kort vir afronding is Oom Spur se kommentaar!)

Gideon ·

Maroela ek dink ons is mooi groot om self te besluit of ons video wil kyk of nie!! Dit is nie nodig om soos in ou dae te besluit wat mag ons sien en hoor nie!

Wessel ·

Aan almal wat so gal braak en die blankes in bogenoemde voorval verdedig, wil ek net se, ek skaam my vir hulle optrede en kru taal. Hulle moet kry wat hulle verdien. Dit het absoluut niks te doen met plaasaanvalle soos genoem in kommentare hierbo nie. Ekself is n boer en n patriot, maar mens maak nie verkeerd met verkeerd reg nie. Absoluut vieslike taalgebruik, en onnodig om n vrou aan te rand daarby. Petrol op vuur in die huidige klimaat waar ons blankes skuld kry vir alles. Nee wat, ek distansieer my van sulke mede afrikaners.

Treurgrond ·

Wessel my oupa het altyd gesê asumptions is the cause of all major …..
Was jy dan daar het jy die aanranding op die vrou gesien al wat ek hoor is n geskree en n gevloekery van n klomp mense maar ek kan geen gevolgtrekking maak gebaseer op die feite tot my beskikking nie.En waaroor ek baie seker is afrikaners kan nie saamstaan soos jy nou bewys het en dit is wat ons swak maak.

.

Snaaks ·

Wag tot jou plaas opgeëis word of jou familie aangeval word sonder enige provokasie dan gaan ons sien hoe skaam jy jou

Pastoor ·

My amper dood geskrik dat die DA iets sê. Waar was hulle met Spur en Myway en die vrou wat laas week gefire is met die plaasmoorde en en baie ander gruwels. Blaf daar agter inni yard

Anti spur ·

Dit het tyd geword om Anti Da te word spur het nou sy fout agtergekom

Cherokee ·

Spur het blanke kliënte nodig want geld word rojaal gespandeer en nie fooitjies maar fooie word betaal vir bediening. Da kan doen sonder blanke stemme. Stemkrag in SA is swart.

pbotha ·

So jammer dat die goed aanhou voorkom in SA – na weerskante toe. Sooo absoluut onnodig. Dit skaad verhoudinge op alle vlakke en terreine in ons samelewing. Hoe interpreteer ons in SA die twee grootste gebooie wat God gegee het…om Hom en jou naaste lief te he?

anton ·

Jammer maar sit die pot mis. Nie almal wat leef en beef is jou naaste nie!!!!

Neidra Knott ·

daar is baie erger dinie as vloek. ek dina as daar waarheid is sou die video gewys word. pot vol liegstories alweer

Peet ·

Maar swart mense kan maar n ou tannie aanrand dis nie so erg nie. Jy moet iemand kwaad maak voor hy so iets sal doen. Hulle tart jou tot iets gebeur dan maak hulle of hulle onskuldig is. Gebeur baie hier in limpopo.

Kaalvuis ·

Ek wonder of daar so bohaai sou wees as die slagoffers en aanvallers almal van dieselfde ras was? Waarom word dit nou ‘n rasse insident? Dit is dalk net ‘n spul lieplappers wat ‘n paar windgatte op die verkeerde tyd en plek raakgedrink het. Nóú tik al wat sleutelbordkryger is met die gifvinger. Foei tog! Die arme sus-en-so’s is toegetakel deur die verdomde rassistiese hoesename! Later, wanneer die waarheid op die lappe kom, stel niemand meer daarin belang nie, maar die skade aan rasverhoudinge is dan gedaan…

Matt ·

Daar is geen mariete op die storie nie, die bewuise is onduidelik en steun nie die aanklag nie. Indien die gebeurtenis omgeruil was, was daar nie eers n berug nie?

