Vier vas ná vrou op melkplaas geskiet word

Die vier verdagtes word in hegtenis geneem. Foto: Verskaf

Vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn vrou Dinsdag op ʼn plaas naby Dundee in KwaZulu-Natal geskiet is.

Die aanval het op ʼn melkplaas in die Hattingspruit-distrik plaasgevind, tussen Dundee en Dannhauser.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het omstreeks 15:10 gebeur. “Die aanvallers het glo ʼn 25-jarige man met ʼn kabel vasgebind, geld geëis en ʼn 55-jarige vrou geskiet,” het sy gesê.

Ian Cameron, AfriForum se nasionale hoof van gemeenskapsveiligheid, het die vrou as Corrie van Rensburg geïdentifiseer. Volgens Cameron is Van Rensburg vermoedelik in die melkery op die plaas oorval en in die been geskiet.

Koeëlgate is in die bakkie sigbaar nadat aanvallers op die voertuig losgebrand het. Foto: Verskaf

Cameron sê die aanvallers het ook op Van Rensburg se broer, Johan Ferreira, losgebrand toe hy met sy bakkie by die plaas aangekom het. Verskeie koeëlgate is in die bakkie sigbaar, maar Ferreira is ongedeerd.

Volgens Cameron het die aanvallers vermoedelik met ʼn bakkie van die toneel gevlug, maar later van voertuie verwissel en ʼn rooi BMW gebruik. Hy sê Van Rensburg moes mediese behandeling ontvang, maar is nie ernstig gewond nie.

Dit is nie duidelik wat tydens die aanval gesteel is nie.

Mbele sê die verdagtes sal aangekla word van poging tot moord, roof en besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen. Hulle sal binnekort in die Glencoe-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Doem profeet ·

Vergewe my as ek soos n doem profeet klink maar die 4 sal borgtog toegestaan word en môre is hulle weer vry om hulle kriminele dade voort te sit.

koos1 ·

Jammer dit was nie in Durban nie, anders kon 2 reeds gevonnis gewees het, soos ons in die ander berig kan lees!

Sean ·

Skerp een Koos Daai reaksiemanne van Durbs is die terroris se nagmerrie

Abe ·

Dis baie goed dat al 4 vasgekeer is en dat die onskuldige mense redelik goed van die konfrontasie afgekom het. Baie dankie aan die polisie daarvoor. Jammer dat ons nou nog maar baie min weet van wat gebeur het. Maroela moet ons asb. op hoogte hou as hulle enige nuwe nuus oor die saak kan kry.

Hanna Hoekom ·

Moenie verder kopkrap nie: diefstal was nooit die motief nie! Rassehaat was die motief. Not exactly rocket science. Nou moet mens net hoop hulle kry nie borg nie…

Abe ·

Hanna Hoekom,
‘n Mens moet nie sommer afleidings maak nie. Watse feite het jy wat aandui dat die voorval deur rassehaat gedryf is?

Lana ·

Abe, weet nie waar bly jy nie, maar hier in SA is dit vir jare al ‘n bekende feit dat BLANKE BOERE geteiken word en dit word erger by die dag.

Abe ·

Lana,
Dit bly ‘ n afleiding wat jy maak as jy se omdat baie boere (landbouers) geteiken word moet hierdie aanval ‘n rassevoorval wees. My punt is omdat geen omstandigheid of feit genoem word wat daarop dui dat rassehaat die motief was nie, kan ‘n mens nie sommer aanneem dat rassehaat die rede vir die aanval was nie.

Geregtigheid ·

Weier borgtog asb. n Rower bly n rower. Hulle rehabiliteer nie. Hulle het geen berou oor hulle dade nie.

tamboti ·

Is daar dan ‘n monatorium op kommentaar vir hierdie berig, ons kom absoluut nerens nie?

Abe ·

tamboti,
Jy bedoel seker ‘n moratorium (tydelike staking van ‘n prosedure).

Spyker ·

Kyk die kar waarmee hulle ry. Lyk my hulle het nie geld nodig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.