Vier vas oor gekaapte Coca Cola-vragmotor

Argieffoto

Argieffoto

Vier mans is Donderdagoggend in hegtenis geneem nadat hulle glo met gesteelde blikkies Coca-Cola betrap is.

“ʼn Vragmotor is Woensdagaand in Warden in die Vrystaat gekaap,” het kapt. Shado Mashobane, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Die voertuig is in Alberton opgespoor. Die voertuig se spoortoestel het aangedui die vragmotor het by hoewe 69 in Rietspruit in Kliprivier tot stilstand gekom.”

Die gekaapte vragmotor het 340 ml- en 440 ml-blikkies Coca-Cola vervoer.

“Vier mans en die eienaar van die perseel is in hegtenis geneem,” het Mashobane bygevoeg. “Die vier verdagtes sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Vereeniging verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peter Says ·

Vraag aan kaper…Why did you take the truck, Eish…thirsty, very thirsty.

Leeutjie ·

Ai hulle was so verward….. hulle het gedink dit is ‘n biertrok!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.