Wanda ·

Die P……woord so vieslik en word so maklik gebruik onder baie wit afrikaans sprekende mans. Kry vir julle, ek gee nie om wie vir wie getart het nie, mens gedra jou nie soos n vark in die openbaar nie. Wat van omdraai en weg stap, of eerder geduldig wees. Jy kan glad nie in ons land kwaad met kwaad vergeld nie. Julle behoort teen die tyd te weet wat die gevolge gaan wees. Elkgeval die dae van rammetjie uit nek wees is vir goed verby, julle kon die saak anders hanteer het, vloek en skel is nie n voorbeeld vir ander nie.

Kameraman ·

Vra maar net waar was die video opnemer. Hoekom nie eerder probeer hulp kry? Staan swartes gereed om opnames te maak soos in Spur, word dit dalk georkestreer?

johnny_walker ·

jy is korrek en ek wens ek kon jou meer vertel want daar skuil baie meer agter die stories maar as ek dit sê sal my komentaar verwyder word , al wat ek jou kan sê is berei jou voor vir die ergste

Snaaks ·

Ek praat hierdie nie goed ek erken die situasie is verkeerd hanteer maar ek skaam my vir die afrikaners wat die sogenaamde beskuldiges sonder bewyse klaar veroordeel het wat dink julle gaan Malema hiervan sê hy gaan witmense veroordeel en die rede hy weet die mag is in saamstaan

Wessel ·

Jou kommentare is snaaks, Snaaks. Lees my kommentaar van vroeer weer stadig deur. Hierdie voorval het niks met plaasaanvalle te make nie. Ons almal word uitgetart en soms tot die uiterste toe gedryf, maar soos bo genoem, 2 verkeerd maak niks reg nie. Ek het n afsku in die p woord wat al hoe meer aanvaarbaar word, veral onder jongmense… Kyk maar by n rugbywedstryd, hoe word die skeidsregter en die opposisie gevloek deur ondersteuners. So ja, soos vroeer genoem, ek skaam my vir hulle optrede.!! As hulle skuldig is, moet hulle die gevolge dra, so ook elkeen aan die ander kant van die spektrum wat hulle daaraan skuldig maak.

Snaaks ·

Wessel noted die probleem met die p woord soos jy dit noem is die rippel effek van jare se afbreek van alle disiplinne stelsels deur die anc regering en jy is reg hierdie voorval het niks met plaasmoorde te maak nie ek gebruik plaasmoorde om die onregverdigheid teenoor die huidige benaadeelde minderheidsgroepuit te lig

Johannes Meintjes ·

Ja, ek meen ook daar is talle rolspelers en agente in die hele SA rasse-konflik kwessie. Die wie die agendas voor en agter die daaglikse skerms dryf ken hulle werk. Dit is die blanke Afrikaner wat nog nie lesse geleer het sedert 1993 nie. Gebeur die dinge net in Montana, Pretoria? “Swart dame” het my net noudiedag ‘n “pienk bobbejaan” genoem …

anton ·

Troos jou daaraan dat sy n oog probleem het want wit was nog nooit pienk nie!!!

Nin ·

Ek het die video gesien en verstaan nie hoekom dit as n rassistiese aanval gesien word nie. Die video begin ook duidelik nie waar die “fight” begin nie. Die DA moet miskien eers wag en seker maak wat gebeur het voordat hulle oningeligte uitlatings maak.

Domvraag ·

Stem saam. Die beeldmateriaal wys niks. Al wat jy hoor is n vrou wat skreeu en vra of sy ook aangerand gaan word. Goed gedramatiseer. Ek het by kitsbank n vrou gevra wat staan en gesels en in die pad was gevra om asb uit die pad te staan waarop sy my gevloek en as n wit gemors uitgemaak het. Was arrogant en uittartend. Ek het weggeloop want as witte het ek besef dat as ek in n woordewisseling betrokke raak dan kan sy net begin skreeu en gil dat ek haar aanrand . So die les te leer neem van die begin alles af of stap weg

Net maar ek ·

EK Lees so almal se insette en stem saam met van julle dit is nog steeds wit @ swart en swart @ wit. Dit sal nooit verander nie al wat verander het is dat wit aan die kortste end trek. Wat die DA betref lyk my hulle probeer meer mense werf dit is hoekom hulle net kommetaar lewer as dit n voorval is soos hier bo is. N mens moet weet jy gaan aan die kortste end wees in die geval van die persone wat betrokke is in die voorval. EN ons mense word getart tot op breekpunt.

