Vier vas oor lisensie-sindikaat

Argieffoto

Argieffoto

Vier mense is in Mpumalanga en Limpopo in hegtenis geneem vir hul beweerde betrokkenheid by ‘n sindikaat wat leerling- en bestuurslisensies verkoop.

Thato Mosena, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie, sê daar is lisensiedokumente vir applikante, insluitend vrae- en antwoordstelle, in die verdagtes se besit gevind.

Die verdagtes is in Vaalbank in Mpumalanga en Marble Hall in Limpopo in hegtenis geneem. ‘n Vrou wat ‘n bestuurskool besit en ‘n verkeersbeampte is onder die verdagtes.

Hulle het glo leerlinglisensies vir tussen R1 500 en R5 000 verkoop terwyl lisensies om swaarvoertuie te bestuur vir tussen R5 000 en R8 000 verkoop is.

Mosena sê daar is ‘n groot bedrag geld en lisensiekaarte in die verdagtes se besit gevind. Nog arrestasies word verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

geraldine ·

ek wil weet da vandag n ou in pietersburg (polokwane) wat lesensie en learins gecombind vir mens doen vir R2500 hoe weet mens dis nie n skaam nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.