Vier vas oor liggaamsdele van diere

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Vier verdagtes het in die Greytown-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn nadat hulle glo betrap is waar hulle die liggaamsdele van bedreigde diere verkoop.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak teen Linda Cebekhulu (25), Sifiso Biyela (31), Nkule Mhlongo (28) en Themba Mkhize (29) is tot 17 November uitgestel vir verdere ondersoek.

Volgens Zwane is die vier Woensdag in Greytown in hegtenis geneem. “Die verdagtes het dele van beskermde diere op straat verkoop soos krokodilkake, luiperdvelle, skilpaddoppe, boksbokvelle en talle slangvelle.” Zwane het gesê die verdagtes kon nie die nodige permitte verskaf nie.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die polisiebeamptes geloof vir die inhegtenisneming. “Dit sal as waarskuwing dien vir ander mense wat bedreigde diere wil doodmaak en hul liggaamsdele verkoop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Justa ·

Hierdie stroping van ons wilde diere moet stop. Gooi hulle in die tronk en gooi die sleutel weg. Hulle sukkel al klaar om te oorleef soos dit is.

vermeende ·

Ken die skrywer van die artiekel nie die verskil tussen n liggaam en karkas nie of dryf hy die spot met die Ngobeni.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.