Kobus ·

Dis uiters swak gedrag. Maar was dit nodig om as rasse haat uit te beeld.. waarom word daar nooit na plaas aanval as rasse haat verwys nie. Apartheid so omgekeer. Minister kon aanmerkings maak oor insident maar raak hy iets sè oor n plaas aanval

Pietman ·

Dit is hoekom die bulle eintlik gister moes super rugby speel… want as die bloubul fans nie op Loftus is nie, maak hulle droog en wys hulle ware kleure net elders in die stad. ;-)

Frik ·

Pietman dis swak smaak en onsportiewe gedrag wat jy openbaar. So kraak ona as wittes mekaar af.

anton ·

Wat ek net NOOIT sal verstaan nie, is hoekom word dit ALTYD dadelik as rassisme afgemaak as wit en swart slaags raak???
As 2 wittes baklei of 2 swartes, dan bestaan daar nie so iets soos rassisme nie.
Ons samelewing het gek geword om altyd net rassime te sien in een rigting!!!

Leon ·

Almal gaan erg te kere oor die voorval wat van die honderde plaas aanvalle wat niks oor gesê word op sosiale media nie en ons praat van van oumense wat vermoor word en half dood gemartel word nie….net n dom vraag

Werner ·

Dit is nie rasgedrewe nie dis n roof wat verkeerd geloop het

M ·

Enige insident waar ‘n ander kleurige die skuldige een is en die wit mens slagoffer is, word nooit uitgebeeld in die media as ‘swart man rand wit vrou of man aan’ nie. Dit is altyd net die woord ‘man’ of ‘vrou’. Sodra die rolle omgedraai is word dit genoem dat ‘wit man rand swart man/vrou aan’. Watter aksie neem die DA teen ander kleuriges wat die wit mense op die plase so aanval? Maar hulle spreek hulself gemaklik uit oor die insident en beeld witmense lelik uit. Dieselfde gebeur, BAIE, dan sal dit ‘n wit persoon wees wat aangerand word maar jy sal skaars hoor daarvan. Nou moet ons witmense wat nog hoop het vir ons veiligheid in die land so ‘n party ondersteun. Waar is die ondersteuning wat aan ons gegee word ?

Lba ·

Ek het nie nodig om te kyk ns fotos of videosom kleur van aangeklaagdes te weer nie. Jy het van geboortr af n ligte vel ander kan jy nie n rassis wees nie . uitlokking was nog nooit stafbaar nie maar moenie n skewe woord se nie. Ander dag ander saak.

Wereld in vrede ·

As dit met my gebeur sal ek nie daal na daardie dame se vlak om so te SKREEU en ander uit te tart,maak nie saak of jy pienk wit pers of geel is, behoede jou siel as ek jou niks aandoen en jy begin eerste op my SKREEU my video opname sal ook viral gaan dis verseker! kom ons Wag vir die waarheid oor die gebeure! sommige mense is gepla oor ‘rassis’ dit word sommer sooo by gevoeg as daar onderomsies gebeur! geregtigheid is nie bedoel vir almal, soos ek dit verstaan, ai tog!

