Thato Mosena, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie, sê daar is lisensiedokumente vir applikante, insluitend vrae- en antwoordstelle, in die verdagtes se besit gevind.
Die verdagtes is in Vaalbank in Mpumalanga en Marble Hall in Limpopo in hegtenis geneem. ‘n Vrou wat ‘n bestuurskool besit en ‘n verkeersbeampte is onder die verdagtes.
Hulle het glo leerlinglisensies vir tussen R1 500 en R5 000 verkoop terwyl lisensies om swaarvoertuie te bestuur vir tussen R5 000 en R8 000 verkoop is.
Mosena sê daar is ‘n groot bedrag geld en lisensiekaarte in die verdagtes se besit gevind. Nog arrestasies word verwag.
In Afrika…het alles n prys, soms goedkoop, soms duur.
ek wil weet da vandag n ou in pietersburg (polokwane) wat lesensie en learins gecombind vir mens doen vir R2500 hoe weet mens dis nie n skaam nie