Vier vas ná seun onthoof is

Argieffoto

ʼn Inwoner van Umlazi het Dinsdag ʼn gruvonds gemaak toe ʼn 15-jarige seun se kop naby ʼn KwaZulu-Natalse skool gevind is.

Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoeder, het gesê die seun se kop is omstreeks 06:15 in Umlazi naby Embizeni High School gevind.

“Die polisie is ontbied waarna die seun se liggaam ook in die omgewing gevind is. ’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die seun net ná middernag deur onbekende mense by sy huis ontvoer is,” het Gwala gesê.

Volgens Gwala was daar ʼn koeëlwond aan die seun se liggaam.

Speurders van die Umlazi-polisie in samewerking met die Umlazi-misdaadintelligensie-eenheid, honde-eenheid en metropolisie het alle leidrade opgevolg. Dit het die span na ʼn huis in die omgewing gelei waar twee verdagtes in hegtenis geneem is.

Twee ongelisensieerde vuurwapens is in die verdagtes, onderskeidelik 18 en 19 jaar oud, se besit gevind. Hul inhegtenisneming het later die dag tot die inhegtenisneming van nóg twee verdagtes, ook onderskeidelik 18 en 19 jaar oud, gelei.

Die  vier moet binnekort in die Umlazi-landdroshof verskyn op aanklag van moord en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

Die motief vir die moord is nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

AL ·

Die moordenaars word ook al jonger. Uiterste siek, bose siele.

CHRISTA ·

Dit was vir eeue hulle modus operandi. In die verlede was dit nooit in die nuus nie, want daar was nie “nuus” gewees nie – nie eers koerante nie. Kinders leer by ouers en so word dade van geslag na geslag oorgedra!!! Waarom is mense nou geskok? Ons lees selfs waar pasgebore babas in puttoilette gegooi word!!!

Dieter ·

Ek stem saam Christa. Ons is veronderstel om gewoond hieraan te wees. Dis hoe die kinders van Afrika rol.

Theresa B ·

Dis vreeslik. Regtig!! en hulle is so jonk. Wat gaan aan….???

piper ·

dwelmmiddels het n groot invloed. dwelmhandelaars moet baie baie harder gestraf word.

Coke ·

Ek het in my jonger dae cocaine, cat, lsd gevat, en hard gedrink, en ekt nooit iemand geonthoof of leed aan gedoen nie, geen misdaad gepleeg behalwe dwelmverbruik nie. Dis seker ook Xbox se skuld?

Pepsi ·

Die ergste is SEKERE dwelms is nou WETTIG (cannabis), maar jy mag dit net by die ‘huis’ gebruik .. hehehe. NEE dwelms laat jou nie misdaad pleeg nie, jou AAKLIGE KARAKTER en HART laat jou ‘n misdaad pleeg.

Dieter ·

Moord is okay.

Moet net nie koloniseer sê nie. Dit is ‘n vloekwoord en net so erg soos rasisme.

Moord, nay, dis okay. Dis hoe ons rol in Afrika.

Tanya ·

Liewe Heer, net U alleen kan ons land nog red, niks anders nie. Hoe moet ‘n ouer nie voel om te weet jou kind se laaste oomblikke was hel nie. Nee wat, ek het nie meer woorde nie. 18 jaar oud en jy is klaar ‘n volskaalse moordenaar!!! Geen toekoms meer nie.

Kalm ·

Ek gaan maar liewer kalm probeer bly. Menseregte kommissie, hierdie een is op julle, waar is die reg vir die seun op lewe. Hierdie 4 moordenaars moet op dieselfde wyse sterf, ‘n koelwond en onthoof. ‘n Kind kan nie eens in sy huis in veiligheid slaap nie, nee magtig man, skrik wakker – wil jy regtig wag tot dit jou gesin raak, glo my as hul klaar is met die eerlikes kom hulle vir julle.

Irene ·

Die slagoffers en moordenaars word al hoe jonger. Waarheen is ons land oppad.

Anoniem ·

Ai ou Jan, hoekom het jy ooit jou voet aan wal gesit in Suid-Afrika. So loop die apartheids misdaad nog steeds “non stop”. Hierdie arme “kinders” wat die wrede moord gepleeg het, het dit oor apartheid gedoen en geen ander rede nie. Walglik.

se net ·

Dit is skrikwekkend wat aan die gebeur is maar jammer as ek op mense se tonne gaan trap en as dit nie van pas is by die bedrig nie. Die einde is naby, julle sal sien, kulture staan teen mekaar op daar is moord jong n klomp goed wat verkeerd loop. Die Here is opad om sy kinders te kom haal. Die land sal nie reg kom nie glad nie, nie nou nie,. Bid Bid en bid sodat jou lewe gespaar kan bly en wag maar vir die Here se kom terug om ons te kom haal.

Anika ·

Ons lewe in slegte tye en saam met bose mense …. mag die Vader ons behoed!

vermeende ·

Ek wonder het of die gebruik van onthoofding in die vreedsame Islam geloof nie n rol speel nie.
Is die media nie besig om n nuwe “Hero” te bou soos die figuur met die baard en berret wat steeds in Angola en Kuba teen mure te sien is nie?

Wakey Wakey ·

JA en nou? Nou is dit nie meer wit plaasboere nie, gaan julle NOU aandag aan die MISDAAD en wrede moorde gee? Hoe kap jy ‘n kind se kop af ? Dit is afgryslik man. Maar julle steur julle mos nie aan plaasmoorde nie, wel wel .. die moordenaars konsentreer nie net op plase nie, maar ook op stede EN IN TOWNSHIPS, wakker word.

Penellope Jones ·

WAT ??
Is die mens besig om terug te beweeg na die barbaarsheid van die middeleeue of selfs vroeer??

Sad ·

Arme ouers wat so hul kind moet uitken. ..nee genade hoe siek nog

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.