A. botes ·

Ek is bekommerd oor die toestand in ons land. Albei partye in die geval was verkeerd maar net een se kant word gevat. Hoeveel rasse insidente gaan elke dag net verby. My broer was so n paar jaar terug aangeval deur n groep swart mense omdat hulle opgewen was na n massa aksie teen die munisipaliteit. Mense wat nie eers betrokke was of die insident gesien het, het sommer hulle taxis in die pad gestop om saam die wit man te kom bewerk met die vuis. My bejaarde mamma en ek moes inspring om my boeta te red en nie eers die polisie manne wat daar was in die voertuig het iets gedoen nie. Op die ou einde het n ou swart man my boeta gered deur sy ou lyfie tussen die vuis slaners en my boeta. Ek is vandag nog dankbaar teenoor daardie ou man!
Ons familie kon so maklik haat na die rasse insident maar ons doen nie daar is goed en sleg in alle rasse.
Hierdie ding rasse ding blyk my gaan nie regkom terwyl die vure hoog gestook word deur rassiste van albei kante.

weesWys ·

Liewe vriende, ons moet onsself streng beheer. Ons moet nie toelaat dat alle plaasaanvalle, moorde en diskriminasie veroorsaak dat ek myself môre êrens te buite gaan nie. Om te oorwin, sal ons moet vergewe. Om te vergewe het ons God nodig. Wees versigtig soos die slange en opreg soos duiwe.

Whity ·

Dit is wat elkeen se gesindheid in die hart is. Beheers jouself, wit en swart, en het ‘n WIL om ons land te laat slaag. Begin elke dag nuut. Hou op om die verlede altyd op te haal, sonder om diegene wat te na gekom is, se saak te ontken. Indien mense van alle rasgroepe, nie ‘ n begin maak om te WIL verander nie, EN om wanneer daar weer iets slegs gebeur, nie terug te val op die vorige slegte gebeure nie – hoe moet dinge ooit regkom?! Waarom kan mense van alle groepe, nie deurdruk en ‘n BEGIN maak om die radikales in alle groepe, te begin uitskakel nie………. moenie altyd “tit for tat” nie. Hou op! Mensig!!! Almal, ALMAL is reeds te nagekom op een of ander manier. Soos iemand reeds hier geskryf het, beheer jou emosies en tree sonder haat en nyd op. Begin doelbewus anders optree. Hartsgesindheid aan alle kante…….

James ·

Maroela media hou baie van dié sensasionele artikels omdat dit baie voete lok. Ek dink dat MM meer moet doen om die lig te skyn op die eintlike belaglikheid van dié gebeurtenis veral in die konteks van ander geweld in SA. MM kies die “witskuld weergawe” van die storie te vertel.

gawie ·

Is dit weer wit Afrikaner mans? Laasgenoemde het ongelukkig reeds ‘n baie swak reputasie as dit by die tipe dinge kom. Die ergste is dat ander ordentlike mans dan ook ooer dieselfde kam geskeer word.

Stefan ·

Welkom in Montana, as jy so self gaan groot hou gaan jy hier vinnig af aarde toe gebring word.

#TROTS Welgedaan manne.

Blits ·

Stefan, jou intelegensie verbaas my, So dis in jou oë reg om n vrou aan te rand? in jou oë reg om enige persoon aan terand net m=omdat jy dink hy hou hom groot??? Word groot asb en kry rigting

Nita ·

Wreed! Hang hulle! Wittes het swartes aangeval! N boer en sy gesin is aangeval, gemartel en vermoor deur ses aanvallers. Mmmm GEEN woord oor kleur van die mense nie!!!! Laasgenoemde voorval word op dieselfde dag vergeet.Eersgenoemde voorval weergalm nog vir weke deur die land. Verduidelik dit nou asseblief.

