Vier vas ná vragmotors op snelweg brand

‘n Vragmotor wat op die N3 aan die brand gesteek is. Foto: Twitter

Vier vragmotorbestuurders is Sondag op die N3 in die Van Reenen-gebied in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hulle hul vragmotors gebruik het om die snelweg in albei rigtings af te sper.

Gedurende die betoging is twee vragmotors ook aan die brand gesteek. Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê beamptes het vinnig gereageer en hulle na die toneel gehaas om die situasie te bestendig. “Die vier vragmotors wat gebruik is om die N3-Suid en -Noord af te sper, is deur die polisie geskut,” sê Mbele.

Die protesoptrede het swaar verkeersopeenhopings veroorsaak en motoriste moes noodgedwonge van alternatiewe roetes gebruik maak. Die pad is vanoggend in die vroeë oggendure weer oopgestel.

Die verdagtes, tussen 28 en 38 jaar oud, sal môre in die Ladysmith-landdroshof verskyn op aanklag van openbare geweld.

Intussen het Blade Nzimande, minister van vervoer, die jongste protesoptrede deur vragmotorbestuurders ten sterkste veroordeel. Nzimande het Vrydag in Durban met die leierskap van die Suid-Afrikaanse vragmotorbedryf vergader om te luister na die uitdagings wat die sektor in die gesig staar.

Vragmotorbestuurders neem sedert verlede jaar kort-kort aan betogings deel in protes teen die aanstel van buitelanders teen laer loontariewe.

“Dit is jammer dat die [jongste] protesoptrede van die vragmotorbestuurders nie in ooreenstemming is met die ooreenkoms en gees van ons vergadering Vrydag nie,” het Nzimande gesê. “Dít is niks anders nie as onderhandelinge te kwader trou deur sommige van die leiers van die vragmotorbestuurders.”

Die minister het gesê die partye het by die vergadering ooreengekom dat sy departement ʼn span op die been sal bring waarby ander departemente, waaronder binnelandse sake en arbeid, asook die bedingingsraad en verteenwoordigers van die bestuurders, betrek sal word.

Nzimande het gesê die regering is vasbeslote om hom deur die relevante wetgewing te laat lei om dié probleem op te los wat tans die vragmotorbedryf kniehalter. Hy het bygevoeg die regering sal nie wetteloosheid, anargie en sabotasie deur vragmotorbestuurders duld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Maroela Media wil aan alle lesers die geleentheid gee om hul mening te lug. Kommentaar word beperk tot 250 woorde. Ons sal egter geen rassisme, seksisme, homofobie, vieslike persoonlike opmerkings, ander vorms van haatspraak of kru, kras en vuil taal duld nie. Maroela Media behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie. Redes vir die verwydering hoef nie deur Maroela Media verskaf te word nie. Hou in gedagte dat Maroela Media en jy as kommentator aanspreeklik gehou kan word indien jy iemand se regte skend. Moenie die oom of tannie in die familie wees van wie niemand hou nie.

10 Kommentare

Koos de Meyer. ·

As hulle nie hulle sin kry nie brand hulle. So sal die anargie voortgaan want hulle kom niks oor nie. Ongelukkig sien die buiteland wat hier aangaan,wie wil belê in ‘n land van anargie, brandstigting, arbeids onrus en so meer.

Antwoord
wilhelm ·

Die optrede van die drywers is betreurenswaardig.Aan die anderkant moet ek sê dat hulle tans die ekonomie se wiele is en daar met meer empatie na hul griewe geluister behoort te word.Ek ry gereeld met van hulle saam en weet van die harde werksomstandighede wat hulle moet deurmaak.Die situasie het ontstaan omdat ‘n swak regering Afrika se beste spoorwegbedryf vernietig het.Kry die spoorwegstelsel weer op dreef,verminder die lorries en baie probs opgelos.

Antwoord
Fanis ·

Dit is van te veel luister na griewe wat alles so ten gronde gaan. Die stert swaai die hond en die “demands” raak al groter.

Fanis ·

Dit is van te veel luister na griewe wat alles so ten gronde gaan. Die stert swaai die hond en die “demands” raak al groter.

Antwoord
Karel ·

Die probleem is dat die vragmotors nie aan die bestuurders behoort nie. Net so goed of jou huishulp brand jou huis af indien sy ‘n grief het oor haar werksomstandighede.
Die IK’s is nie lekker nie.

Antwoord
shark ·

alweer n span om te ondersoek. my goeiste kan die ministers nie hul werk self doen nie..

Antwoord
Carin ·

Niemand hoef in so geval dan verantwoordelikheid te aanvaar nie.

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

*

250 woorde oor