Vier vas oor gesteelde ARV’s

Foto verskaf deur SAPD Vrystaat

Vier persone is in hegtenis geneem in verband met vermoedelik gesteelde antiretrovirale medikasie (ARV’s).

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê drie mans en ʼn vrou is Donderdagaand omstreeks 19:25 in Thabong in die Vrystaat in hegtenis geneem toe polisiebeamptes ʼn voertuig voorgekeer en op twee bokse ARV-medikasie afgekom het.

Polisiebeamptes het reageer op ʼn wenk dat ʼn voertuig die ARV’s van Kroonstad na Thabong vervoer. “Beamptes het vinnig reageer en die voertuig, ʼn wit Toyota Run X by Dr Timothy Ndakiweg voorgekeer.”

Die polisie het die voertuig deursoek en op 160 botteltjies tablette in die twee bokse afgekom. “Drie mans, tussen 31 en 43 jaar oud, en ʼn 34-jarige vrou is in hegtenis geneem. Daar is beslag gelê op die voertuig en die ARV’s.”

Die persone sal binnekort in die hof verskyn.

“Dit is die derde inhegtenisneming in ʼn kort periode waar persone met groot hoeveelhede ARV’s betrap word. Ons waardeer die gemeenskap se bystand om dié selfsugtige persone, wat regeringsinisiatiewe tot hul eie voordeel misbruik, aan te keer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.