Michael ·

Hierdie jammer ek leef houding waar ek altyd die wang moet draai en weghardloop want die regering en afrikaanse media het het ons al so gebreinspoel ons glo al ons is skuldig en vat die geboelie elke dag stop… no more ek gaan jou behandel soos jy my behandel maak nie saak wat die nagevolge gaan wees nie punt

vic ·

ek kan nie verstaan hoe onosel van ons blankes in sa is nie,ons weet nou wat die situasie in sa is, waarom sal hulle goed gaan staan en doen wat hulle in die tronk laat beland,soms moet jy leer om jouself in toom te hou en eerder weg stap van sulke omstandighede,hoop ons almal leer n les hieruit.maak maar jou eie kos by die huis ons oupas en oumas, ma en pa het sonder sulke goed klaar gekom, hul het n dom keuse gemaak en nou sit hul in die tronk

Jannie ·

Wat van malema wat se vat die wittes se grond ek dink die eff die da en die anc is almal saam ons moet ook ma begin dink om ons Kamara reg te hou as so iets wee gebeur

Blits ·

Ons as witmense behoort wraggies nou al te weet dat ons met n “bulls eye” op ons rug rondloop, die anne rassie is transparent want hulle foute word niet nie raak gesien nie, vra vir penny sparrow en al die aane wat groot groot probleme gekry het omdat hulle gewaag het om n slegte word oor die anne rasse te se, Nuus maak nie geld nie maar sensationele nuus maak vrek baie geld, ds hoekom al die media huise altyd seker maak dat hulle die Wit ras uitdruk in hoof letters maar as dit van die anne kant kom dat gee hulle geen aanduiding van vel kleur nie, wat het geword van die SWART persoon wat n teiken op n wit kind gesit het en gese het dat al die WIT mense vermoor en verkrag moet word, dit het n stille dood geword,

Asb ·

Wees wys…..ek kannie saak beter stel. Die bose loop soos Wilde wraak rond om te Kyk wie kan hy verslind. Ons het ALMAL ewe veel selfbeheersing sommige gebruik dit ander nie. Glo oorwinning is soet vertrou niemand word bo vermoë getoets. So wees versigtig ALMAL met of sonder vermoeë tot openbaarmakings kanale.

Snoefels ·

Ai tog, net omdat julle en julle vrouens te lui en/of sleg is om kos te maak, gaan staan julle liewer in die drive-thru van die KFC, want wereens weer te lui en/of sleg is om uit die kar te klim en in n ry te staan, en dan boonop ander rasse te vervloek en te verksreeu. Nou moet ons weer vir maande hofsake aan hoor in hof agv julle.. en ook weer sleg behandel word deur ander swart mense want julle laat ons ander wetsgehoorsame mense laat sleg lyk..

SARIE VAN HEERDEN ·

Anton (5 uur gelede) ek stem saam dat almal wat leef nie my naaste is nie. My naaste is presies wat die woord beteken: naaste aan my/soos ek. My naaste is iemand wat soos ek lyk. Of dit nou polities reg of verkeerd is. My naaste lyk soos ek met hier en daar bietjie verskille soos bv dat my hare blond en reguit is en my naaste s’n is reguit en donkerbruin. Maar dis nou NET wat hare betref. Ander gelaatsstrekke is darem naastenbei dieselfde. Buitendien het ek ‘n keuse om jou as my naaste te kies.

Whity ·

Ons is almal mense. Jou “naaste” is al die ander mense op aarde, wat op jou lewenspad kom, goeie of slegte mense. Jy kan NIE jou naaste self kies nie. Dit is nie ‘n eksklusiewe groepie, byvoorbeeld soos jou familie of vriende ens nie. Jou naaste is ook nie net almal wat pienk is, omdat jy pienk is nie. My naaste = al die ander mense op aarde, met wie jy te doene kry.

gerrie ·

Ek reken daar is te veel blonde koppies met pienk lyfies in my harem van naastes. Sal dit definitief moet opkikker met ‘n paar smeulende, Suid-Amerikaanse, olyf-bruin senoritas.

jack daniel ·

Stem 100% Sarie! My naaste is my familie, my kleur, wat my, my familie en my eiendom respekteer. Gelukkig se my Bybel my dat die bok en skaap geskei is. Respekteer hy my kry hy dieselfde van my.

anton ·

Whity…..jy sit die pot ver mis ou maat!!!
Maar jy is welkom om almal jou naaste te maak maar glo my, jy is beslis nie my naaste nie!!!

