Vier vas na SAUK-rooftog

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Vier persone is in hegtenis geneem nadat SAUK-joernaliste Dinsdagaand buite Milpark-hospitaal in Johannesburg beroof is.

“Twee van die verdagtes word positief verbind aan die rooftog en twee persone is in hegtenis geneem nadat hulle glo van die gesteelde ware gekoop het,” het kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, Vrydag gesê. Die persone is Donderdagaand in hegtenis geneem.

Die verslaggewers Vuyo Mvoko en Chriselda Lewis het gereedgemaak vir ʼn regstreekse uitsending om te berig oor die Zambiese president Edgar Lungu se aankoms by die hospitaal. Die kameras het reeds gerol en die gesigte van die verdagtes is duidelik sigbaar.

Volgens Mvoko het een van die mans hom met ʼn vuurwapen gedreig toe hy nie dadelik sy selfoon vir hulle wou gee nie. Die beeldmateriaal wys hoe twee mans hom dreig.

Volgens Kweza is nie een van die persone wat in hegtenis geneem is, Suid-Afrikaners nie. Hy het gesê die beloning van R100 000 wat uitgeloof is het die ondersoek baie gehelp. “Ons versoek ook enigiemand anders wat in die omgewing van Milpark-hospitaal beroof is, om na vore te kom.” Hy het gesê dit is moontlik dat die eiendom wat hulle by die verdagtes gekonfiskeer het, moontlik aan ander slagoffers behoort.

Die vier verdagtes sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

Klik hier om alle vorige berigte oor die SAUK op Maroela Media te lees en die video van die voorval te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

Nou hoekom is daar n beloning uitgereik as alles op kamera vasgevang is, wat van al die ander moorde?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.