Vier vas oor kattebak vol dagga

Konstabel Neil Jacobs van die Kimberley-polisie by die vier verdagtes Foto: SAPD, verskaf

Konstabel Neil Jacobs van die Kimberley-polisie by die vier verdagtes Foto: SAPD, verskaf

Vier mans, tussen 26 en 38 jaar oud, is Vrydagoggend buite Kimberley in die Noord-Kaap glo betrap met dagga ter waarde van meer as R200 000.

“Die polisie het ʼn wenk ontvang oor verdagtes wat ʼn groot hoeveelheid dagga na die provinsie wou bring,” het lt. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, in ʼn verklaring gesê. “Die mans is omstreeks 06:00 op die N8 tussen Bloemfontein en Kimberley voorgekeer. Hulle het in ʼn wit Toyota Corolla gery.”

Volgens Mdhluli het die polisiebeamptes vyf sakke dagga, wat 43.45 kg geweeg het, en met ʼn geraamde straatwaarde van R217 000, in die kattebak gevind. “Die mans is dadelik in hegtenis geneem. Hulle sal Maandag in die Kimberley-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van dagga.”

Konstabel Neil Jacobs van die Kimberley-polisie by die dagga wat gekonfiskeer is en die voertuig wat gebruik is Foto: SAPD, verskaf

Konstabel Neil Jacobs van die Kimberley-polisie by die dagga wat gekonfiskeer is en die voertuig wat gebruik is Foto: SAPD, verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Hoop die dagga word ordentlik onder bewaring geplaas sodat dit nie ook soos ons polisievuurwapens “verlore” raak nie!!

Peet Schabort ·

Ek ry gelukkig ‘n BRUIN Toyota Corolla, so ek is veilig . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.