Vier vas oor dwelmlaboratorium in Benoni  

Vier mans is Dinsdag in hegtenis geneem nadat daar op ʼn dwelmvervaardigingslaboratorium in Benoni aan die Oos-Rand toegeslaan is.

Die Valke se eenheid vir georganiseerde misdaad in Germiston het saam met die Wes-Randse honde-eenheid op die laboratorium toegeslaan nadat ʼn deursoekings-en-beslagleggingslasbrief bekom is.

Die ondersoekspan het inligting oor dwelmverwante aktiwiteite in die Lakefield-omgewing opgevolg.

Die vier verdagtes word daarvan beskuldig dat hulle onwettige dwelms vervaardig het. Daar is op ʼn groot hoeveelheid van die dwelm Cat afgekom. Die waarde daarvan beloop meer as R3 miljoen.

Die polisie het op dwelmvervaardigingstoerusting, chemikalieë, twee voertuie, ʼn Nissan NP200 sowel as ʼn Almera, beslag gelê vir verdere ondersoek.

Die vier verdagtes, tussen 23 en 42 jaar ou, word van onwettige dwelmhandel aangekla en sal na verwagting Vrydag in die Benoni-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Shakespeare ·

Hulle gaan seker tronk toe maar hulle lag vir die regstelsel want hulle weet dat hulle tjop tjop weer uit gaan wees en dan gaan hulle net aan met hul demoniese werk.

Di ·

En SO verwoes hierdie kriminele duisende jong mense se lewens! Strawwer vonnise moet toegedien word as dit kom by dwelmhandel en vervaardiging daarvan.

Kokerboom ·

Hul verdien lewenslank elk. Ek vermoed daar is dosyne meer van die “fabrieke/laboratoriums” in ons woonbuurte. Bure moet meer oplettend wees. Onwettige immigrante is ‘n groot euwel!

Shakespeare ·

53 lande insluitend China en die VSA pas nog die doodstraf toe. Dit is hoog tyd dat ons patetiese regering in ons krimineel verlamde land dit inbring vir moord, dwelm smokkel, veediefstal, kaping, brandstigting, geweldadige verkragting, marteling, ontvoering, hoë vlak korrupsie, die besit van onwettige vuurwapens, bendeleiers en opsweping van mense om anargie te veroorsaak.

Chris dupreez ·

As ons regering die doodstraf moet toepas gaan daar kort voor lank niemand oor wees om vir hulle te stem nie.

Annelize ·

Dis absoluut sif om te sien hoe en waar hierdie dwelms vervaardig word, en uit wat alles uit. Kan dit nie klein kry dat mense willens en wetens hulself blootstel aan dit nie, al is dit net uit nuuskierigheid uit. Dis presies net daardie nuuskierigheid wat jou “hooked” kry.

Swerwer ·

Dwelm handel in ons land sal nooit stop terwyl daar nie DISSIPLINE, WET EN ORDE asook ‘n
EERLIKE BEVOEGDE REGSSTELSEL in ons land is nie.

Blikkies ·

Kan MM dalk noem van waar die oorsprong van die verdagtes?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.