Vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn bejaarde vrou aangeval en in haar huis toegesluit is voordat dit aan die brand gesteek is.
Die verdagtes, tussen 22 en 44 jaar oud, sal na verwagting vandag in die Tonga-landdroshof in Mpumalanga verskyn, het brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, gesê.
Die 80-jarige vrou is glo van heksery beskuldig en is met ʼn skerp voorwerp in haar huis in Mbuzini naby Tonga aangeval. Sy is hierna in die huis toegesluit voordat dit aan die brand gesteek is en sy doodgebrand het.
Die polisie soek intussen na nog verdagtes en volgens Hlathi word nog inhegtenisnemings binnekort verwag.
Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Skokkend dat daar nog in hierdie tyd en era mense is wat so bygelowig is… watter bewyse het hulle gehad dat sy van “heksery” verdink kon word?
Hier is nie hoop vir Afrika nie.
Dis eerder hulle koppe wat raas
Heksery bestaan steeds maar daar is beskaafde maniere om dit te straf – en dis boonop deel van toordoktery, die regering faal mense ook op hierdie gebied deur toordoktery toe te laat – seker omdat húlle die toordokters raadpleeg vir alles en dit lei weer noodwendig na die feit hoekom ons land in so ‘n gemors is