Vier vas oor 14 lyke in Benoni

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het Dinsdag bevestig vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat 14 liggame verlede week in ‘n veld in Benoni, Gauteng, gevind is.

Lt.kol. Khomotso Phahlane, nasionale polisiekommissaris, het Dinsdagaand, tydens ʼn mediakonferensie, gesê al vier verdagtes is burgers van Lesotho. “Een is in Suid-Afrika in hegtenis geneem en die ander drie in Lesotho,” het hy gesê. Hy het gesê die SAPD is tans in gesprek met Interpol om die drie verdagtes aan SA uit te lewer.

Ongelisensieerde vuurwapens, wat in die verdagtes se besit gevind is, is vir forensiese analise gestuur.

Maroela Media het vroeër berig ses liggame is Sondag in Benoni gevind en Maandag nog agt liggame in dieselfde gebied. Die liggame is naby Unitystraat en die Modder-pad gevind. Al die slagoffers is met ʼn skerp voorwerp doodgesteek of doodgeskiet. Phahlane het Dinsdag bevestig al die slagoffers was ook burgers van Lesotho.

Die polisie het vroeër gesê die moorde het vermoedelik te doen met bendes wat by onwettige mynbedrywighede betrokke is.

Die polisie ondersoek 14 sake van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.