Vier vas oor KZN-gesin se moord

mes-aanval

Argieffoto

Vier persone is in hegtenis geneem nadat drie gesinslede, insluitend ʼn swanger vrou, wreed vermoor is.

Kapt. Ngobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die gesin is Donderdag in die vroeë oggendure in Zululiyaduma in Melmoth, in die noorde van KwaZulu-Natal, aangeval.

“ʼn 49-jarige vrou, haar 23-jarige seun en ʼn 27-jarige swanger dogter, is met ʼn jagmes aangeval en geskiet,” het Gwala bygevoeg. “Een van die gesinslede, ʼn 30-jarige vrou, het die aanval oorleef en sy is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem.”

Na bewering het vier verdagtes, gewapen met jagmesse en ʼn vuurwapen, die huis betree terwyl die slagoffers geslaap het. “Hulle het op die gesin geskiet en hulle doodgekap.”

Volgens ʼn aanvanklike ondersoek op die toneel het die aanvallers met geld en lugtydkoepons gevlug.

Vier persone, tussen 16 en 21 jaar oud, is na die aanval deur speurders van Melmoth en die Glencoe-honde-eenheid in hegtenis geneem. “Hulle is by hul huise in Zululiyaduma in hegtenis geneem.” Hulle sal na verwagting Maandag in die Melmoth-landdroshof verskyn.

“Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie. Die polisie in Melmoth ondersoek drie aanklagte van moord, poging tot moord en huisbraak,” het Gwala bygevoeg. Nog inhegtenisnemings is moontlik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pro-Leeu ·

Is dit nou nie baie,baie erger as wat die leeu gedoen het nie? Om tussen die mense te woon is wilder as die Wildtuin.

KarooKlong ·

Goeie opvolg werk SAPD Melmoth, met inagneming van die 30 jarige vrou se inligting.

Grap ·

Net jammer hulle volg altyd op of monitor ‘n situasie pleks van misdaadvoorkoming inisiatiewe.

Koos ·

So word mense uitgemoor omrede hulle nie paraat wil wees nie as jy nie die finansies het om jouself te beskerm nie gebruik jou gesonde verstand glo my die moordenaars en skelms doen.

Dirk ·

Tussen 16 en 21 jaar oud? Ons kan seker nog apartheid blameer? Wat is die volgende verskoning (rede). Nie te moelik om 1 + 1 bymekaar te sit nie.

Flippie ·

Nee PMB. As hulle tronk toe gaan. Betaal ek en jy vir dieres van hulle mislike lewens

Johannes Meintjes ·

Die moordende aanslag te midde van onbevoegde regering en eweneens onbevoegde landsburgers wie nie die verantwoordelikheid vir ‘n alternatiewe bestel en effektiewe asook uitgebreide GPF inisiatiewe op nasionale vlak wil aanvaar nie sal aanhou aanleiding gee tot die voortslepende atrissie of uitdlging onder ons mense, totdat te laat is om ‘n volhoubare bestel te hervestig. Slaap rustig, dapper maar kortsigtige helde!

Marianne ·

Aaag shame!!!
Elke moord is ‘n verlies in die land.
Wanneer gaan die doodstraf terug gebring word????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.