Vier vas oor moord op 74-jarige vrou en haar skoondogter

mes-aanval

Argieffoto

Vier persone is in New Brighton in die Oos-Kaap in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 74-jarige vrou en haar 37-jarige skoondogter.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê Boniswa Toba (74) en haar skoondogter, Cingiswa Caroline Toba (37), is op 12 April 2020 dood aangetref in Peddie. Die vroue het albei verskeie steekwonde opgedoen. Hul selfone en ander huishoudelike items is gesteel.

“Tydens die ondersoek is daar bevind dat ʼn verdagte Audi A3 in Celetyuma opgemerk is, waar die moorde plaasgevind het. Die ondersoek het ʼn span speurders tot New Brighton gelei waar die vier verdagtes, drie mans en ʼn vrou, tussen 20 en 57 jaar oud, in verskillende huise in hegtenis geneem is.”

Die persone staan tereg op aanklag van moord en roof. Hulle sal na verwagting Dinsdag in die Peddie-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kobus ·

Sal seker net R1000 beboet word omdat hulle die lockdown reels oortree het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.