Zoro ·

Ja aan beide Wit en Swart kant kry jy Swak mans en die gedrag word gevoed op skool vlak deur onderwysers. Wat kinders die indruk gee dat hulle verhewe is bo andere. En die twaak word gerégverdig deur ouers wat groot geldelikke ondersteuning aan skool gee. Kyk maar skool opvoeringe word die rykes se sit plekke gereseveer in die voorrye . Dis waar die gemors begin en aanhou tot dit gebeur wat gebeur het.

SARIE VAN HEERDEN ·

Die video van die KFC voorval was net ‘n deurmekaarspul wat niemand kon uitmaak wat aangaan nie en die geskree tussenin was ook ‘n deurmekaar affere. Indien dit die witmense was wat gevloek en geskree het voel ek ook nie skaam daaroor nie want sulke mense maak nie deel uit van my familie of vriende nie. Ek kan nie pa staan vir almal wat hul wangedra nie. Die wat skaam is moet hul maar meng met die semels.

Mardins ·

Net nog n voorbeeld van hoe rasisme uitgelok word, Ja, ek glo ook ons weet nie wat vooraf gesê was nie, ek glo baaie die rasisme het by die ander party begin en ons sien maar net die reaksie daarop. Ek sien dit gereeld, jy kan lelike goed gesê word maar jy moet net jy smoel hoe, want anders is dit rasisme as jy reageer!

Aitoggie ·

……..”daar is geen ruimte vir rassisme nie.” Regtig DA??? Ander mag maar rassisties teenoor blankes wees, ander mag blankes aanval en slegse. ANDER mag rassisties op sosiale media wees. Ek wens so die DA wil die “vordering” van ander sake “monitor.” Blankes word sleggese, aangeval, geterroriseer, gemartel en vermoor, waar is julle dan DA?????? Hierdie alewige eensydigheid, is Ook rassisties.

Ludwig ·

Die wit man’s verdien om inhegtenis geneem te word want hul ondersteun die Spur. Sal Jul leer.

Ray ·

Genugtig ek kan nie glo wat ek lees nie! Die kommentaar is veel erger as die artikel.
Jy kan nie aanranding verdedig deur dit te vergelyk met ‘n ander voorval nie of ras in bring of plaas moorder of wit of swart of terugveg nie. Verkeerd is verkeerd, hoe sal jy voel as jy en jou vrou deur 6 mans aangeval word? En op die foto lyk die ouens ook nie so klein nie. Rapporteer die gemors wat in ons gemeenskappe is sodat ons hulle kan uit kry, dit is wat in ons mag is. Om die land te verander of uitlatings te maak op die network het min kaans om enige iets te verander. Die feit is, dat 6 ouens, ongeag die omstandighede, 1 man en 1 vrou, bygekom het. Dit is uiters swak en het niks met spur of politiek of afrikaans te doen nie.

PieterF ·

Wittes moet besef dat swartes ons nie werk, blyplek of onderrig gun nie; die haat teen die blankes in die ergste ooit en haatmoorde op blankes word gesien as gewone misdadigheid. Die haat wat opgebou het teen die apartheidsbestel (blankes) sal nooit afneem nie aangesien Malema, Zuma en ander sogenaamde demokratiese leiers gedurig op swartbenadeling fokus – hierdie swart here is bykans ‘n kwart-eeu aan bewind en het die land en Rand oor die afgrond regeer maar die kiesers is oor die algemeen te agtergeblewe om te kan sien wat die ware toedrag van sake is. Die wittes moet ook besef dat al is die provokasie of onregverdige behandelig hoe erg ons nie kan bekostig om met swartes handgemeen te raak aangesien slegs blanke suid afrikaners as rasisties voorgehou word .

