Vier vas oor moord by Kaapstad-vulstasie

Foto: ANA/David Ritchie

Vier persone is in hegtenis geneem kort ná ʼn man by ʼn vulstasie in Kenilworth in Kaapstad doodgeskiet is.

“ʼn 46-jarige man is Saterdagaand omstreeks 18:45 in sy blou BMW doodgeskiet toe aanvallers op hom losgebrand het,” het lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, gesê. Die vulstasie is geleë in Punters Way.

“Die verdagtes het in ʼn goudkleure Toyota Avanza gevlug en lede van die publiek, wat die polisie in kennis gestel het, het hulle agterna gesit. Lede van die honde-eenheid het reageer en die voertuig opgemerk.”

Verskeie skote is tydens die hoëspoedjaagtog gevuur tussen die polisie en die verdagtes. Die jaagtog het in Jakes Gerwelrylaan in Goodwood tot ʼn einde gekom en die mans, onderskeidelik 20, 25, 29 en 35 jaar oud, is in hegtenis geneem. Polisiebeamptes het beslag gelê op twee ongelisensieerde 9 mm-pistole, wat vermoedelik tydens die moord gebruik is. “Die ondersoek het aan die lig gebring die wegkomvoertuig is oorspronklik in Kleinvlei gekaap.”

Traut het gesê die moontlikheid dat die voorval met bendebedrywighede verband hou, kan nie uitgesluit word nie. “Die omstandighede word verder ondersoek. Die vier verdagtes sal in die hof verskyn op aanklag van moord, poging tot moord, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en die besit van ʼn gekaapte motor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Obserweer ·

Die moord is bende verwant . Die video wat sikuleer is grusaam. Drie mans wat op die bestuurder losbrand met gemodified 9mms. Daars n goue reel live by the gun. ….. Die ouens het dood seker gemaak die ou is dood. Gangsters in Kaap Stad val soos vlieë. Net jammer dat onskuldiges selfs kinders in die geweld sneuwel.

Karolis ·

Ten minste is die lot aangekeer. Goeie opvolgwerk deur Saps lede met hulp van publiek.
Baie geluk.

Trol ·

Hoe is dit moontlik gir ONGELISENSIEERDE vuurwapens om in omloop te wees? Geen vuurwapen verlaat n winkel alvorens n geldige lisensie nie voorgelê word nie. Kan ons dus aanneem dit was ingehandigde vuurwapens wat geredistrubeer is?

Heksie ·

mens is nêrens meer veilig nie. Nooit gedink ek sal oud word in ‘n land waar dit so gaan nie … skreiende skande …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.