Vier vas oor onwettige vuurwapens, ammunisie

boeie 2Vier mans is in twee afsonderlike voorvalle in Kaapstad in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

“Polisiebeamptes van die bende-eenheid binne die Nyanga-polisiëringsgroep het Saterdag drie verdagtes, tussen 38 en 40 jaar oud, in Gugulethu in hegtenis geneem,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die polisie het beslag gelê op 96 lewende LMG (ligte masjiengeweer)-rondtes wat in ʼn plastieksak in die badkamer versteek is.” Die polisie het die klopjag uitgevoer nadat hulle ʼn wenk ontvang het.

Die mans word by die Gugulethu-polisiestasie aangehou en sal Maandag in die Philippi-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van ammunisie.

“Dieselfde beamptes het omstreeks 16:30 tydens ʼn stop-en-deursoek-operasie in Philippi-Oos ʼn 25-jarige verdagte in hegtenis geneem op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde 9 mm Norinco-vuurwapen met twee lewendige rondtes.”

Die man sal ook na verwagting Maandag in die Philippi-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

George ·

Hoekom kan hulle nie inaanhouding bly tot balistiese toets terug kom om te kyk of daai vuurwapens nie op ander rowe of moorde gebruik was nie.

Chris ·

In sekere state in Amerika het hulle balistiese toetse laat vaar want in meer as 15 jaar kon hulle nog nie met sekerheid n vuurwapen uitken met balistiese toetse nie, hulle het besef dis n mors van tyd en geld, balistiese toetse werk net op T.V.

GES ·

Chris – Net soos bomme wat ‘n rooi en swart draad het op TV. As die rooi draad geknip word is die bom onskadelik gestel. Die TV maak ons alles glo.

Ludwig ·

Net so ‘n taalwenkie aan die skrywer oor die wapens en die ammunisie. Die “rondtes” is doodgewoon patrone. “Rondtes” is sommer ‘n basterwoord wat die polisie ontleen het aan die Engelse “rounds” Ewe so is “live ammunition” nie “lewendige asmmunisie nie, dis doodgewoon “ammunisie” Ammunisie kan net “lewendig” wees, en as dit reeds gevuur was, sou daar net gepraat word van patroondoppe wat gevind is, nie “dooie ammunisie” nie.. Jammer as dit lyk of ek probeer slim klink, ek is maar net gesteld op korrekte Afrikaans wanneer dit in koerante of waar ook al gskryf word.

Hein ·

Ek stem heeltemal saam. Die Polisie tesame met die media is besig met ‘n veldtog om alle vuurwapen verwante aangeleenthede ‘n terroris-kleur te gee. Ek gee toe dat bogenoemde lede moontlik onwettig in besit betrap is, maar is dit werklik nodig om te impliseer dat ‘n LMG hierby betrokke is en dat hulle ‘n peletonaanval daarmee wou uitvoer? Belaglik om die minste te sê!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.