Boggom & Voertsek ·

Ons stem 100% saam met jou verstandige kommentaar! Baie dankie vir jou wyse persepsie oor die ware toedrag van sake!

MikeC ·

ek het n paar van die kommentaar boodskappe gelees en al wat vir my skokwekkend is is dat al was dit n aanval en dis op video hoekom doen jump the gun mbalula nie dieselfde met plaas aanvalle nie? Gereg moet mos geskiet maak nie saak wie jy is nie of speel ons partydig vir n sekere ras? so as iets gedoen moet word dan moet jy eers beeld materiaal he? die mans is definitief ge-provoke en het aksie geneem a.g.v arrogansie miskien? ons kan sekerlik nie net een deel van die storie hoor en dit glo nie? hoe het enige persoon genoeg tyd om eers na n selfoon te kyk in so voorval behalwe as hulle geweet het wat kom, maar ja die maar net my opinie voordat ek dalk aangekla word of iets soortgelyk.

Leoni ·

Wat verder kommerwekkend is, is dat hierdie groep geen probleem daarmee gehad het om ʼn vrou aan te rand nie – iets wat aanduidend is van die patriargale waardes wat steeds in ons samelewing verskans is.” (Gecopy uit die berig)

Lagwekkend

Regtig!!!!!!! Hoeveel vrouens word uiters uiters wreed vermoor – nie net vrouens nie!!!

Werner ·

Kan jy sien dat die vrou aangerand word op die video leoni

Clyvia ·

Ek gee nie om wie aanleiding gegee het nie. Die feit bly staan mens tree nie so op nie. Die tyd waar mense geglo het alles word reg geslaan is verby. Al hierdie mense wat dit probeer regverdig is net so skuldig. Wonder wat sou julle gesê het as dit anders om was. Geen wonder hulle haat ons so nie.

Flintstone ·

Ek is van mening dat sulke gevalle op ‘n toenemende basis gaan plaasvind totdat daar geen verskil in SA teenoor wat in die res van die kontinent plaasvind,sal wees nie.

amvi ·

Waarom moet hulle hul kar voorentoe skuif net omdat “sekere” persone so gese het. You’ll get there when you get there! Die stelling “Die gereg moet nou sy gang gaan sodat geregtigheid vir die Sono-gesin kan geskied.” is so walglik om die minste te se. Nou maak dit sin waarom ons KFC so stil was die naweek elke keer as ons daar verby gery het. Ek het eers gedink die mense is versigtig oor voelgriep. Maar eintlik is dit toe ‘n ander griep. Ek dink ek het ook aangesteek.

WIT VROU ·

Ek moet iets van my hart af kry, dis SAD dat dit 6 groot mans neem om 2 mense aan te rand, wat ookal gebeur het, ongeag die provokasie van watter kant af? Was dit rerig nodig dat dit 6 teen 2 moes wees, dit klink vir my bietjie ongelyk, en ja, sy het dalk gevra what you wanna do R U going to hit me, ek moes dit ookal baie vra as n ongeskikte mans bestuurder droog gemaak het en my dan wil aanvat, dan vra ek ook in sy gesig, wat wil jy doen ou seun, wil jy nou n ouvrou slaan omdat jy stupid is, Saterdag het n man met n aflewerings voertuig op die draai in die duikweg so skielik gerem dat ek en die 2 karre voor my amper in hom vas is, ek het net n gebaar gemaak wat vir hom vra of hy slaap en toe het ta my probeer afdruk van die pad af, ek het my button langs my sitplek uitgehaal vir wanneer hy dit regkry want ek sou hom en sy maat die pak slae van hul lewe gegee het want waarvoor chase hy my?? EK sou hom wys hoe werk one on one (oftewel 2 on one want hulle was twee) want ek is nie bang nie en het nie 6 mense nodig om iemand maniere te leer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.