Vier vas oor gewelddadige betogings in Houtbaai

Betogings in Houtbaai, Kaapstad Foto: @1SecondLater, Twitter

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, is Maandag verhoed om met inwoners van Imizamo Yethu in Houtbaai te vergader, wat sedert die naweek gebuk gaan onder betogings.

Die polisie het gesê vier mans is in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld en sal in ʼn hof verskyn sodra hulle aangekla is.

De Lille het Maandag in ʼn verklaring gesê sy het in die verlede met die leierskap vergader wanneer ʼn gemeenskap ʼn vergadering versoek het, maar sy is vanoggend nie toegelaat om met hulle te vergader nie.

“Ons probeer alles om met die leierskap van die gemeenskap te vergader om die mense van Imizamo Yethu te help en om seker te maak dat die gemeenskap die dienslewering, wat hulle benodig, so gou as moontlik kry. Ek prioritiseer die saak en ek neem persoonlik verantwoordelikheid om enige kwessies aan te roer,” het sy bygevoeg.

Dit volg nadat die Wes-Kaapse nooddienste gesê het ʼn man is in Houtbaai vir ʼn skietwond behandel. Hy is in die bors getref en is na Victoria-hospitaal in Wynberg geneem in ʼn kritieke, maar stabiele, toestand. Die provinsiale polisie kon egter nie dadelik die voorval bevestig nie.

Die provinsiale polisie, tesame met wetstoepassingsagentskappe van die Stad Kaapstad, het bykomende hulpbronne beskikbaar gemaak en ʼn provinsiale gesamentlike- en intelligensiestruktuur geaktiveer in die lig van die gewelddadige betogings in Imizamo Yethu wat Saterdagoggend begin het.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, het gesê die spanning het Maandagoggend weer hoog geloop en paaie na en van Houtbaai is gesluit. “Die openbareorde-polisie en metropolisie werk hard om die situasie te beheer. Polisie- en rampbestuurkaravane, ʼn motorhuis, ʼn ouetehuis en voertuie is tydens die betogings beskadig,” het sy gesê.

Potelwa het bygevoeg ʼn aantal sake van brandstigting en opsetlike saakbeskadiging word ondersoek.

Inwoners van Imizamo Yethu beweer De Lille het hulle formele behuising belowe ná ʼn verwoestende brand in Maart waarna duisende inwoners dakloos gelaat is. Hulle is nou “moeg gewag”.

De Lille het Maandag in haar verklaring gesê die ontwrigting in die gemeenskap het “gevaarlike vlakke” bereik. “Ek bly ten volle gewillig om persoonlik met die gemeenskap te vergader om hul kwessies te bespreek en te verseker dat die Stad Kaapstad sy kant bring wat ontwikkeling in Imizamo Yethu betref.”

Sy het gesê sy ontvang daagliks verslae oor behuisingsprojek in die gebied en sy stuur dit aan die gemeenskapsleiers om seker te maak dat hulle ʼn ogie kan hou oor die vordering.

De Lille het in reaksie op die gewelddadige betogings gesê daar is nou sommige inwoners wat hulself tot kriminele gedrag wend en die stad kan dit nie goedkeur nie.

“Die Stad doen alles in sy vermoë om met die leierskap te kommunikeer sodat vordering in die gebied kan voortgaan, maar ons kan nie gyselaar gehou word deur die anargie wat deur sommige inwoners veroorsaak word nie.”

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het vroeër gesê die situasie in Houtbaai is “baie ernstig” en “dit is duidelik nie meer ʼn gemeenskapsbetoging nie, maar dit is nou blote misdadigheid”. “Betogers het die strate ingevaar en motors beskadig en vensters gebreek. ʼn Aanval op die Kronendal-ouetehuis is verhoed.”

Smith het gesê die stad se mobiele rampbestuureenhede, wat op die sportgronde as kombuise gebruik is vir die slagoffers van die brand, is totaal verwoes.

Hy het gesê die Stad het elke moontlike hulpbron na die toneel ontplooi. “Die Stad versoek die Suid-Afrikaanse Polisiediens om te verseker dat die videobeeldmateriaal wat van die betogers ingesamel is, gebruik word om seker te maak dat die betrokke individue vervolg word.”

Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die openbareorde-eenheid sal deur beamptes van die stabiliseringseenheid en sigbare polisiëring bygestaan word “om wet en orde te verseker”.

Traut maan inwoners om weg te bly van die betogings.

“Ons sal in die gebied ontplooi bly totdat ons tevrede is dat die bedreiging verlig is. Ons maan die gemeenskap om versigtig te wees vir die groep van ongeveer 100 betogers.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Leendert ·

EN wat van die belastingbetalers se regte, hoe word DIT beskerm, hul eiendom, oral in die land, daar waar toegelaat word, grond beskikbaar gestel word vir die ‘informele behuising’ naby of teenaan die formele behuising en woongebiede, ook in die dorpe? Die owerhede weet mos nou al dat daardie mense se eiendom is die eerste wat in hul woede en betogery in die slag bly sodat hulle seker maak hulle griewe kry aandag.

Of is die vir die voëls?

Ree-pabliek of JYoutbayy ·

Ek het altyd gedink as jy n ‘ republic of houtbay’ sticker agter op n kar sien is dit omdat dit n baie ‘larney ‘ plek is , maar Lyk my die ‘ ree-pabliek of jyout-byy’ het ook net soveel probleme soos die Republiek van Suid Afrika

Hanna ·

Die arrogansie van hierdie mense, wat absoluut NIKS tot die land se ekonomie bydra, slaan my dronk. Regtig??? Dalk is dit tyd om hulle terug Oos Kaap toe te stuur. Demand, demand, demand…

John ·

Houtbaai en omgewing was altyd een van die’ plekke, baie duur en baie van die grond nog onbewoon omdat die ryk inwoners hul status quo wou beskerm teen die pleps… en vandag wil al wat uitlander is daar plak en woonregte eis. Druk word op die DA geplaas, met die hulp van die ANC en sy ver-Swartland-meelopers, om dit in ‘n lieflike krotbuurt te omvorm… met bloudruk: Zimbabwe…

Johann ·

Die informele woonbuurt word ook sommer in groot letters op die bord aangedui, saam met Cape Town, Constantia, Camps Bay. Jip.

Ek dink dit is hoogtyd dat Houtbaai se naam verander word. Ek sien ‘n hele paar moontlikhede vir name as ek so jou kommentaar lees; Plakbaai, Ver-swartlandbaai, Uitlanderbaai en dan sien ek nog ‘n moontlikheid.

Johann ·

Nou wonder ek wie het in die eerste instansie die grond vir die informele woonbuurt beskikbaar gestel, soos op al die ander plekke in die land waar dit teenaan die formele woonbuurte geleë is? Is dit sodat die formele woonbuurte ‘n soort van voedingsbron en surrogaat vir daardie mense kan wees? Dit kan verseker nie wees om hulle nader aan die werkplek te bring nie.

Uvonka ·

Ha net vier van die honderde vas? Well done, dit wil gedoen word. Ai!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.